Chauviniste tussen ons…

Dagse

 

Ja ek is jammer ek het julle weereens afgeskeep.  Ja danksy Platkuif het ek gesien wat Steve te se gehad het.  Dti sal seker vir julle as ‘n skok/verrassing kom, maar ‘n mens kan ook net solank verskonings soek en dan raak dit op.

 

Wat Steve oor vrouens se laat ‘n mens net besef dat hy eintlik ‘n chauvinis is!  Sorry Stefaans, genoeg is genoeg.  Ek het my blind gehou toe daar gese is hy moes in Huisgenoot lees om te sien wat Nelmarie se naam was.  Sy nuuste aanval op o.a. Janine … die gef*kte fiksheidsinstrukteur, was sy alleen hierby betrokke?  Hoeveel mense moet nog die skuld dra vir alles wat gebeur het. 

 

Verseker het dit niks met my of jou te doen waar Steve en Joost hulle plesiertjies kry nie, maar SSSB het sy hits gekry deur te vertel wat sy kant van die storie met Janine was. 

 

Iemand wat vrouens soos goed behandel gebruik en een kant toe gooi, nee wat ek het al te veel stukkende vroue gesien, was self daar.  Ek weet nie eers wat ek op die oomblik oor Steve voel nie dalk is dit waarom ek stil gebly het.  Ek wil nie graag iets hier skryf waaroor ek more of later vanaand spyt gaan wees nie.

 

Gelukkig is daar van ons wie se oe die een of ander tyd oopgaan en dan besef ons dat ander mense misbruik en soos vloerlappe behandel word.

 

Steve vat verantwoordelikheid vir wat jy gedoen het, hou op om almal om jou te beskuldig. 

 

Hoe lank terug het Tash uitgetrek, was dit nie nog in hierdie jaar wat jy gese het jy probeer haar terug kry nie, geniet die dating scene.  Ek wonder net hoe date iemand wat die heel tyd moet bang wees vir versteekte kameras en elke Sondag wonder wat op die voorblad van die nuuste koerant sal staan.

 

Ek is jammer Wipneus, jy mag maar kwaad wees, maar jy weet hierdie kwaad kom ook al ‘n lang pad.  Dit was deels weens mense soos jy en Hannie wat ek nog stil gebly het en wat ek hierdie posting so rustig moontlik probeer hou.

 

Dames kyk na julle self, geen ander persoon sal nie.  Dit maak nie saak of dit ‘n man of vrou is wat saam met jou in ‘n verhouding is nie, niemand het die reg om jou so behandel dat jy as enige iets minder as ‘n prinses voel nie.

 

Genoeg, ek is besig om baie kwaad te word en ek weet al dat ek dan dinge se wat ek liewer moet los.

 

Mooi aand vir julle, ons kuier more weer.

ingrid16

Advertisements

22 comments on “Chauviniste tussen ons…

  1. Anlo sê:

    “danksy Platkuif”??? Ag nee Ingrid, nou kuier jy by die verkeerde plek. Ek sal aan Steve se kant bly. Seks is in elk geval vir slegs BINNE DIE HUWELIK, dames. Nie so gemaak nie, moet jy maar die “punch” vat. Mense moet hulle kinders reg leer. Lekker naweek.

  2. doddels sê:

    Anlo kom by. Dit gaan nie daaroor of Ingrid aan Steve se kant is of nie. Sy is intelligent genoeg om te besef waaroor dit gaan. Ek het ook nou opgehou om verskoning vir hom te maak na aanleiding van hoe hy vrouens behandel. Dankie Ingrid. Mens kan nooit enige vernedering of verkleinering van vrouens goedpraat nie.

  3. Anlo sê:

    Ek was nog altyd by, het ook nog altyd haar blog gelees en kan agterkom sy is intelligent. Ek het of sal haar ook nie afkraak nie, is nie so nie. Kan Steve nie maar net in vrede uitgelos word nie? Ek wil! Dankie tog ek’s net gewone mens wat soms ook foute maak!

  4. doddels sê:

    Die kuns is net om dan daardie foute wat jy gemaak het te erken en die blaam daarvoor te aanvaar. O ja, en om darem nie daarna oor en oor dieselfde foute te maak nie. Dit help nie dat hy sy vorige minaresse slegsê en in die openbaar verneder nie – al wat hy daardeur bereik is om soos ‘n opperste chauvinis te lyk. Ek’s keelvol vir die Steve storie, maar hy sorg self dat dit in die media bly deur sy uitlatings in die openbaar. Jy sie daar is nie iets soos slegte publisiteit nie.

  5. ingrid sê:

    Hi Julle, ja ek het nogal geweet daar sal verskillende menings wees oor hierdie posting. Daar is moontlik selfs mense wat woedend kwaad sal wees, maar dis ok so. Ek het nog altyd so dan en wan daar by Platkuif hulle gaan inloer. Ons het mekaar toenterjare deur SSSB raak gelees en selfs daarna so af te toe gemail. Elkeen is vry om te kies met wie hy/sy wil assosieer die feit dat ek soms by bosparra inloer beteken nie ek keur alles goed wat hulle doen en se nie, maar hulle doen goeie goed ook. Hoekom hou julle nie van Platkuif nie, is dit net omdat hy nie ‘n Steve fan is nie? There’s more to him than that.

  6. doddels sê:

    Ek’s mal oor Platkuif en is al baie lank ‘n trotse parra. Even got the t-shirt to prove it! Ha Ha

  7. doddels sê:

    O ja dit is nie dat Platkuif nie van Steve hou nie. Hy hou net nie van sy gelieg en die feit dat hy maak asof hy die slagoffer in die verhaal is nie. Ook nie van sy selektiewe gebruik van die media nie.

  8. ingrid sê:

    Ek het die bestelvorm gedownload sal nog die hemp bestel, net eers die budget laat uitwerk, want ek moet darem vir Hannie ook een koop. Hoekom moet ons steeds slakke of parras wees, ons kan almal saam in SA bly hoekom nie ook in cyberspace in son oor elkeen laat skyn nie.
    Ja, hou ek nie meer van Steve nie, nee dis nie wat ek gese het nie, ek hou nie van wat hy doen nie! As Amber aanjaag is ek kwaad oor wat sy gedoen het, maar ek like haar steeds, meeste van die tyd 😆 Dis ook tog nie ‘n sonde om te erken dat ons nie altyd van almal hou nie. Daar is mense waarvan ek nie hou nie en ek sal seker nooit van hulle hou nie,maak dit my sleg, nee wat ek is after all nie Jesus nie, oeps het iemand dalk al daai woorde gebruik toe daar oor vergifnis gepraat is? 😳

  9. Pietie no 1 sê:

    Ingrid,

    Ja ek verstaan jou punt en ook dat doddels saam met jou stem maar dat ek ooit regtig van platkuif sal kan hou NEE nie maklik nie, wat my verbaas is dat almal en veral die mans op Bosparra so volmaakte mense is, nog nooit het een van hulle ooit iets verkeerd in hul lewens gedoen nie (veral Platkuif) meer volmaakte mans sal jy nêrens op die aarde aantref as op Bosparra nie 😆 volgens hulle is al wat sanger is wat geskei is gemors, so nie een op Bp. is of was ooit geskei nie? nie een het ooit ‘n verhouding gehad nie??? almal is die volmaakte Christene?????? asb. Haatspraak teen al wat mens is loop die hoogste daar teenoor enige ander blog, Platkuif het net mooi niks goeds te sê van enig een wat meer suksesvol as hy is in die lewe nie en beslis slegs manlike sterre (let op net mans) word gedurig deur hom aangeval en beswadder. Hy is obsessief jaloers op enige man wat dit gemaak het in die lewe.

  10. ingrid sê:

    Hokaai ek baklei nie vir Platkuif nie, hy’s mans genoeg om dit te doen, maar is dit nie bietjie erg om ‘n aanname te maak dat hy obsessief jaloers is op mans nie? Kyk bietjie hy het reeds vandag heel tereg gese dat Steve talente het en dat hy fokus verloor het, sou hy weer konsentreer op kunstenaar wees kan dinge baie anders lyk vir hom.
    Ek lees nie so gereeld die hele bp om te weet presies wanneer wie aangeval word nie, al wat ek wil se is ons kan elkeen ons eie ding doen. Ek is net bitter bly dat hierdie blog nie saam met die kommersieele blogs moet meeding vir advertensies nie, dis steed net vir my ‘n lekker kuier plek waar ek so bietjie kan deel van wat by en om my gebeur en hopelik iewers vir iemand iets kan beteken.

  11. Smurf sê:

    Hi daar Ingrid,

    Ek voel weer Steve behandel nie alle vrouens as gemors nie, onthou daar is vouens en daar is “vrouens” sommige vroue het wragtig een punt meer as die duiwel homself en kan ook maar goed moeilikheid maak sover hulle gaan, dalkies moet ons ook maar eers weet hoekom Steve verbitter is oor die spesifieke vroue? is hulle werklik die naam vrou werd of eerder kwaadstokers? Ja ek maak ook nie vir Janine sleg nie, maar weet ons werklik tot wat sy instaat is, moontlik is daar tog dinge wat ons nie weet nie, wat my nog steeds tickle is hoekom het sy koerant toe gehardloop as sy dan so vreeslik lief was vir Steve? hoekom wou sy sy loopbaan vernietig? wat doen sy nou dalkies wat ons nie van weet nie? Ek glo Steve is verbitter oor die spesifieke vroue maar nie dat hy oor die algemeen vroue te na kom nie.

    Ek sal nie teen Steve draai nie, Steve kan dinge soms kru stel maar ek weet dat hy baie verbitter is en met reg ook, Janine is nie die engeltjie wat sy voorgee nie, Ek wonder of sy tog nie maar nog uit haar pad sal gaan om hom verder te vernietig nie want haar plan het nou sleg geboomerang.

    Ingrid, ek weet dat jy kwaad is, ek was self bietjie bekommerd oor dit wat hy geskryf het, maar as mens net eers daaroor dink, waar kom dit vandaan hoekom sou hy dit sê? dan is daar tog net soveel antwoorde ook, dit is beslis nie op alle vroue gemik nie. Een probleem Steve praat te vinnig en sê nog al die jare goed sonder om te wik en weeg of ons as publiek dit sal verstaan soos wat hy bedoel, ek glo hy het ‘n rede vir wat hy gesê het.

    lekker dag vir jou.

  12. Pietie no. 1 sê:

    Ja Platkuif het dit genoem na Woepsie se comment, nog nooit het Platkuif enigsins iets goed te sê gehad van Steve nie, hy het dit slegs gedoen om homself nou te laat goed klink, want sy Woepsie het dan nou so gesê as dit ek of jy was was ons onmiddelik aangeval en sleggesê, nog alles wat Steve geskryf het het hy afgekraak op sy blog,enige cd. van Steve, liede, sy boek sy digbundel, nog altyd vertel hy hoe onnosel Steve is, nee wat so maklik val ek nie vir een ou sinnetjie wat hy geskryf het om Woepsie te wys hy dink ook so, hel die ou is ‘n tweegesig uit en uit.

    Ek gaan lees gereeld daar en ek belowe jou daagliks word daar net vertel hoe onnosel Steve is, hoe sleg Steve is , ek dink nog die meeste haatspraak wat ek nog in my lewe gelees het is op Bp. en Platkuif is die grootste aanhitser wat dit aan betref en dit is die waarheid.

    Ek het niks teen jou nie Ingrid, ek dink jy is ‘n oopkop persoon en ek het geweldig respek vir jou soos wat ek jou blog lees, asb. moenie dink ek wil jou aanval oor iets nie, ek verstaan jou punt ook. maar asb. ek sal nooit Platkuif se manier van praat en kwaadsteek kan goedpraat nie al word hy ook skielik ‘n predikant 😆

    Comment by woepsie
    2009-02-27 10:12:47
    Griffies

    Dis juis vir my die verstommendste. Hierdie man is eintlik bliksems intelligent en donners skerp. En glo as jy wil, ‘n moer aangename sin vir humor…..

  13. ingrid sê:

    Dankie Pietie no. 1 – kom ek se dit dan ook onomwonde: Steve is bogemiddeld intelligent, skeper as ‘n Minora blade met ‘n great sin vir humor en ‘n groot omgee hart wat liefde kan gee en uitdeel sover hy gaan. Hy’s ‘n amazing akteur en al hierdie dinge maak my bitter hartseer juis omdat hy fokus verloor het op dit wat vir hom belangrik is.
    Hy is steeds een van die mense by wie ek die meeste lesse geleer het en teenoor wie ek bitter dankbaar is vir baie dinge, sommige persoonlik wat ek nie hier wil bespreek nie, maar ek kan en sal nie sy aanvalle teen vroue wat ‘n intieme deel van sy lewe gevorm het kan goedpraat nie. Of hy die dinge impulsief se weet ek ook nie so mooi nie, hy het Janine al te veel keer sleg gese as jy iets impulsief doen herhaal jy dit nie weer volgende week nie.
    Mooi naweek vir julle almal ek moet gou die kinders ballet toe vat en weet nie of ek vandag weer by die rekenaar gaan uitkom nie, maar julle is welkom om verder saam te kuier.

  14. Smurf sê:

    Gaan lees gerus Sammi se blog, ek dink sy het ‘n baie goeie stuk geskryf.

    http://pasebekkie.wordpress.com/

  15. ingrid sê:

    Ek kuier gereeld daar by Sammi, ek comment net nie altyd nie, sy skryf baie goed.

  16. Sammi sê:

    *Sammi neem met dankbaarheid hierdie kompliment and curtsies humbly*

    Ek wou kom kyk hoekom daar soveel “views” van jou gekom het Ingrid, en moes nogals soek vir die link.

    Ingrid, ek verstaan nie jou reaksie nie? Jy loop mos al ‘n baie ver pad saam met Steve. Jy was mos daar reg van die begin af en het ook waargeneem wat afgespeel het? Ek sou aanvaar het met die agtergrond wat jy ken, dat jy weet dat hierdie man op hierdie stadium woedend is oor die aanhoudende gejag op hom. Dat hy heel waarskynlik op ‘n punt is dat sy moermeter so hoog in die rooi is dat hy nou direk praat van ‘n emosionele punt MAAR dan moet jy ook FYN lees wat hy sê – daar is ‘n boodskap aan diegene met skuldige gewetens. Joune is mos skoon?
    Ek persoonlik dink ons moet verby die reaksies en teen reaksies kyk en konsentreer waaroor hierdie jag gaan – dis ‘n klaarblyklike, vooropgestelde en fyn beredeneerde, goed uitgedinkte visier op hom en NOU op sy vriende.
    Hierdie gaan oor meer as Steve en sy moraliteit, hierdie is ‘n aanslag op Afrikaner icons.
    Wie was in alle geval die mense wat Steve as klaskaptein oor morele waardes aangestel het?
    Het ons so armgeestig geword dat ons uitkyk en glinster in ons oë gaan afhang van ons icons ?

    Ingrid, ons sal verby hierdie dinge moet kyk…begin eers by ons eie agterdeure…vandaar in die straat…praat met gewone Afrikaners…help hul om weer ‘n toekoms te sien…help hul om weer uit te sien na ‘n lewe…gee hul hoop deur positief uit te reik…’n glimlag hier en daar… ‘n sagte aanraking doen wondere – jy weet mos!

    En laat ons nou maar ons Celebs geniet vir die vermaaklikheidswaarde wat hul het.

  17. Dagse Ingrid

    Elke mens binne ‘n demokratiese bestel is geregtig op sy eie opinie.

    Sou ek my eie idees en opinie van ‘n persoon wil toets dan kry ek seker die riglyne van helder denkende en objektiewe bronne.

    Dus by vergelyking as ek my siening van God en Christus wil toets gaan ek nie na satan self toe om te probeer bepaal of ek reg of verkeer is in my siening nie.

    So ek is baie verbaas oor jou optrede gesien in die lig van jou eie optrede in die onglangse verlede asook jou kennis van die geskiedenis tussen Steve en Platkuif van SSSB se dae al af en jy nou beweer Platkuif het jou gehelp om die lig te sien.

    Ek stem heelhartig saam met Sammi, dit het tyd geword om verby mense se foute te kyk en op te hou om mekaar as Afrikaner af te kraak en eerder te konsentreer op dit wat belangrik is nl. die behoud van ons kultuur, taal, land en ekonomie asook die opheffing van mekaar.

    Groete

  18. ingrid sê:

    Ek het nog nooit gese Platkuif het my gehelp om die lig te sien nie!!! Ek het op bp gesien wat daar gese is, dit is wat ek gese het. Ek stuur Steve nie na die buitenste diepste donkerste hel nie!! Al wat ek se is dat ek genoeg gehad en gesien het hoe vroue verkleineer word. Dit is nie net hy nie, hoe vinnig is mans nie om ‘n vrou ‘n hoer te noem as hy klaar saam met haar geslaap het nie, maar wat was hy toe hy dit gedoen het.
    Ja ek het vir lank saam en agter Steve gestaan en sal steeds se hou op om hom in sy professionele hoedanigheid aan te val. Verder weet ek ook dat Steve nie ‘n klomp puppets soek wat op alles ja en amen nie ek het selfs op SSSB al vir hom gese as ek nie saam stem met iets wat hy se of doen nie. As ek vir alles gese het dis nou mooi so en veels geluk sal ek nie ‘n mens in eie reg gewees het nie, maar net ‘n pappegaai wat se wat gehoor wil word.
    Selfs hier het ek al genoem dat ek nie hou van sekere van die dinge wat hy se nie. Ek dink hy’s ‘n amazing Suid Afrikaner en het ongelooflik baie goeie eienskappe, maar om vroue af te kraak en sleg te se sal ek nie goed praat nie.

  19. doddels sê:

    Way to go Ingrid! Dankie dat jy tog nie een van die gatlekkende “puppets” is nie en dinge in perspektief kan sien. DIT my girl is die rede hoekom ek mal is oor jou!

  20. Ingrid sê:

    Dankie doddels, jy laat my sommer weer beter voel, ek’t begin dink dalk is ek al een wat verkeerd is en ‘n doodsonde gepleeg het deur te se dat Steve iets verkeerd gedoen het. Lekker dag verder

  21. Dellie sê:

    Ingrid, ek hou maar die afgelope tyd my mening van Steve vir myself. Maar ek wil net vir jou sê 10 uit 10 vir hierdie possie. 😉

  22. ingrid sê:

    Dankie Dellie, ja soos ek se het ek ook eers stil gebly tot nou toe, net so hier en daar met mense dmv mail gepraat en natuurlik by die huis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s