Rustigheid

inner_peace

Ek groet julle vir ‘n wyle.  Iewers wil ek gaan sit en rustigheid kry.  Hierdie was ‘n tipe terapie nie net vir my nie, maar ook vir die mense om my.  Daar was mense daar buite wat graag die seer nog seerder wou maak.  Daar was mense wat my verlede jaar al gedreig het dat hulle sal sorg dat my lewe ‘n deurmekaar gemors word.  Ek is reguit vertel dat sekere mense se email lists langer as myne is en dat hulle dit sal gebruik. 

inner_peace_under_a_tree1Hierdie was nog nooit ‘n oorglogsveld nie.  Dit was nooit so bedoel nie.  Dit was ‘n plek waar ons kon kuier, waar ons kon koffie drink en willa se eetgoed geniet en net wees.  Dit het verander.  Een email is aangestuur en het iemand bitter seer gemaak, maar dit het my laat besef dat cyber stilte dalk die beste is totdat ek weer ewewig bereik het.

Dit is nie net daardie gebeure wat my so laat besluit het nie.  Daar is soveel seer op die oomblik in my dat ek myself nie vertrou om hier te kom kuier nie.

Hoe lank gaan ek weg wees?  Dalk ‘n paar uur dalk dae en dalk vir baie langer.  Ons sal maar sien wanneer dinge meer in plek is.

Baie dankie vir almal wat hier kom inloer het.  Ek hoop dat ek iewers vir een van julle iets kon beteken en dat al kon jy net uit een van my talle foute leer jy wel iets kon leer.

Totsiens dierbare koffiemaats.

ingrid7

Advertisements

11 comments on “Rustigheid

  1. Kokkewiet sê:

    Sjoe, gaan raak rustig en ek hoop jy is sommer gou weer terug. Ek het jou nou net ontdek en hier gaan jy alweer. 😦
    (((ingrid)))))

  2. ingrid sê:

    Dankie, ek sal seker maar nie te lank weg wees nie…

  3. Wila2 sê:

    Sjoe ek was ‘n rukkie uit die bloglees wereld en nou is als deurmekaar. 😦
    Waar gaan ek nou lees en koffie drink?
    Sterkte daar en sommer ‘n groot drukkie vir jou.

  4. ingrid sê:

    Dankie willa, maar jy ken my ook mos nou al, dit sal nie lank vat voor ek terug is nie, dalkies sommer volgende week al weer. Woensdag en Donderdag is ek in Pretoria so ek sou in elk geval nie kon blog nie, maar ek is nie iemand wat gaan le nie. Gaan vanaand so bietjie decluttering doen sodat die energiebane weer reg kan vloei en dan wie weet as die ying en yang eers weer saam werk… 🙂

  5. doddels sê:

    Ek’s baie teleurgesteld Ingrid. Geniet die kuiers om die kombuistafel so,maar ek verstaan dat jy die breek nodig het. Ons sal hier wees as jy terugkom. XXOOXXOO

  6. ingrid sê:

    Dankie maat, goed om te weet daar’s iemand soos jy, vandag het ek die baie nodig, meer as wat jy dalk sal weet. xxxx

  7. boebelaberry sê:

    Sal saam Doddels wag en al word die koffie koud, maak ons dit net weer warm en kuier verder. Kan ek se”geniet die blaaskansie?”

  8. ingrid sê:

    Baie dankie, en dankie ook vir die mails. Dit is mense soos julle wat my verseker laat weet dat ek MOET terug kom. As alle loop soos ek graag wil sal ek niks later as Maandag weet terug wees nie. Net dalkies Vrydag al. 😉

  9. ingrid sê:

    🙂

  10. Smurf sê:

    Check net of jy al terug is!! 😕 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s