Is Steve afgemat en moeg?

Ek lees Beeld en sien daar word vrae gevra of Steve moeg en afgemat is.  Ek het gekies om stil te bly oor Esmare se reklame stunt tot nou toe.  Dis altyd goed om die persoon waarteen daar baklei word kans te gun om eers self te reageer indien dit vir hom/haar moontlik is.

Die kunstenaars wat so graag wil he hy moet gaan rus is voorwaar soos Steve tereg se nie sy vriende nie.  Het iemand dalk al gedink wat dit vir hulle eie loopbane sal beteken as hy van die mark verdwyn, gaan dit nie maar net weer oor number one nie en my eie bottom line nie?  Dit was ook een van die redes waarom ek die posting oor die feite rondom DVT gedoen het, ek het verwag dat daar gese gaan word dat Steve siek is omdat hy te veel werk.  As daar een direkte oorsaak kon wees hiervoor sou dit sekerlik ‘n gevolg van Augustus se operasie gewees het, maar baie dinge het hiertoe bygedra en toevallig is stress en harde werk nie een hiervan nie.  Die verwarring ontstaan wanneer besigheidsmense lang ure in vliegtuie deurbring as deel van hulle harde werk en dan word die bloedklont sommer aan die harde werk toegeskryf ipv die lang vlugte.

Los vir Steve dat hy werk, hy is een van daardie mense vir wie werk terapie is, as dit vir hom goed is laat hom begaan, hy het after all al baie harder jare agter die rug.  Gaan julle die die CEO van Coke se om op te hou werk nadat hy siek was of is dit ok dat hy net ‘n rukkie siekverlof neem en dan terug kom werk toe, Steve is CEO van Steve Hofmeyr musiek dus behoort dieselfde reels vir hom ook te geld.

Hier is drie fotos geneem elke keer tydens hospitalisasie en vir my lyk hy beslis nie moeg en afgemat nie. Go Steve!

20080509211709steve   dscf2022  20090212214101klont1

ingrid15

By: Sal die ware Steve asseblief opstaan?
Feb 20 2009 03:49:29:400PM  – (SA)  

Philip de Bruin

Jy was pas in die hospitaal waar jy vir twee bloedklonte, een in die been en een in die long, behandel is. ’n Ophef is in die jongste Huisgenoot gemaak met versoeke van jou vriende dat jy ’n stadiger pas moet handhaaf, anders gaan jy jou nog in jou graf in werk. Dink jy self jy probeer te veel hooi op jou vurk neem?

Geensins. Oorsake vir trombose is vetsug, rook, beserings en vorige operasies. Die laaste twee is my probleem. Ek is nou met vakansie. Ek is ontspanne – en ek was ontspanne toe ek tee in Huisgenoot se redakteur se gesig gegooi het. Onthou, hoe meer die pers my as ontoerekenbaar skets, hoe minder aandadig lyk hulle. Gelukkig val al hoe minder lesers daarvoor.

Ek is bevrees my “vriende” (die bekommerde sangers in die Huisgenoot-artikel) is uitgevang met die oudste trick in die mediaboek: manufacturing consent.

Van die mense, onder andere Amanda Strydom, sê jy lyk afgemat en moeg.

Dis hoe dit is (sy TV-reeks) is wel twee uitmergelende weke, maar ek voel fantasties. Dit was my lekkerste reeks nog. Ek en Natasha (sy vervreemde vrou) is op goeie voet, ek sien my seuns gereeld en ons sien uit na ’n lekker jaar van toer.

Miskien kyk Amanda na dieselfde (stokou) foto’s wat die media opdis elke keer as daar iets oor my gesê word.

Leef jy met ’n vrees dat jy jonk gaan sterf? Is jy bang vir die dood?

Ironies genoeg word ek al hoe minder bang vir doodgaan. Ek dink om weke lank aan buise te hang met blou arms vrot van die naalde is erger as doodgaan.

Bloedklonte word beskou as potensieel lewensgevaarlik. Dink jy jy het die klonte opgedoen as gevolg van te veel werk, of as gevolg van die ernstige operasie verlede jaar toe jy by die dood omgedraai het weens ’n geperforeerde dikderm?

Ek blameer deels my operasie aan almal wat gehelp het om my en my gesin uitmekaar te skeur.

Esmaré Weideman, Huisgenoot se redakteur, fabriseer konsensus om haarself te verdedig. Sy het tee in die gesig gekry, want sy misbruik ’n lisensie wat ons haar vergun. Ek ken net een God en hy lyk nie soos Esmaré nie.

Jy self weet die beste wat jou emosionele en fisieke toestand voor en ná die bloedklonte was/is. Hoe ervaar jy dit?

Die bloedklonte was ’n onvoorspelbare klap in die gesig. Maar daar is drie sulke lyers in my onmiddellike vriendekring. Dit verg ’n ongemaklike roetine en ’n stywe sykous, maar ek het geen keuse vir die volgende vyf maande nie.

Ek ervaar myself as uiters gesond, veral ná die wonderwerk van die kolon-operasie in 2008. Dit geld veral my lewenstyl. Ek was selfs selibaat vir 13 maande om my vrou terug te wen. Dáár was nou ’n mors van een goeie middeljarige lyf!

Wat gaan regtig deur ’n mens se gedagtes as jy alleen is nadat jy die nuus gekry het dat jy bloedklonte het? Huil jy? Bid jy?

’n Klomp goed. Dat mense nie meer gaan belangstel as ek eendag regtig doodgaan nie, dat ek my kinders ordentlik moet groet voordat ek pajamas pak. Dat ek nog so baie wou doen.

Ek het verlede Dinsdagaand (die aand toe die bloedklont gediagnoseer is) ’n skietgebed opgestuur, want bloedklonte deur die hart stuur nie waarskuwings nie. Maar om die een of ander rede is daar altyd weer ’n Woensdagoggend. Ek is dankbaar. Ek het tyd so broodnodig. Om baie dinge reg te maak. Veral met my vrou en seuns.

In Huisgenoot het die redakteur in haar brief ’n klaarblyklike poging tot versoening met jou aangewend. Hoe vertolk jy dit?

In die brief is dit duidelik dat my doen en late noodsaaklik vir haar is om haar tydskrif deur ’n wêreldresessie te sleep, ongeag die slagoffers. Haar brief is ’n ontkenning van skuld. Solank my pyn háár salaris is, is daar geen versoening nie.

Van jou sangvriende insinueer in die artikel dat “geld nie alles is nie”. Is jy ingestel op winsbejag?

Ek het net vier “sangvriende” en hulle is nié in Huisgenoot aangehaal nie. Mense wat my ken, weet ek het nog nooit vir geld gesing nie. Hierdie is my passie en nie iets wat ek doen nie, maar iets wat ek ís.

Maar ek gaan nie harder werk om almal te onderhou in die komende vier hofsake nie. Ek gaan eenvoudig stop. Zero-inkomste werk beter vir my. Dan kry niemand niks en ek meer tyd om te lees.

Is daar selfs net die geringste moontlikheid dat jy en Natasha versoen sal kan raak?

Ek smeek al 13 maande om haar terug te kry. Dit was vergeefs. Sy wil nie eens praat nie. My seuns sukkel om te verstaan dat hul ma nie saamkom as hulle by my kom oorbly nie. My straf sal seker lewenslank wees. Baie mense meen ek verdien dit.

Dit lyk of jy ’n baie gewilde lid van die sogenaamde gemeenskap van ‘celebs’ is. Ervaar jy dit so?

Met die uitsondering van twee of drie individue is ek die ge?seëndste kunstenaar in Suid-Afrika. Ek ervaar elke sanger, oud en jonk, nuut en legendaries, as hardwerkend en knegte van ’n rare roeping. Ek is nog nooit onder druk geplaas deur enige kollegas nie.

Ek kry dié reaksie ook by akteurs en bekendes, swart en/of Engels, mense uit die politiek, die bediening en sportgeledere. (Jacob) Zuma stuur elke keer goeie wense en Helen Zille het (verlede) Vrydag by my hospitaalkamer ingestorm met die mooiste woorde. Sonder die media!

Met soveel gebede en samehorigheid is doodgaan ’n bysaak.

Wat is die stand van Afrikaanse musiek en wat doen jy daaromtrent?

Algehele stagnasie. Maar musiek is ’n luukse gedurende resessies, daarom gaan ek niks nuut bydra nie.

Ek neem 20 ander Neil Diamond-liedjies op toer in Mei met Beautiful Noise. Ek is te oud vir vernuwing. Plaas daardie juk op ons Afrikaanse jeug – ás jy hulle in Londen kan opspoor!

In die inleiding van die Huisgenoot-artikel was daar ’n lelike drukfout met bloedk(l)ont. Wat sê jy daarvan?

Gewonder wanneer hulle die twee gaan verwar. Ek verwag eersdaags die eerste reeks snelvuur-grappies daaroor.


 

Advertisements

8 comments on “Is Steve afgemat en moeg?

  1. Anlo sê:

    Baie dankie vir al die feite en lekker lees Ingrid. Lekker naweek vir almal.

  2. ingrid sê:

    Mooi naweek 😆

  3. Wipneus! sê:

    Hellooooo!!! 😆
    Wag dat ek net weer morsekode hier gooi, ek is nou in elk geval al so goed daarmee! 😈
    Moeilik om “old habits” te laat gaan!!! whahahaha

    I’m on the top of the world looking down on creation and the only explanation I can find …….

    Hy rus net bietjie!! :mrgreen: Die laaste jaar het sy liggaam vir hom gesê hy moet bietjie rus! Maar natuurlik werk hy nog! Net nie so harde pas nie ….. Ek is seker dis net die Firkin vertoning wat uitgestel was! Maar die volgende week kap hy dit weer uit in Alberton!!! Professioneel baie profesionneel. ‘n Ander mens …. gaan lê skuins net van tandpyn! :mrgreen: WTH (Seker maar omdat ek gewoond is aan sterk mans) 😉

    Esmarè kan daai briefie in haar alie opdruk!! Net nou die dag het sy moeilikheid gemaak!! 🙄 Sy vergeet te vinnig….
    Seer kan nie sommer net so woeps van die tafel af gevee word nie!
    Miskien moet sy bietjie aksie agter hierdie verkoning van haar sit.
    Gewoonlik as ek ‘n gemors van dinge aangevang het, dan probeer ek dit met dade regstel…. woorde is net woorde…. waai weg met die wind ….
    Komaan Esmarè wat gaan jy doen om die wonde beter te maak? Ek is nogal nuuskierig……
    En daai bloedk(l)ont storie was aspris. Wie kan bewys dit was ‘n ongeluk? Mense? Not a wiel sal ek daaraan byt nie! 🙄

    Julle moet lekker naweek hou!
    Het jy alweer blomme gekry Ingrid?
    Bederfde vroumens 😈
    (Ek het gedog jy is af die naweek)

    Nou ja ek gaan nou doen wat ek die beste kan doen…. bietjie Mall crawling beoefen …..

    Ns Sterkte (((Willa)))) ek dink aan jou!

  4. ingrid sê:

    Nee wat Wip die hele management is op ‘n strategic planning week-end so iemand moet kyk lat die plek bly staan en ekke wil toggie uitmis op blomme nie so toe bied ek maar aan om hier te bly en te kyk wat gat aan.
    Ja, nee kan sien jy’s weer terug en nog net so kwaai soos altyd.
    Willa ‘n groot druk net vir jou my maat…

  5. Willa2 sê:

    Dankie vir al die drukkies. Die nuus was vir my Vrydag ‘n skok dat my pa kanker het. Hy weet nie daarvan nie. Dit is gelukkig pynloos en vinnig.
    Hy was vir 83 jaar gespaar vir ons. Iets waaroor ‘n mens baie dankbaar moet wees. My suster se kinders het hul pa verloor toe hul 18 was.

    Wel Steve siek of nie, was nog nooit op sy mond geval nie.

    Lekker dag en week vir almal.

  6. Wipneus! sê:

    Ek is baie jammer om te hoor ((((Willa)))).
    Sterkte vir julle!

  7. ingrid sê:

    (((((willa)))))))

  8. Smurf sê:

    Het julle al Steve se inskrywing gaan lees op sy Website? Steve Hofmeyr musiek, hy is omtrent nie op sy bek geval nie.

    Lekker dag vir julle more, almal slaap al lankal en ek kry nou eers weer kans om gou deur al die blogs te surf so op my surfboard en die dag se nuus te lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s