Kry vir jou…

Dagse

Steve Hofmeyr is kwaad. Ja ek weet wie weet dit nou nog nie?  Tot sy ma het dit gese, maar ek lees ‘n ander tipe woede in die man raak.  Hierdie is die calculated strateeg wat nie een enkele tree gee sonder om presies te weet waar hy gaan eindig nie.  Hy weet reeds wat hy gaan sien teen die einde van hierdie tog waarmee hy begin het.

Rumors oor skoolmeisies loop al ‘n ruk rond.  Mense het my gevra, het jy daarvan gehoor, al ‘n ruk gelede.  Ja ek het, ek het ook gehoor van baie ander dinge, maar dit het niks met die wye wereld te doenne nie.  Het ek gese dit is die een ding waarvoor ek Steve nie sal vergewe nie, ja ek het, het ek daarmee gese ek glo dit is wat hy doen, NEE.  Ek kan nie glo dat hy ‘n pedofiel is nie, jammer vir almal wat gedink het ek haat hierdie man met ‘n passie, so maklik is dit ook nie.  Hy is nie van die duiwel nie.  Het hy die vroue in sy lewe altyd mooi behandel, oenskynlik nie, watter man het, as jy het meneer, is jy een van baie min. Ja ek hoor julle skree:  Sy se dit omdat sy mans haat en lesbies is.  Shame, toe nou nie,  wys jou net jy ken my nie as jy so dink nie.

Het ek gese of gedink Steve is besig om mal te word?  Nee, ek het gese hy moet fokus op sy musiek, want hy’s ‘n ster van formaat en ek sal hom nou baie lank wil sien blink.

Is dit van enige significance wat ek van Steve dink, (vir hom) nee wat sekerlik nie, maar dit is vir my belangrik dat daar nie ‘n wanindruk van my bedoelinge is nie.  Gelukkig is/was ek nie een van die vroue vir wie hy so kwaad is nie.  Ek kan dan tot ‘n redelike beskaafde gesprek met my eks man voer so hoe sal ek nou vir ewig vir iemand kwaad wees wat nog nooit iets persoonliks aan my gedoen het nie.  Ek se steeds dis verkeerd om iemand anders sleg te se, maar dis hoe dit is.

Steve, ek hoop elkeen wat ‘n hidden agenda gehad het met enige berigte wat hulle ooit oor jou of enige ander persoonlikheid geskryf het sal betaal vir wat daar gebeur het.  Meer as dit nog is ek bly om te sien jy is meer berekend en minder emosioneel, ja die passie is steeds daar natuurlik is dit net logies.

Gavin, soos Quinton sou se: Kry vir jou, ek’t jou laaaaaaankal gese jy’s ‘n onetiese d**s.

copy-of-jukebox-8-maart-2009x500

Advertisements

7 comments on “Kry vir jou…

  1. boebelaberry sê:

    Raar maar waar, Ingrid. Wat gaan aan met die samelewing waarin ons leef? Kan hulle hom nie die son gun wat oor sy kop skyn nie. Bly egter steeds ‘n getroue aanhanger.

  2. NIA sê:

    Ingrid – Jy moet baie vinnig besluit aan watter kant jy wil wees – jy spring van die een bandwagon na die ander – jy is besig om jouself totaal te “confuse” om al die “role players” tevrede te stel in die aanslag van die media en sekere “suspect” blogs – en asb tog – moet nie “Sarie” of “Rooi Rose” aanhaal (watter tydskrif ookal) so asof jy die genoemde kommentaar persoonlik uit Steve se moeder se mond gehoor het nie.

  3. ingrid sê:

    NIA – Ag word wakker, dit kom nie uit enige tydskrif nie. Ek spring ook nie rond nie, ek se steeds ek stem nie saam met wat hy oor die vroue gese het nie en dat dit verkeerd was. Ek stel voor jy lees liewer ander blogs, want eintlik weet ek nie so mooi wat soek jy nog hier nie. Ek het nog nooit gese ek het met Carien gepraat of enige iets uit haar mond gehoor nie. Om die waarheid te se het ek net so oor ‘n jaar gelede iets uit haar eie mond gehoor, as ek reg onthou so in die begin van Maart 2008, het daarna nog nie weer met haar gepraat nie, geen rede daarvoor gehad nie!

    boedelabery duidelik is jy meer in die picture oor waaroor alles gaan. Wat sad is, is die feit dat Prins in ‘n stadium Steve se vriend was, wys jou net wat geld en fame aan sommiges kan doen.

  4. smurf sê:

    Ingrid,

    Ek weet presies hoe jy voel en ook wat jy bedoel het, weet jy hoeveel keer dink ek so by myself, Steve dink tog net voor jy iets sê! net vir so twee tellings, maar hy is so vinnig met antwoorde, ons wat hom beter verstaan en deur die jare geleer het dat hy sê die eerste ding wat in sy kop kom, weet mos, Steve is flippen skerp en beslis nie dom nie (ek sê nog dis ons President daai hy is gebore vir dit) maar nouja,

    Hoeveel ander “vriende” is daar nog wat agter al die gejag op Steve sit!! Gavin Prince is maar een ek dink daar is nog.

    Ek sal tot ek my laaste asempie uitblaas nog opkom vir Steve, ek is die “minister vanverdediging in Steve se Army” onthou! en ons is nou tot die tande toe bewapen, 😉 wag net op die bevel om aan te val!! 😆 Ek dink as Steve se ma weet hoe ons agter haar en haar seuntjie staan gaan sy sommer ook beter voel. Steve is al vir jare ons aangenome family!! wat verwag die spul kwaadstekers? dat ons gaan sit en handjies vou terwyl hulle Steve uitmekaar skeur? sorry jy draai nie jou rug op family nie punt… al is dit aangenome family nie, jy baklei!

    Ek is nou so opgewonde soos ‘n kind in ‘n roomysfabriek! hoop hul laat al die skuldiges aan die pen ry, Steve “keep your cool” en doen jou ding, want jy kan! die fliksems, haal hulle uit hul gate uit!

  5. smurf sê:

    Ingrid hierdie blokkie hier langs die commensts sê mos alles!

    A true friend is someone who
    understands your past,
    beleives in your future,
    and accepts you today,
    just the way you are!!

  6. ingrid sê:

    Mooi so Smurf. Saam met jou veg ons tot die einde nie net vir hom nie, maar vir reg en geregtigheid. Die media het reeds begin dink hulle is magtig bo alles, ek sal later, as ek kans kry vertel tot watter uiterstes hulle gegaan het om wan informasie oor ‘n siekte toestand in ‘n hospitaal in die stad te versprei. Ek loop die risiko om weer van aanmatiging aangekla te word, maar daar was ‘n tyd toe ek ‘n generaal in Steve se army genoem is en ja uit sy eige mond hierdie keer, nie ‘n tydskrif of koerant artikel nie, so dis nice om ‘n minister soos jy te he om mee saam te werk.

  7. Smurf sê:

    Nee dis reg so Generaal ons wag op jou verslag!! oor en uit! 😉 Voorwaarts! vir reg en geregtigheid, en die media wat God speel met mense se lewens en gesinne opbreek, net vir sensasie en geld! De hel met hoe hoog die boom is, jy sal hom stut sodat dit nie ‘n hele gesin platval nie, maar nee hulle kry sommer ‘n stootskraper en ploeg die hele gesin met boom en al die grond in terwyl sommiges dit geniet om toe te kyk alles net vir sensasie en geld.
    Stadig nou smurfie….. asem in… asem uit.. asem in… asem uit… OK. nou voel ek weer beter! Ek word mos so blou van woede!! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s