Ag shame Yolanda

 More getroue vriende.  Smurf, kyk my maat hier kom ‘n ding.  Hannie kom gister van Shoprite af met die Sondag en daar kom kondig onse betroubare vyand Yolanda aan dat haar boek eersdaags beskikbaar is.

 Voordat daar mense is wat kla dat julle verveel word, vat jou muis en gaan click gou op daai X daar bo in die hoekie, asseblief tog? Want hierdie in in essens ‘n brief aan Yolanda Barnard en haar skoothondjies:

 20090516165857yolandaYolanda, jou arme stupid d**s.  Jy kom met al jou wonderlike kennis, wysheid en insig op die ouderdom van, was jy al 28  2 jaar gelede? en jy val die land se liefling aan.  Jy kom breek illusies en drome, jy vernietig saam met jou vriende ‘n gesin, ruk mense se harte uit mekaar uit en dan wil jy kom en se :  ‘Sy onthul ook vir die eerste keer die pyn wat sy ervaar het nadat sy van Steve Hofmeyr se buite-egtelike verhoudings op die lappe gebring het.  Steve en van sy ondersteuners het daagliks op sy blog deeglik in haar karakter ingeklim.  Van die skelname wat besonder seergemaak het, is dat sy as ‘n tepelteef uitgekryt is. Dit was moeilik om te verwerk, veral omdat ek net die waarheid wou laat uitkom het, se sy’

Ag sies tog, ag shame ag f*k tog; soos ‘n vriendin altyd gese het.  Ek belowe jou jy het nog niks gesien nie.  Hoe gaan jy nou nogal keer dat dit seer is, want meisietjie jy vat mense aan wat vir jou sentimeter vir sentimeter sal disekteer.  Jy kom mors met mense se drome.  Ek praat nie net van Steve nie, and by the way jy’s nie eers werd om sy naam te se nie, maar ek dwaal af.  Hierdie land is in ‘n ekonomiese ressessie.  Mense het iets nodig om aan vas te hou.  Hulle het iemand nodig hom hulle hoop te gee dat dit weer beter sal gaan.  Jy wil nou in hierdie tyd kom en helde soos:  ‘Theuns Jordaan, Dozi, Patricia Lewis, Kurt Darren en (kan jy glo) Paris Hilton’  se beeld kom uit mekaar ruk.

 Hoe vlekkeloos is jy, mej. loop en val?  Ja heel tereg het jy jou inligting in die vroeer oggendure by partytjies en langs kroegtoonbanke gekry, hoeveel keer was jy nugter genoeg om daar uit te loop, hoeveel keer het jy jou soos ‘n dame gedra?

 Moenie vergeet nie, wat jy uitdeel moet jy ook kan ontvang.  Laat hierdie antie nou vandag vir jou ietsie vertel en gelukkig is dit reeds te laat:  daar is iets soos Karma en die slegte wat jy doen gaan drie keer na jou toe terug kom.  Nog ietsie, die Bybel se dat dit wat jy steel 7 keer van jou verhaal gaan word.  Geniet die geld wat jy uit jou boek uit gaan maak, wees net voorbereid dat die geluk van jy van mense steel deur hulle drome te vernietig en die seer wat jy ons sterre aandoen van jou verhaal gaan word.

 Ja ons het jou name genoem op SSSB, ek was een en ek het jou en jou tjommie Gavin Prins ook al ‘n paar dinge hier toegesnou, maar as jy gedink het dit was erg en jou hartjie het seer geword,  watch this space…

 Ons kan nie ‘n week begin en dit net aan een arme dom dogtertjie opdra nie.  Vriende wees op die uitkyk vir onse Steve se nuwe cd, soos altyd amazing, ek is al eintlik moeg om dit te se, maar dit is een van sy bestes nog.  As daar nou ‘n cover is wat Steve mag doen is dit Neil Diamond en as van die media lede gedink het hulle gaan sy thunder steel met onbenullige boek uitreikings wat nogal mooi getime is om saam met sy cd launch te val, dink maar weer.

slide7

 Solitary Man:

 Disc 1:

  1. He Ain’t Heavy, He’s my Brother
  2. Cherry, Cherry
  3. I Am … I Said
  4. Sweet Caroline
  5. Crunchy Granola
  6. Holly Holy
  7. I Got The Feeling
  8. Do You Know What I Mean?
  9. Cracklin’ Rosie
  10. September Morn
  11. Brother Loves Travelling Salvation
  12. Love on the Rocks

 

Disc 2:

  1. Porcupine Pie
  2. Don’t Turn Around
  3. Brooklyn Roads
  4. Girl You’ll be a Woman Soon
  5. Play Me
  6. Be
  7. Thank The Lord For the Night Time
  8. Cantelibre
  9. Solitary Man
  10. Let Me Take You in My Arms Again
  11. Morningside
  12. Pampoen (New Version) – Bonus Track

 deco-witch-broom

Advertisements

7 comments on “Ag shame Yolanda

  1. Wila2 sê:

    Wel ek gaan haar beslis nie ryk maak nie. Ek gaan nie haar boek koop nie. Sy kla oor pyn wat sy ervaar het??? So sy wil uitdeel ruim, maar niks terug ontvang nie? Ek dink nie dit kan enigsins vergelyk met die pyn wat sy veroorsaak het in baie se lewens nie.

  2. ingrid sê:

    As ek ‘n prentjie van ‘n mannetjie gehad het wat hande klap was hy nou hier net vir jou Wila2.
    Smurf, hoe het jy daai note by jou comment gekry?

  3. Wipneus! sê:

    Whahahahahahahaaaaaaaaa :mrgreen:

    Heksie maar jy is kwaai!!!

    Ek stem 100% saam. Sy kan regtig nie kla oor seer en swaarkry na alles wat sy aangevang het en nogsteeds aanvang met die publikasie van die boek nie. Kan mens nou regtig jou naam so met ‘n plank slaan??? 😯

    Sy dink nie aan die mense agter die sterre nie, hier praat ek nou sommer van Joost en Amor. Amor kry swaar, het hierdie mense nie verstand nie, of simpatie nie?????? Ek sê soos ek nog altyd sê: wat het die sterre se privaat lewens met ons te doen. En daai storie van as jy ‘n ster is dan……. tjol man, jy koop die persoon se cd of gaan na sy vertonings, die ster het definitief nie sy privaat tyd aan jou verkoop nie.

    Ek sal nie daardie boek koop nie, glad nie my cup of “tea” nie. Daar is baie ander boeke wat ek eerder sal wil lees. 👿

  4. Smurf sê:

    Ek dink dit is net die Kuifenator bende wat har boek gaan koop, hoeveel lede is daar nog in die bende? moontlik so 5 getroue aanhangers 😆 Ek hoop die sangers en ander kunstenaars nooi haar nooit weer na enige geleentheid of optrede toe nie, en ook nie haar kamtige vriende nie dit sluit ou Gavin en Egan in! Lyk my Irene van Wyk is maar net so in die Glitterati clan se holle in op gekruip! Kan Irene van Wyk regtig skinder oor enige mens in die wêreld??? Ek dink sy oortref almal met haar k*k wat sy al aangejaag het!! 👿

  5. Marnelle sê:

    Wow!!! Voor ons helde maak van totale poepholle wat hulle vrouens verneuk en kommin blondes wat in blou films verskyn het en nou kinders het – DINK! Wat is Yolanda slegter as die twee hierbo genoem. Ek het die boek gekoop en as ‘n totale “new-comer” tot die skinder scene – ek het nooit glitterati gekyk nie omdat Dorette vir my te plastic was amongst other reasons – moet ek eerlikwaar se dat behalwe vir een of twee feitfoute soos dat PJ Powers Bill Flynn se eerste vrou was en so paar plekke waar die s by ‘n meervoud afwesig was – vind ek die girl se skryfstyl lekker en humoristies. Ouens – sy verneuk nie haar vrou/man nie en sy verskyn nie in bloufilms nie! Come-on – julle vaar so uit oor waardes – julle “helde” se waardes is maar redelik fucked up! My suster is ook die slagoffer van ‘n man met Steve-sindroom – wat los en vas spyker – en elke keer sien ek hoe nog ‘n stuk van haar afbreek maar sy is ongelukkig lief vir die fokker. Ek hoop Steve se voël vrot af! Yolanda – BEGRAWE die bliksem!!!! Viva Yolanda!

  6. Marnelle sê:

    Net ter nagedagtenis – Yolanda – met begrawe die bliksem bedoel ek gaan grawe elke sonde uit – van 7de laan tot Bloem – hy en sy broer Goose was maar rof en het baie vinnig ‘n kroeg leeg geslaan. Ons studente het die Hofmeyr boeties vermy so ver moontlik. Of dit nou jool was of watookal. Daar was altyd ‘n geveg. Jammer. As dit jou meetstok vir ‘n held is of ‘n man en vrou soos Amor wat so plastiek is – regtig mense. Get real.

  7. hou jou vun dop sê:

    fokken neuk almal se lewens op, sies vir jou, jy kry net die lekker om n nuwe storie te he maar weet nie wat regtig diep onder aangaan nie, ja mense maak verkeurd en maak foute maar dis geen reg om te doen wat jy doen

    skaam my dood dat jy nog n vrou is ook en altyd dronk se nogal baie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s