Wanneer help ek en wanneer doen ek skade?

Heel eerste wil ek se dat my hart so bitter seer is vir Ogies en haar familie.  Ek wil julle ‘n stywe druk gee en vashou en meer as alles wens ek ek kan daardie seer van julle wegvat, maar ongelukkig kan ek niks meer doen as om te se ek verstaan en ek gee om nie.

Ek lees die comments, ek sien wat skryf Smurf en ek lees die mails wat ek kry en ek weet daar is stukkende mense om ons elke liewe dag en dat soveel mense seer gemaak word deur mense wat veronderstel is om hulle te help.

Briewe wat vertel van SAPS lede wat nie ‘n duiwel omgee om op te tree wanneer daar aangemeld word dat iemand aangerand word deur haar man nie.  Maatskaplike werkers wat gesinne uitmekaar skeur sonder om te dink wat die gevolge is.

Net soos Smurf se ek ook daar is bekwame mense met omgee in hulle harte, maar ongelukkig is dit ‘n beroep waarin daar ‘n tekort is en sodra daar ‘n tekort is sien sommiges dit as ‘n plek waar ek werk kan kry, of ek dit regtig wil doen of nie, dit maak nie saak nie.

Daar was ‘n vrou wat vir my gese het tydens die tye met die krisis wat ek met my eie kinders gehad het dat sy sal sorg dat die kinders by my bly, haar woorde was reguit, “ek sal weet wanneer hulle jou ondersoek en ek sal sorg dat jou kinders by jou bly, want ek weet dis die beste plek vir hulle en as jy nie kos in jou kaste het nie sal ek dit daar sit”  Ongelukkig is sy weg van die dorp af voor die ondersoek plaasgevind het.  Toevallig was daar genoeg kos, klere ens in my kaste, maar die betrokke maatskaplike werkstertjie het tot vandag nog nooit eers haar voete in my huis gesit nie, maar sy het wel ‘n verslag aan die hof voorgele wat gesorg het dat my eksman vrye toegang tot my kinders het.  ‘n Verslag wat veroorsaak het dat ek verlede jaar met my kinders Johannesburg toe gekom het om tyd te probeer kry om weer ‘n band met hulle te bou en om nie oor ‘n maandeinde by die huis te wees wanneer hulle spermdonor in die nag dronk by my huis sou opdaag en ons kom terroriseer nie.  Vandag kan ek daarna terug kyk en wil ek haar eintlik bel om dankie te se vir die guns wat sy my gedoen het, want die Vader het geweet dit is waar ons moet wees.

Ek stap ‘n pad saam met mense wat tans in ‘n tsoenami ronddobber en om hulp skree.  Ek is nie bereid om in die minste hulle identiteit te verraai nie, maar in bree is dit wat baie onlangs nog met hulle gebeur het.  ‘n Kind rand sy ma aan, hy wil he die res van die gesin moet verdwyn, want hy wil he dit moet net hulle wees.  Verwyte word aan haar geskree totdat sy in ‘n stukkende bondeltjie rondgestamp word.  Kinders in hulle vormingsjare word hieraan blootgestel, hulle kruip bang weg, want wat as ons ook sy teiken word.  Eie aan myself gaan steek ek my neus daar in, ek verjaag die aanvaller, want op daardie oomblik sien ek ‘n groep stukkende mense wat deur ‘n amper grootmens bereig word.  Ons begin vir hulle hulp soek en die volgende reaksie word verkry:

Maatskaplike werker nr. 1 – die hele gesin moet vir berading kom en leer om te kommunikeer, die ma moet die kind nurture. Ja ek stem saam, maar die ma is te stukkend om enige sulke emosiese te ervaar, daar moet iets anders wees wat kan gedoen word.  Wat van die res van die gesin?

Counsellor by Boys Town – die kind moet uit die gesin verwyder word, ma en kind moet apart terapie kry totdat die band herstel kan word.  Sodoende word die hele gesin insluitende die probleemkind ‘n kans gegun om heel te word en ‘n band te herbou.  Hierdie siening word deur meer as een persoon gesien.  Ek spandeer ure met dr. Dawie (hy’t ‘n dokorsgraad in maatskaplike werk) op die telefoon en hy stem ook saam dat dit die regte ding is.  Om dit te laat gebeur moet daar ‘n maatskaplike verslag wees.

Volgende maatksaplike werker – bel die polisie en laat die kind toesluit, die hof sal hom dan verwys na ‘n plek van veiligheid. Weer bel ek dr. Dawie – die vrou is mal, is sy reaksie, daar is nie ‘n manier hoe terapie suksesvol kan wees terwyl niemand belangstel om te luister en/of te stukkend is om werklik deel van die proses te wees nie.  Ek weier ook om ‘n jong kind veral oor ‘n naweek in ‘n polisieaanhoudingsel te laat toesluit.  Hoeveel meer trauma moet daar dan aangerig word?  Die arme ma staan voor my, haar hele lyf bewe en ek kan duidelik sien sy is op die rand van ‘n algehele ineenstroting.  Die kind gee nie om nie, sy reign of terror duur voort.

Hoeveel gee ons werklik om?  Help ons of doen ons skade.  Is dit wat in die boeke staan belangriker as wat in die praktyk nodig is?

Advertisements

3 comments on “Wanneer help ek en wanneer doen ek skade?

  1. Ogies sê:

    Ai Ingrid. As ek so van ander se hartseer hoor besef ek hoeveel daar in my eie lewe is om voor dankbaar te wees. Ek kan nie verstaan dat die mense wat sogenaamd “bevoeg” is om ‘n oordeel oor ander se lewens te vel, eintlik net k@k kan kwytraak en vannaand lekker in hul bedjies lê en snork nie. Ek wou nog altyd ‘n maatskaplike werker word. Maar met toetse by die Universiteit het nog so ‘n “bevoegde” persoon gesê dat ek te emosioneel betrokke sal raak en myself in die proses sal vernietig. Tot vandag toe nog is ek spyt. Ek glo ek sou ten minste die verstand gehad het om te kan sien wat regtig aangaan!!!

  2. ingrid sê:

    Ek stem totaal met jou saam. So dikwels word ons lewens gereel en toutjies getrek deur mense wat jou ‘n paar vrae vra en ‘n paar toetse doen en dan skielik presies weet waar jy hoort.

  3. ingrid sê:

    Hey monie aannames maak nie. Ek praat nie eers eers van mense na aan my nie. As jy nie die feite het nie word wakker gaan liewer na jou kerk toe en watter tipe christen is jy nogal om ander so maklik te veroordeel van wanneer af het jou naam in God verander laas toe ek gecheck het was Hy die enigste een wat mag oordeel!!! Doen my ‘n gusn bly weg van my blog af, kry jou eie lewe en los myne uit!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s