Vuil naels

Ja, Willa kom vra hoe kry sy die ink van haar nael af.  Ek sit en sukkel met dieselfde ding.  Ag nee wat dis sekerlik nodig om “gemerk” te word, maar kan hulle nie aan ‘n ander manier dink nie.

Kom ons ontwikkel ‘n soort ink wat net vir 24 uur op jou nael sal bly, of ons kry ‘n manier om die IEC beampte te laat verstaan dit is nie nodig om 5ml ink op jou nael uit te smyt nie!  Die goed het mooitjies om die kante van my nael verspre en nou stap ek rond met ‘n nael wat lyk asof dit vuil is.

Dit laat my wonder wat het die dames met die akriel naels gedoen?

Tewyl ons nou op die topic is, ek kry hierdie van ‘n kollega af: germfarm

Ons sit en gesels oor hoe vinnig mense vergeet wat jou ma jou geleer het; was jou hande as jy badkamer toe was.  Hoeveel keer stap mense by jou verby in ‘n openbare toilet sonder om hande te was?  Nou wonder ons wanneer iemand jou met die hand groet is dit so ‘n goeie plan?  ‘n Vriendin blog nou die ander dag oor mense wat jou soengroet en hoe sy soms gril daarvoor.  Dalkies is daai sterk handdruk waarmee ons pas en oupas ‘n man beoordeel het ook nie meer so ‘n goeie plan nie.

ingrid-handtekening2

Advertisements

3 comments on “Vuil naels

  1. Wila2 sê:

    Op my vinger het die beampte ‘n eislike blop gelos, wat oor my nael en vel versprei het. Die res het sy liggies op my man se nael gedruk. Hy het slegs ‘n klein kolletjie.
    Ek dink nie iemand sal my hand wil druk nie. Dit lyk en voel vuil.
    Ek begin nou ook ernstig oor handdruk tyfel. ‘n Mens weet mos nie waar daardie hand laas was nie. Nou maak ekke myself sommer naar.

  2. ingrid sê:

    Ja, nee Maat, ons het van daai posters geprint en in die toilette gaan opplak, hoop maar iemand sal hulle daaraan steur. 🙂

  3. Hi, nice post. I have been wondering about this topic,so thanks for posting. I will definitely be coming back to your posts.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s