Amper naweek!!

k0147829Voor ek gister hier uit is vertel ek vir julle alles is nou reg en gereel.  Grappie!!!  Daar is mos nou nie ‘n manier hoe my lewe so mooi inmekaar sal pas nie.  Wipneus praat van Chucky wat daar by haar kop uitsteek so dan en wan, wel ek het so ‘n hele hoop mannetjies wat soms hier in my kop kom rondd*nner.  Ek stap so net voor ses hier uit, nadat Hannie laat weet het sy’t die kar gaan haal en is oppad om my te kom haal.  Die laaste bus het 17h45 gery, maar dis ok ek het mos nou vervoer.  Sy is nie halfpad hierheen nie of dieselfde geraas is weer daar.  Sy gaan terug en hulle maak dit reg, maar nou ja dis nie die einde van die storie nie, nou is daar skielik ‘n elektriese fout en die auto-elektrisien is reeds toe so ons moet maar wag vir more (vandag).  Julle wil nie weet hoe spring daai mannetjies rond nie!  Ek stap so drie blokke af, want ek weet in Anet straat is daar meer busse en dis besiger, want hier bo is dit reeds dood stil en so dan en wan iemand wat verby stap en dit is darem Suid Afrika en Johannesburg daarby.  Ek is positief oor die land, maar darem nie heeltemal stupid nie!

So ek kom uiteindelik in die donkerte by die huis aan gestrompel, my voete en rug is af, maar almal is darem veilig.  Die stress van die laaste paar dae, is dit weke of dalk leeftye kry so effe die oorhand en totaal verkeerd moet die huismense dit ontgeld…

Vanoggend weer met die vier kleintjies weg teen 5h40 sodat ons die 6h15 bus so ‘n paar kilometer weg kan kry nadat hulle eers tot by die skool gesleep en geraas is.  Arme goedjies dis erg vir bederfde kinders om skielik te moet stap skool toe en dit soos Quinton se in die pik donker, maar dit leer hulle ook om dinge te waardeer.

u11532722Ek kom by die werk en besluit, niks en ek bedoel NIKS gaan die naweek kelder nie.  Ek wag vir 8h00 en bel Metro bus om te hoor watter busse ry van ons omgewing na tannie Marie se plek in Brixton sodat ons steeds more die kinders kan vat.  Ek stuur email vir Sonja om te se ek sal haar nie vanmiddag kan sien soos afgespreek nie, maar alles is nog reg vir die res van die naweek.

Wat gaan alles gebeur?  Willa ek dink jy sal seker die eerste een wees om k0057908Maandagoggend hier te kom loer, onthou jou beskuit.  Ek gaan my bes probeer om dit so vroeg as moontlik hopelik teen 8h00 vir jou gereed te he.

Lekker dag verder vir julle en onthou as iets vir jou belangrik genoeg is moenie toelaat dat enige iets of enige iemand jou keer nie.  Hou vas aan jou drome!

ingrid3

Advertisements

One comment on “Amper naweek!!

  1. Willa2 sê:

    Sjoe nou’s ek erg nuuskierig!
    Julle moet dit geniet Ingrid.
    Ek sal sommer vroeg al die beskuitblik vol maak. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s