*&$#@*

images“When angry, count to four. When very angry, swear.”
– Mark Twain

Kyk as ek nou vandag of hierdie week hierdie raad gevolg het sou daar seker nie genoeg vloekwoorde gewees het in my klein breintjie om te se hoe kwaad ek is nie.

 

Ja, jy het sekerlik agter gekom my comments is onder moderation geplaas.  Mense ek verstaan nie mooi nie, of is daar mense wat nie mooi verstaan dat hierdie blog pro-gay is nie?

 

Ek vra jou nie om jou man of vrou te los en gay te word nie.  Ek het niks teen heteroseksuele, biseksuele of homoseksuele mense nie.  Waar kom sommiges vandaan om my skielik so uit die bloute uit tot die diepste donkerste dele van die kosmos te wil stuur net omdat ek lief geword het vir ‘n vrou?

 

Kom nou ouens, watter skade doen ek of dan ons twee nou dalkies aan jou?  Ons is lief vir mekaar, lief vir ons kinders, ons kinders wil by ons wees, ‘n gesinsadvokaat het beslis, met die hulp van ‘n kindersielkudige en maatskaplike werker dat die kinders by ons mag wees.

 

Die vorige keer het iemand dit probeer om ons van kindermishandeling te beskuldig omdat ons kinders in ‘n same sex huis groot maak.  Regtig ek het gedink ons het al oor en oor hierdie dinge bespreek, bepraat, daaroor gelees, teologiese dinge gaan navors en al daai ander vermoeiende dinge gedoen.  Nou sommer skielik so uit die bloute is daar ‘n aanval op ons en ons leefstyl.

 

Iemand wat ek van geen kant af ken nie het die vermetelheid om te se:  More duidelik gaan dit beter met my as met jou.”  Wat enige iemand die indruk gegee het dat dit nie tans met my goed gaan nie sal ek nie so mooi weet nie.  As jy dalk voel jy het nodig om te weet.  Ek en Hannie is lief vir mekaar, ons werk vrek hard, kom laat by die huis en is op ons gelukkigste wanneer ons saam is.  Gisteraand het Amber hulle vir ons ‘n “show” gehou toe ons van Shoprite af terug gekom het.  Hulle het ‘n tafel vol kerse gepak, van hulle lekkers vir ons aangedra met briefies by waarin hulle se dat hulle lief is vir ons.  Hulle het tot ‘n dansvertoning op die maat van drie Kurt Darren liedjies gehou.  So ja, dit kan seker met baie mense beter gaan as met my, maar daar is geen rede om te dink dit gaan nie goed met my nie.  Ek was die week redelik stil op die blog, want een van die dames in ‘n ander department was met verlof en ek moes haar werk saam met myne doen, so daar was nie juis kans vir koffie drink nie, dit beteken nie dit gaan sleg nie.  Julle wat REGTIG gereeld hier rondhang weet ook noual dat as dit met my sleg gaan is ek geneig om dit hier te se, want julle liefde dra ‘n ou deur swaar tye.

 

Kyk ek se mos lankal om te blog is terapie, ek voel al klaar beter, die woede daar aan die begin het plek gemaak vir rustigheid, dalk help dit om dinge in skrif te sien en kan ‘n mens dan sien dit maak eintlik nie saak wie dink wat van jou en of hulle nou dink jy is gelukkig of nie maak nie soveel saak nie net solank jy gelukkig is hier diep binne jou hart en die feit dat daar vanmiddag iemand sal wees wat bly gaan wees dat ek tuis is, maak die gewone krapperighede by die werk ook die moeite werd.

 

Lekker naweek vir julle almal en ‘n groot spesiale dank aan Bennie en Eugene vir julle mooi woorde en baie welkome oproepe.

 copy-of-img_4485

 

Advertisements

4 comments on “*&$#@*

  1. Cupcake sê:

    Hello Ingrid, my eerste inloer hier by jou. Ek het vir jou ‘n briefie gestuur maar is nie seker of dit jou korrekte email addy is nie. Sal jy laat weet groot seblief?

    Lekker dag vir julle!

  2. ingrid sê:

    Cupcake, baie dankie, ek het jou mail gekry en ‘n antwoord gestuur.
    Geniet dit daar in Oz, hoop om jou gou weer hier te sien. 😆

  3. Ogies sê:

    Nou wonder ek wat sou dan ‘n beter plan vir die persoon wees? ‘n Huis waar pa vir ma slaan, die kinders aanrand en molesteer. Waar ma dalk ‘n alkholis is en emosioneel dood is vir haar kinders? Of waar pa en ma onder die broodlyn leef en die kinders maar net saam ploeter? Ek is nie pro enige iets nie. Ek KIES vir ‘n “normale” gesin, soos EK glo God geskape het, man en vrou. Maar veroordeel iemand omdat hul kies om anders te leef?? Nooit!! Ek is bly julle kiddies is gelukkig. En uit vorige posts kan ek sien dat jy enige iets sal doen om jou kinders te beskerm!

    PS: Wil nou ‘n wilde klip in die bos gooi. Oral lees en hoor mens, sien op TV hoeveels mans ‘n fantasie het om 2 vroue in die bed te sien of te hê. Nou wat nou?

  4. ingrid sê:

    Ogies, ek smile vir jou PS 🙂
    Ja, jongie ek stem saam, die ideaal vir die meeste mense is sekerlik ‘n gelukkige heteroseksuele verhouding, maar ek het ook al hier gese dat Amber self al vir my gese het dat sy veel eerder by ons wil wees as wat sy ooit sou gekies het om weer vir my en haar pa bymekaar te wil he, want nou is daar vrede en liefde.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s