Hoe werk liefde?

Kan iemand hierdie vraag vir my beantwoord, asseblief tog?

Ek besef vanoggend weereens dat daar iewers in die kosmos Iemand is wat beter weet as ons.  Daar is ‘n hele paar goeie redes waarom ek nie meer ‘n skootrekenaar of internet na ure het nie, een van hulle het ek gister weer duidelik gesien.  Rapport beland in my hande en my eerste reaksie is woede, woede wat vinnig verander in seer, seer vir iemand wat gebruik word, sleg gemaak word, seer gemaak word, nie een keer nie, maar weer en weer en weer.  Ek dink terug aan die seer so, ag nie eers baie meer as ‘n jaar gelede in in die oe van dieselfde persoon wat so baie so graag wil stenig, oor die verraad van ‘n vrou wat hy geglo het hom lief het en wie se liefde toe vinnig ‘n price tag gekry het.  Ek onthou die klippe wat ek self ook toe gegooi het, ek onthou hoe ek moes gaan se:  “vergewe my, ek was verkeerd, dit het niks met my te doene gehad nie en ek het nie aan jou gedink nie”. 

Intussen het soveel dinge gebeur, ek kan eintlik nie glo dat soveel binne veertien kort maande kon verander het nie.  Ek praat vanoggend met Hannie en sy vra:  “asseblief luister net hierdie een keer na my, moenie toelaat dat dit jou verder onstel nie.”  Dit was so drie ure gelede en ek het mooi gedink en dit wat ek eintlik wou kom skryf sal ek nie skryf nie, maar ek wil toe ‘n paar vrae vra aan die vreeslik verontregde Me. Natasha:

  • Het dit jou werklik 9 jaar en 10 maande gevat om te weet jy’s in ‘n ground zero huwelik?
  • Was julle werklik vuur en ys en as dit so was wonder jy nog hoekom hy “jeukerig” geword het?
  • Al die Steve skande en sensasies, kom nou jy het konkrete bewyse gehad in April/Mei 2007 al voor dit hoeveel skandes en sensasies was daar?
  • ‘n Blog?  Onthou jy hoe jy Steve aangeval het omdat hy ‘n blog gehad het?
  • Sy hoef nie eers Pampoen te sing nie, sy’t ‘n ster op haar eie verhoog geword – ‘n verhoog wat op die naam Steve Hofmeyr gebou is en terloops sou jy nog ‘n ster kon wees as hy nie Pampoen gesing het nie?
  • Steve is op die oomblik lelik met my – rerig, hoe was jy vir 16 maande met hom?  Ek vergewe jou, kom ons gaan aan; oormore weer, nee wag ek’t nog nie besluit of ek by jou wil wees nie?
  • Weereens die woordkeuse:  sy klappe kry ‘n ieeee uit my ego – is die bedoelinge weer om mense te laat dink dat jy fisiek aangerand was of steeds word, of is dit die joernalis se vertaling van die onderhoud wat beslis in Engels was wat hierdie indruk wou skep?
  • Ek probeer fokus op myself – werklik dis seker maklik as jy op die rug kan ry van iemand wat jare gelede al ‘n ster was
  • Jy flatline emosioneel, dit was Steve en Janine se verhouding wat daardie senuwees weer laat lewe het, m.a.w. jy wil werklik he ons moet glo dat jy vir 8 jaar emosioneel afgestomp was en net bestaan het.
  • Natasha was altyd die derde een – jy vergelyk jouself met Di se huwelik, dus wil jy nou voorgee dat Steve soos Charles met jou getrou het om die publiek gelukkig te hou en steeds vir Janine (Camilla) aangehou het, get real hy kon dan net sowel met haar getrou het daar’s nie ‘n koningshuis met sekere voorskirfte vir hom nie.  Hy het met jou getrou omdat hy vir jou lief was en geglo het dit sal vir ewig wees.  Onthou jy:  I’ve braced mysefl with reasons to never let you go – You’ve graced my life with seasons, but never let me go – i wake up realising you chase awasy these demons with kisses while I’m dreaming – it’s you – Call in the armies of confusion, stand at the gates om my intrusion, fire up te cannons when you see me, burn down bridges still before me.
  • Planeet Steve was ‘n Cadilac vol celeb dinge en mense – en skielik toe jy weg is van die planeet af besef  jy, jy wil een van die celebs bly en hoe is die vinnigste en sekerste manier om dit te doen, Steve…

Dis maar net ‘n paar dinge wat my laat wonder het.  Gaan google hoe om te soen?

Southern Cross is aan Natasha opgedra, daar op in ‘n liedjie:  Kiss me, Steve se woorde in daardie tyd:  “‘n Lekker song om op te soen en my vrou weet hoe”  Laat my net wonder as jy nadat jy by hom weg is; en jy’s nog nie ‘n jaar weg nie; verleer het hoe om te soen, wanneer laas het jy hom gesoen…

Moenie ons intelligensie onderskat nie.  Word heel jy verdien dit soos enige ander mens wat seer gekry het, maar moenie die persoon wat jy belowe het jy sal beskerm vertrap en uitmaak as die grootste skurk in die lewe nie, want hy is dit nie, wees eerlik met jouself dieselfde publikasies wat jy nou gebruik en dieselfde media wat vir jou nou so wonderlik is, net nou die dag nog was dit verkeerd vir Steve om met die media te praat, jy was gekant teen Mense van my Asem, net meer as ‘n maand voor jy uitgetrek het, het jy 44 cup cakes gebak.  Daar is net te veel dinge wat so effe deurmekaar is hier sou ek se.

OK, nou kan julle my maar aanval, kom se net wat julle wil dis ok so, want ten minste weet ek dat ek steeds die woord lojaliteit verstaan, jy drop nie iemand vir wie jy omgee nie.  Voordat iemand weer die seks kaart try speel, vergeet dit, ek stel nie belang in Steve op so ‘n vlak nie, ek is baie gelukkig met die vrou in my lewe en verruil haar vir niks en niemand nie.

liewe heksie-2

Advertisements

9 comments on “Hoe werk liefde?

  1. Anlo sê:

    Ingrid, ek voel ook soos jy en is baie teleurgesteld in Natasha. Ek dink sy maak haar naam nou totally g*t. Verder bly ek liewer stil, anders sê ek te veel!!

  2. Wipneus! sê:

    Hello Liewe Heksie 😆

    Ek kan nooit verstaan hoe mens liefde net op ‘n dag soos ‘n kraan kan toedraai nie. Ek sukkel om die ding te verstaan.

    Ag Ingrid jy weet mos waar my lojaliteit lê!! :mrgreen: whoop! whoop!

  3. ingrid sê:

    Ja Wip hoe sal ek nou nie weet waar jou loyalty le nie?
    Anlo jy verstaan nie hoeveel keer daar al vir my gese is jy se nou te veel nie!! Sekere mense kan seker maar nie help hulle is met so ‘n mentaliteit gebore en so groot gemaak nie, sommiges vat net langer om hulle ware kleure te wys.
    Mooi dag vir julle almal.

  4. Losgulp sê:

    Jy is een van daai siek mense wat alles weet van die held in jou lewe omdat jy permanent alles volg wat die ou doos aanjaag!

    Kry tog net ‘n lewe, hy is ‘n manlike hoer wat jou nie twee minute van die dag sal gee nie PUNT!

    Jou redenasie van alles is Natasha se skuld omdat sy dalk koud was en dalk nie lekker kon soen nie is soos jy, lagwekkend!

    Weet jy dat daar eposse bestaan waar jou wonderwerkie God vloek en homself bo God aanstel, weet jy van die emosionele voltering waaraan jou wonderwerkie mense na aan hom blootstel??

    Come to think of it wat weet jy werklik van jou wonderwerkie af…. eintlik maar niks nie ne!

    Kry ‘n lewe, gaan join miskien eerder Tom Cruise se Scintology groepy, dis ‘n meer kredietwaardige godsdiens as die ‘evangelie en filisofie van $teve Hofnar’.

  5. ingrid sê:

    Toevallig het ek ‘n lewe en of Steve my nou twee sekondes sal gee maak nie saak nie. Ek het nog nooit gese alles is Natasha se skuld nie ek het kommentaar gelewer op ‘n artikel, sy’t gekies om in die media te wees en daarom kan ons elkeen daarop reageer. Hoe goed ek hom ken het ook niks met enige een te doen nie. Weet jy hoe maklik dit is om eposse te edit en te verander. Ek is moeg vir vroue wat skree ek’s ‘n victim terwyl hulle ook skuld dra. Jy ken my nie so moenie try slim wees nie as jy die moeite wil doen om te kyk sal jy selfs hier sien dat ek Steve al gekritiseer het. Dalk het jy persoonlike issuses met mense wat ander seer maak en nou projekteer jy dit sommer op hom. Guess what ek soek nie ‘n spiritual groep om te join nie, ek’s heel gelukkig waar ek nou is.

  6. Losgulp sê:

    watse skuld sou jy se dra sy…is dit haar skuld dat haar man ‘n manlike hoer is??

    Jy is naief as jy dink die paar meisies wat na vore gekom het is die enigstes waarmee hy haar verneuk het. Ek weet persoonlik self van nege, en ja ek kan hulle name opnoem maar ek sal nie vir hulle onthalwe, en die 9 waarvan ek praat is waarmee hy laaaang seksuele verhoudings gehad het en nie die one night stands in elke dorpie nie.

    Jy is vermetel om haar te oordeel. Dis belaglik hoe sal jy voel as jy jou huwelik aan die gang probeer hou en jou man maak grappies oor “sasol” Ek het ‘n pomp op elke dorp, en die arme klomp naiewe fans soos jy klap hande en lag vir die armsalige poephol, meantime is hy doodernstig…

    Sy het veel meer klas as hy ooit sal he, hy is die Uberman, gebore in die grottydperk en daar laat staan, agteraf en sesueel siek in sy kop en mense soos jy wat hom aanbid stel lekker saam aan die voorbeeld wat teen alles praat wat moreel aanvaarbaar is.

    Hy is siek, het hulp nodig en het ‘n ego gelykstaande aan Cassanova en Donald Trump. Die man verdien nie heldevereering nie en slegs ‘n paar dekades gelede sou hy op ‘n brandstapel verbrand word vir die kak morele standaarde wat hy handhaaf.

    Dink daaroor voor jy weer verbale diaree oor die man kry!

  7. ingrid sê:

    ek het ‘n vraag, waarom lees jy wat ek skryf? Ek het toevallig nie ‘n helde verering vir hom nie, ek se weer ek sien sy foute en toevallig het hy nie sie Sasol grappe begin nie, o ek vergeet volgens jou ken ek hom mos nie. Dis ook nie asof hy alleen verantwoordelik is vir die morele verval in die land nie. Natuurlik was dit wat hy gedoen het verkeerd, maar was die girls wat betrokke was lelie wit en vlekkeloos?

  8. Sharona sê:

    Eina Ingrid – al gehoor van die Engelse gesegde- “the pot calling the kettle black” – “The pot calling the kettle black” is an idiom used to accuse a person or thing of being marked with or guilty of the very thing they are pointing out.”

    Die laaste paragraaf van jou inskrywing hier – die klem val op ” want ten minste weet ek dat ek steeds die woord lojaliteit verstaan, ”

    Uittreksels uit jou eie inskrywings op jou blog:

    “Natasha this one is for you and Steve. If there is one thing that I know beyond a shadow of a doubt it is that he loves you and you are the one person that means the world to him, and I also know that you love him, but at the same time I know that all of these things are hurting like hell. Keep your head up girl this is for you two to work out, whatever any-one else thinks does not matter. You are a queen with style and grace that comes from within. Like the love of my life always says: “You cannot buy class” that is something that shines out of you wherever you go. Not once have I seen you not being a picture of class, style and elegance.

    My wish for you and your family, including the big children is to be walking through a meadow filled with peach trees blossoming and sitting next to a rose garden filled with yellow blooms (we have to add something for Steve) with a water feature gurgling behind you, sharing the cupcakes that you have made with the help of Ben and Sebastian.”

    DIT IS VERAL HIERDIE INSKRYWING WAT VAN TOEPASSING IS:
    “Jammer as julle verdere dirt verwag het, hierdie was wat ek in my hart gevind het om vandag vir stukkende vriende te gee en ek hoop dat julle ook julle bystand vir hulle hier sal weergee. ”

    Ingrid-verander mens se siening oor “jou vriendin” deur net een artikel in Rapport? Sou dit nie vir jou “stukkende vriende” meer van waarde gewees het om ‘n nutrale standpunt in te neem en te bly by jou onvoorwaardelike bystand in hierdie uiters private aangeleentheid nie – dit sou ek sê is lojaliteit.

  9. ingrid sê:

    Dis jou opinie van lojaliteit ongelukkig is dit nie regtig moontlik om neutraal te bly tydens so ‘n saak nie, jy kan nie met altwee vriende bly nie en nee dit gaan nie net oor een artikel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s