Wind beneath my wings

...............................................................

Ek kom by die werk na ‘n baie slegte nag.  Daar is twee siek kinders by die huis en daar is nie ‘n manier waarop ek of Hannie vandag nie kan gaan werk en ons kinders kan versorg nie.  Uiteindelik vat ek die laaste opsie, stuur vir Quiton en Vlooi skool toe en Amber en Pokkel moet saam met my werk toe en die hele dag in my kantoor sit en op stoele slaap 😦

Ek gaan sien my bestuurder en verduidelik vir haar dat ek vroeg wil loop om die kinders by ‘n dokter te kry.  Amber is relatief maklik, want sy’t medies, maar met Pokkel moet ons die staat sisteem gebruik en as jy eers in die middag by ‘n kliniek instap is die kans goed dat hulle jou of nie gaan help nie, of jy sal die hele dag daar spandeer.

Julle verstaan nie hoe ek uitmekaar kan val as ons kinders betrokke is nie.  Ek het gisternag al gele en rondrol en worry oor wat om nou te doen.  Die trane sit ook nie ver nie om van die woede nie eers te praat nie.  Ek kan die twee sussies nie op my medies sit nie, want hulle is nie my kinders nie, hulle pa is verantwoordelik vir hulle mediese uitgawes, maar kies om nie daaroor te worry nie.  Ons het nie ekstra geld beskikbaar om privaat mediese dienste kontant te betaal nie en die dokters en aptekers soek geld voordat hulle ‘n kind sal sien, daar’s nie so ‘n ding van:  “Ons sal die rekening vir die pa stuur nie”

Ek gaan loer op die blogs rond en Ogies inspireer met haar inskrywing.  Petro vertel van haar wen cd en ja Petro ‘n wen cd is dit in meer opsig as een.  Maar die grootste inspirasie om my deur die dag te kry is julle comments op Vrydag se verjaardag blog.  Baie dankie, julle is die wind onder my vlerke, julle gee my krag om weer te tik en te praat en soos julle weet is dit my beste terapie, want as dit uit is voel dit sommer ligter.

Natuurlik die sterkste lugstroom wat my dra wanneer ek van daardie krans afspring is Hannie se liefde en vertroue en omgee.  Soos julle weet kan ‘n arend nie soos ‘n ander voel net opstyg sy vlerke klap en begin vlieg nie, hulle moet van ‘n krans afspring en deur die lugstrome gedra word anders val hy hom dood op die rotste daar doer onder.  Baie dankie dat julle my dra en bowe al dankie Engel dat jy daar is om te troos en alles in jou vermoee te doen om dinge beter te maak.

“Wind Beneath My Wings”

Oh, oh, oh, oh, oh.
It must have been cold there in my shadow,
to never have sunlight on your face.
You were content to let me shine, that’s your way.
You always walked a step behind.

So I was the one with all the glory,
while you were the one with all the strength.
A beautiful face without a name for so long.
A beautiful smile to hide the pain.

Did you ever know that you’re my hero,
and everything I would like to be?
I can fly higher than an eagle,
‘cause you are the wind beneath my wings.

It might have appeared to go unnoticed,
but I’ve got it all here in my heart.
I want you to know I know the truth, of course I know it.
I would be nothing without you.

Did you ever know that you’re my hero?
You’re everything I wish I could be.
I could fly higher than an eagle,
‘cause you are the wind beneath my wings.

Did I ever tell you you’re my hero?
You’re everything, everything I wish I could be.
Oh, and I, I could fly higher than an eagle,
‘cause you are the wind beneath my wings,
‘cause you are the wind beneath my wings.

Oh, the wind beneath my wings.
You, you, you, you are the wind beneath my wings.
Fly, fly, fly away. You let me fly so high.
Oh, you, you, you, the wind beneath my wings.
Oh, you, you, you, the wind beneath my wings.

Fly, fly, fly high against the sky,
so high I almost touch the sky.
Thank you, thank you,
thank God for you, the wind beneath my wings.

ingrid (2)

Advertisements

9 comments on “Wind beneath my wings

  1. Wila2 sê:

    Sjoe ek sien hier het omtrent baie gebeur terwyl ek weg was.
    Baie geluk met jou verjaarsdag en ook met jou blog se verjaarsdag. Al is dit ‘n bietjie baie laat.
    Sterkte daar met die siek kinders. Hoop jy is darem self al gesond.
    Klink omtrent na ‘n blou maandag vir jou.

  2. ingrid sê:

    Dankie Wila2, ja gelukkig voel ek darem al beter. Dankie dat jy ‘n vinnige posduif gestuur het gelukkig kan die koue hulle nie keer nie. Mooi dag vir jou 😉

  3. Ogies sê:

    En as die wind nie meer waai nie Ingrid, sal ons jou daar op die hoë pieke kom soek en saam jou wag totdat die wind weer opsteek!! 😉 Sterkte met die siek kindertjies. Is die mense by jou werk darem ondersteunend en verstaan hul darem jou situasie?

  4. ingrid sê:

    Ogies, jy laat my sommer huil. Baie dankie vir jou mooi woorde. My direkte hoof is nuut en sy’t nie ‘n benul wat dit beteken om klein kinders te he en om vir hulle om te gee nie. Haar ma en extended family het haar kinders groot gemaak. Ek het haar nou oortuig dat ek teen 13h00 kan huistoe gaan. Gelukkig is die fisioterapeute wat op die perseel is wonderlik. Hulle het ‘n vertrek met bed en TV beskikbaar gestel vir die kinders om in te le.
    Mooi dag en dankie vir jou liefde ek voel dit deur al die kilometers ver. Jy laat my altyd terug dink aan my Ouma sy’t in Dundee gebly en ons het vakansies daar deur gebring en by my ook op Hlobane gaan kuier…

  5. Wipneus! sê:

    Sterkte met die siek kinders!!!

    Wind beneath my wings…. hierdie liedjie kom my in ‘n sekonde in ‘n trans laat gaan oor al die engele in my lewe!! Daar is so baie, dat as ek almal moet noem gaan ek jou blog crash!!! Maar hulle gee my wind en ek vlieg hoog!!!

    Jy moet kyk die wind waai lekker daarbuite, dis net ekke wat vir jou bietjie wind gestuur het, jammer vir die koue daarmee saam, ek dink my magic tricks het bietjie deurmekaar geraak!! 😉 whahahahahaaa

  6. boebelaberry sê:

    Baie dankie dat jy kom kuier daar by my. Het my “geskenkie” Woensdag more ontvang en is nou die trotse eienaar van my eie Solitary man. Baie sterkte met die krose en vertrou dat dit vinnig darem beter sal gaan. Hou maar op hoogte en dankie vir die lekker gesels.

  7. Sharpshoot sê:

    Hi Ingrid. Sterkte. Nota: ‘n Arend kan opstuig sonder wind…, even die Albatros kan, daai windjie maak die sweef net soveel makliker. Maar ek verstaan natuurlik wat jy bedoel. Dis daai ‘windjies’ in ons lewens wat so broodnodig is.
    Groetnis.

  8. ingrid sê:

    Baie dankie julle, Sharpshoot, nice surprise en dankie vir die inligting.

  9. Wila2 sê:

    Ek wou net bekommerd begin raak, maar ek sien jy is weer met ons Ingrid.
    Ek hoop dit gaan al baie beter met al die siekes.
    Sterkte daar en lekker naweek vir almal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s