Ek is hier

Hello julle, dankie vir die lank wag.  Ongelukkig was ek vir twee dae in Pretoria en Vrydag het ek verlof gevat om ‘n krisis by die huis te probeer hanteer.  Dit het nie gewerk nie en op die oomblik wil ek nie graag hieroor praat nie.  As alles beter is sal ek julle vertel, kom ons se net dit het te doen met maatskaplike werkers ens en ek weet nie hoekom nie, maar ek  het nogal gedink teen die tyd weet ek hoe hulle koppe werk, maar ongelukkig verstaan ek dit steeds nie.  Gelukkig is daar ‘n wonderlike man, Dr. Dawie Theron van Solidariteit wat verstaan wat ek probeer se en wat self ook later in desperaatheid uitgeroep het:  “die vrou is nie reg in haar kop nie”

Verder het ek nie tyd of energie om verder oor die seer van verlede week te loop en dink nie.  Ek moet op die oomblik saam met my gesin in ‘n baie nou klein laer bly en net sorg dat ons “oorleef” 

Het jy al ooit gevoel hoedat dit later voel asof alles deurmekaar raak en dat dinge soms selfs op profesionele vlak uitmekaar begin val?  In die verlede was ek iemand wat my baie vinnig in my werk en/of studies kon gaan toesluit en baie diep daarin wegkruip.  Ongelukkig het ons aan die begin van die maand ‘n nuwe lid op die bestuurspan gekry en in my huidige deurmekaar toestand het ek begin twyfel of dit wat ek hier doen reg is en of ek nie dalk iewers anders moet heen gaan nie.  Wat dit natuurlik aangehelp het is dat iemand anders graag belangrik wou lyk en begin het om ‘n skinderveldtog te loods wat ‘n hele paar mense betrek het.

Teen Dinsdagmiddag het ek genoeg gehad en in my kollega se kantoor ingestap en haar mooi vertel ek hou nie daarvan om dinge in die gange te hoor nie.  Soos ek se was ek vanoggend eers weer op kantoor en ons het toe lank gepraat en uitgevind dat die ander persoon besig was om ons teen mekaar af te speel.  Die rede het ons nie eers probeer soek nie.  Ek moet ook ‘n spesiale dankie se vir ons CEO wat opgestaan het en gese het ons kan nie nog personeel verloor nie.

Katjiepiering, wat kan ek se van jou comment.  Strek wees, vrou, die ergste is nog lank nie verby nie.  Ek is net bly jy kon getrou aan jouself gewees het, daardie eerste stap is die moeilikste.  Stuur maar ‘n posbuif as dinge swaar raak. 

Die krisis wat daar verlede week in ons lewens was, was nie direk omdat ons lesbies is nie, dit was doodeenvoudig iemand wat besluit het ek wil julle seermaak, maak nie saak oor wie ek loop en vir wie ek trane veroorsaak nie.

Hoop ons kan later weer kuier.

ingrid8

Advertisements

8 comments on “Ek is hier

  1. katjiepiering sê:

    Dankie Ingrid! Sterkte vir jou ek weet as mens so rou is van anner mense se agteraf geskinner en totale onbegrip, kan mens nie eers dagdroom nie. Kan mens nie eers aan Jesus dink nie. Kan mens nie slaap of eet nie. En al wat oorbly is hoop , geloof en liefde… en pille en sigarette en wyn en KLIPHARDE worship musiek for I am FOEREVER greatful Lord!

    Maar die grootste hiervan…

    Much love

  2. katjiepiering sê:

    ooops en ek kan nog steeds nie spel nie 😦
    oh well
    😆

  3. katjiepiering sê:

    😆

  4. katjiepiering sê:

    WELKOM terug! Of soos hulle in Scottish Gaelic (Gàidhlig) sou sing : Fàilte!!!♪♪

  5. katjiepiering sê:

    Fáilte…. in Iers Gallies! Ja!♪â♪

  6. Smurf sê:

    Ingrid,

    Ek kan so tussen die lyne lees dat daar baie seer betrokke was die week vir jou, hoop dit gaan al beter. Ek kan net eending sê maarskaplike werkers het ek nie baie ooghare voor nie, ek het al gesien hoe neuk hulle mense se lewens op deurdat hulle dink hulle is so baie slim, hulle maak mense ontsettend seer en weet meeste van die tyd net mooi niks van die persoon af wat hulle so seermaak en ook die kinders nie. Hul mensekennis is min, en geen lewenservaring dra ook nie by tot hul begrip nie, alles word uit die boek geleer en dan wil hulle volgens die boek praat en almal se lewens kom ongelukkig nie voor in hul boek van alle kennis nie. Jy kan hulle ook niks vertel of met hulle redeneer nie, as die boek sê dit is so, dan kan hulle niks anders verstaan nie. Hulle is gewoonlik te slim vir hulself en luister buitendien nie na ‘n woord wat jy met hulle praat nie, maak of hulle luister maar al wat in daardie koppie aangaan is,”ek weet ek is reg! jy kan maar praat ek luister net mooi klokol!” Ek het dae saam met ‘n vriendin gehuil oor die dom geit van maatskaplike werkers, baie dae en nagte se hartseer en hel wat hulle veroorsaak het onnodig.

    Mens kan seker ook nie veralgemeen nie daar is darem die wat wel meer mensekennis het en weet wat hulle doen, maar ek dink soms hulle is beslis in die minderheid.

  7. Wila2 sê:

    Baie goed gesê/geskryf Smurf, ek stem saam.
    EN welkom terug! Ek en Smurf het maar so op ons eie koffie gedrink en koekies geeet.’n Mens mag mos nie kos mors nie. Ek maak gou nuwes en sit vars koekies op. 😆

  8. Smurf sê:

    Wila2,

    Weet jy wat my ook grief van sommige maatskaplikke werksters is dat hulle krap aan mense waar daar niks fout is nie, normale kinders normale omstandighede maw. dood normale gesinne, oor niks, maar waar daar regtig ingegryp moet word en hulp dringend nodig is maak baie van hulle of hul niks sien of hoor nie, ( en dit is ook die waarheid ook al gesien hoe hulle dit ignoreer) Ek praat hier van ‘n klein dorpie en ek het sterk die “werkster” se kwalifikasies begin betwyfel, sy was ook nie die skerpste potlood in die pakkie nie. Sy het duidelik net ‘nrol gespeel en geen clue gehad waaroor dit gaan nie.

    Maar weereens sal ek duidelik stel dat daar wel maatskaplikewerksters is wat weet wat hul doen en wat wel mensekennis en lewensrvaring het, en wat regtig omgee vir ander. Hul doel is nie om gesinne te vernietig nie maar om gesinne wat gelukkig is bymekaar te hou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s