Ware kleure

disappointment

Skielik staan dit hier voor jou oe, so helder soos daglig, jy kyk na die skerm, dis die laaste ding wat jy verwag het.  Daar is bitter min mense wat ek vertrou en nou, ja nou het ek so pas weer gesien hoekom.  Ek draf gou deur ‘n paar blogs en emails voor huistoe gaan tyd, ja dis Vrydag en ons gaan vroeg huistoe, daar is immers alreeds 17 uur oortyd.

Dan staan dit skielik op die skerm in swart letters geskryf.  Ek het so ongeveer drie dae gelede baie sterk vermoed dat ek ‘n uiterste groot fout gemaak het om jou te vertrou en nou, nou is die bewys voor my en word so baie dinge skielik glas helder.  Wat presies kry mense daaruit om ander seer te maak, te maak of  jy iemand se vriend/vriendin is net om om te draai en alles wat daai persoon aan jou toevertrou het teen hulle te gebruik?

Ek steek my hand na die telefoon uit en bel vir Hannie, nou weet ons soveel dinge so duidelik, sy’s nie soos ek nie en wil jou dadelik aanvat en baklei.  Wat doen ek?  Ek kruip soos ‘n skilpad diep in my dop is, gaan al hoe dieper in my eie wereld waar ek weet net een werklik hoort.  Jy sal nie kan glo hoe seer my hart op die oomblik is nie, ek weet jy lees hier en ek hoop jy het ‘n mooi en liefdevolle naweek en dat niemand jou vertroue ooit so sal misbruik en vertrap nie.

True Colors

The blood was shed
It will never be the same
Feel the intruding lead
That hangs my head in pain

The drainage not on my hands
But flows down my back
It was only in the sands
Where you planned your attack

Executed without flaws
With no issue at hand
You dug deep with your claws
Into a faceless land

Your face full of lies
When you greet me at that place
I see through your disguise
And reject your embrace

The wound you try to heal
Is now a gaping maw
Your words can never conceal
The true colors I saw

 

ingrid6

12 comments on “Ware kleure

  1. doddels sê:

    Ag nee vriendin wie maak jou so seer? Jou pyn en teleurstelling is tasbaar. Wat het gebeur?

  2. ingrid sê:

    Dankie vir jou omgee, dalk vertel ek jou nog eendag, net nie vandag nie.
    Mooi naweek en geniet die uitsig uit jou kantoorvenster vir my part ook, ek dink so ‘n stil mooi plek is waar ek nou wil wees, solank Hannie net ook daar kan wees.

  3. Gerba sê:

    Hi Ingrid,

    Toemaar, elke hond kry sy dag …

    Hoop jy kan relax die naweek en van wereldse dinge vergeet vir so ruk

    Vrede
    Gerba

  4. Paula sê:

    Ek hoop jy voel gou weer beter!

  5. […] Week in ‘n Neutedop…. March 13, 2009 NeykieDit wat die verskil maak March 12, 2009 IngridWare kleure March 13, 2009 Jo AnnThe Rides of My Life March 7, 2009 Die werfHastilla Vista!! March 13, 2009 […]

  6. boskind sê:

    Ingrid

    Gooi my ‘n posduif asb.

  7. Smurf sê:

    Ingrid!!!

    Wie het jou so ontstel??? Jy moet net praat Smurfie kan kom help hoor! Ons is miskien klein, maar ons is so biae!! gee net die bevel.

  8. Smurf sê:

    Ingrid, teen die tyd is jy al weer rustiger, Jy lyk my na iemand wat net eers so bietjie iets wat jou pla by jou selwers moet uitsorteer, en dan kan jy dit agter jou sit en aangaan.

    “Don’t sweat the small stuff.”
    I’ts all small stuff!

  9. Zee sê:

    Ingrid… stunning gedig!!! Het jy dit geskryf? As dit nie joune is nie, wie het dit geskryf, sou graag nog van die werk wil gaan lees.

    Tweedens, ek dink jy maak ‘n baie groot fout om die persoon te beskuldig. Ja ek weet presies van wie jy praat. Miskien moes Hannie haar aangevat het, dan het jy nie nodig gehad om hierdie post te doen nie. Om haar te blameer omdat iemand by haar kommentaar lewer is plein kleinlik!! En die kommentaar was geensins ongevraagd nie, so hoekom moes kommentaar daar delete word net omdat jy nie daarvan gehou het nie.

    Kinderagtig!!

    Ja, ek weet dalk verskyn hierdie nie, so ek copy dit maar en mail dit vir die betrokke persoon!

  10. ingrid sê:

    Zee jy maak ‘n fout, ‘n baie groot fout. Dit het niks met comment op enige plek te doene gehad nie. Ek het nog nooit vir enige iemand gevra om enige comment op enige plek te delete nie. Ek sou graag wou weet van wie jy praat. Daar was toevallig ‘n tyd toe iemand waarmee ek nie saam sou wou kuier nie wel by ‘n vriendin comment gelewer het en al wat ek gedoen het was om vir haar te vra of dit dieselfde persoon is as aan wie ek dink. Enige blogger kan saam met enige iemand kuier as hulle wil en comments op die meeste blogs wat ek lees is oop vir almal, so hoe sal ek nou vies wees vir iemand as iemand met wie ek kies om nie te praat en nie te assosieer nie daar gaan comment?

  11. Adrie sê:

    Ingrid

    Hier is gratis raad. As jy ‘n probleem met iemand het; epos/bel/skype hom of haar en sorteer dit soos ‘n grootmens uit.

    Dit is onsmaaklik om sogenaamde vriende (of hulle dit verdien of nie) vanuit ‘n blogpost aan te val. Dit is net so onsmaaklik om jou vriend se persoonlike pyn, hartseer of sommer net sake vanaf ‘n blog uit te blaker.

    Ons as bloggers behoort diskresie aan die dag te le wanneer ons iets vir ons blogs skryf. Dit mag nooit ten koste van ons vriende, familie of kennisse wees nie. Al is jy op daardie oomblik vir hulle hoe kwaad.

    Ek stem dus saam met Zee.

    Toemaar, jy hoef my nie te herinner waar die x sit nie. Ek is oppad. Jy kan ook my kommentaar met die grootste liefde delete.

  12. ingrid sê:

    Adrie jy’s welkom om te comment en te se net wat jy wil. Dankie vir jou raad. Terloops watter vriend se persoonlik pyn, hartseer of sake praat jy van?

Lewer kommentaar