Vir wie blog ek?

th_124172

Ek het skielik hierdie vraag vir myself gevra.  Ek het wonderlike vriende gemaak hier en ek waardeer elkeen van hulle.  Elke persoon se persoonlikheid gee my die kans om verskille te waardeer en te geniet.

Wipneus se sy’s terug en heel tereg dat as jy in die blog wereld wil oorleef jou vel baie vinnig baie dik moet word.  Hier is nie plek vir kleinserigheid nie of vir people pleazers nie.  Dis net so interessant hoe vinnig mense iets wat niks met hulle te doene het nie en glad nie eers oor hulle handel nie gryp en besluit:  vandag het jy oor my geskryf en nou’s ek kwaad vir jou!

Mense get real, as ek iets oor jou of vir jou wil se noem ek jou naam.  Ek’s nie bang om te se Natasha is ‘n patetiese, verwende brat wat wil he mense moet haar jammer kry omdat sy haar lewe moes oorbegin met ‘n luukse gemeubileerde huis, kar en R5 mil in die bank en dan nog versorgde kinders nie.  Shame dink net hoe bad is dit.  Ek’s ook nie bang om te se Yolanda soek aandag met haar dronkgat, is oneties, onbetroubaar en as dit backfire wil sy tjank nie.  Net so min is ek bang om te se Janine is ‘n opperste h**r wat soveel moontlik geld wil maak uit ander se seer, skaamteloos wil sy op die mees onoorspronklike manier moontlik kom vertel hoe sy agter ‘n getroude man aangehol het, maak nie saak wat sy naam is nie, die enigste rede waarom dit saak maak is dat sy geld daaruit kan kry.  Hoe lame is die titel van haar boek nie:  “‘n Tas vol Toeka” selfs daarmee kon sy nie oorspronklik wees nie, shame.

So was ek ook nie bang om vir Annora te se jy speel met vuur as jy my kinders aanvat nie, maar ek het jou tog vergewe.  Ek like Lettie hulle se courage om vir almal te vertel hulle is getroud.

So as ek vir JOU iets wil se sal ek jou naam noem, as ek in die algemeen van ‘n groep ruggraatlose slakke praat dan kan ek nie jou naam noem nie, want dit gaan nie net oor jou nie en as jy dan skuldig voel, handle dit of sorg dat jy die k*k wat jy aanjaag nie verder doen nie sodat jy nie volgende keer hoef skuldig te voel nie.

Ok, nog steeds die vraag vir wie blog ek?  Vir myself as terapie, vir my blogmaats wat hier kom inloer en vir diegene wat krag kon put daaruit om te sien hoeveel krag ‘n mens werklik het, meer as wat sommige van ons ooit sal kan glo, meer as wat ek ooit gedink het ek het, want elke keer as een struikelblok in die lewe weg is en ek kyk terug kan ek net weer weet dat as ek voor die tyd moes dink hoe ek daardeur sou kom ek sou moes se:  Daar’s nie ‘n manier om die te handle nie ek sien nie kans daarvoor nie.

Liefde vir elkeen van julle.

th_sept20monday1-1

Advertisements

21 comments on “Vir wie blog ek?

  1. boebelaberry sê:

    Stem saam met daai een. In die kol.

  2. Wila2 sê:

    Iemand klink kwaai so op ‘n maandag. 😆

  3. ingrid sê:

    😆 Jy weet dan, as iemand krap en k*k soek sal hulle dit kry. Mooi aand.

  4. Wipneus! sê:

    Jip jy moet krokodil vel kweek as jy in die blog wêreld wil uithang. :mrgreen:

  5. Sharpshoot sê:

    Ingrid, onthou net een ding: Jy skryf jou dinge vanuit jou hoekie soos jy dit sien.
    En ek dink dit is redelik onregverdig van jou om ander mense ‘brats’ en ‘hoer’ te noem. Ek het jou nie as n ‘namecaller’ voorgestel nie.
    Mens kan tog sekerlik nie iemand iets noem waarvan/voor jy geen bewyse het nie? Dis maar net my opinie. Onthou net, as jy kan name uitdeel, kan en mag jy as voorbeeld vir ander, nie kwaad raak as dieselle met bv. jou of jou naaste gebeur nie. Groetnis.

  6. ingrid sê:

    Noted Sharpshoot, mooi dag vir julle ook.
    Dankie boedelberry. 😉

  7. Ogies sê:

    As jy nie geblog het nie het ek jou nooit ontdek nie!!!!

  8. Xanika sê:

    Ek blog van September 2007 af. Ek is trots daarop om te kan sê dat daar nog nooit ‘n bakleiery op my blog was nie en dat ek in hierdie tyd nog net een comment met opset uitgevee het omdat dit my blog is waar ek kan doen wat ek wil. Ek het begin blog vir die snaaksigheid, maar vind dit so terapeuties dat ek dit nie maklik sal stop nie. En nee, my vel is nog niks dikker as toe ek begin blog het nie. Daar was ‘n tyd dat ek baie op my blog gesê het wat ek nooit in die “werklike lewe” sou sê nie, maar in tussen het ek al soveel verander dat ek nie meer bang is om my mond oop te maak nie. Dis net skokkend om te sien hoeveel mense dit misbruik…

  9. Dellie sê:

    Sjoe! 😯 Ken jy hierdie mense wat jy brat en hoer noem, persoonlik? En wat noem jy Steve dan? Het hy absoluut geen aandeel in hierdie twee vroue se seerkry gehad nie?

    Wonder maar net.

  10. ingrid sê:

    Ogies dit is seker die grootste rede waarom ek vir altyd bly sal wees dat ek blog, elkeen wat ek hier leer ken het.
    Xanika ek’s bly jy kon groei.
    Dellie wat noem jy iemand wat geldmaak uit haar seks lewe? Wie ek persoonlik ken verkies ek om nie hier te bespreek nie.

  11. doddels sê:

    Stem heelhartig met jou saam Dellie! Terwyl ons nou by namecalling is Ingrid, kan ek seker ook maar sê dat Steve ‘n jags blixem is en dat die paar girls waaroor die bose media dit durf waag het om te skryf, ‘n druppel in sy emmer van rondsteek is. Nie so lank terug verbeel ek my dat jy die volgende woorde geskryf het: “Tash you’re one classy lady, ens., ens.)” So solank sy stilgebly het oor haar seer en die slagoffer gebly het, was als ok. Ek is ook nou gatvol vir die dubbele standaarde wat hier gehandhaaf word. Maar soos jy tereg sê: Dis jou blog en as dit vir jou terapeuties is om jou naiwiteit uit te basuin deur vir Natasha en Janine name te noem, “by all means” gaan daarvoor.

  12. ingrid sê:

    doddels ek het nogal nie gedink ek sal ooit nodig he om op so iets van jou af te reageer nie, maar die waardigheid waarmee Natasha haar seer tot op daardie stadium hanteer het, ten minste in die openbare oog het aan haar klas gegee, sy het daardie klas verloor die oomblik toe sy haar eie standaarde verlaag en haar persoonlike vuil wasgoed media toe dra. Tov Janine het ek nog nooit enige dubbele standaarde gehad nie, onthou bietjie mooi. As jy dan so gatvol is, dit was steeds goed om jou hier te gehad het, mag dit met jou goed gaan voorentoe.

  13. Dellie sê:

    En nou? Hoekom beland my comment in modderboksie? 😯

  14. Dellie sê:

    Ek probeer maar weer – WP is vol dinge deesdae. 😉

    Uhm Ingrid, ek het myself belowe ek gaan nie in ‘n argument met jou betrokke raak nie – maar ek kan myself nie keer om nog een eiertjie te lê nie: ek dink NIE Janine probeer geldmaak uit haar “sekslewe” nie. Dis darem ‘n wye term daai. Sy en Natasha is bloot vrouens wat hulle storie vertel – net soos Steve syne vertel het in sy boek. Dit maak in my mind nie van een van hulle ‘n hoer of ‘n spoiled brat nie. Wat maak hom dan so spesiaal dat hy ‘n boek mag skryf, en almal swymel daaroor, maar hulle mag nie hulle kant van die storie vertel nie? Nee wat, jou argument is nie geldig nie. IMO.

  15. ingrid sê:

    Ouens, dis nie omdat julle nie mag comment dat moderation aangesit is nie, dis net omdat ek vir die volgende paar uur nie naby my rekenaar gaan wees nie en het ongelukkig in die verlede ‘n dure les geleer toe ek comments oop gelos het, toevallig het ek daai keer ook niks delete nie net soos nou het ek dadelik die twee wat ingekom het approve, sommige dinge is net veiliger.
    Ok Dellie ek note jou comments dis goed as jy nie dink hulle is wat ek hulle genoem het nie. Natasha mag natuurlik maar skryf, Janine ook, daar’s ander dinge wat ook tel…

  16. Dellie sê:

    Dis reg Ingrid – dan volstaan ek by my opinie. 😉 Gaan jou goed.

  17. Sharona sê:

    Die feit is – dat nie een mens die reg het om ‘n ande mens te oordeel nie – en dit sluit in naam toevoegings omdat dit ‘n vorm van oordeel is. Ingrid, wat vir my verstommend is, is dat jy oopoë hierdie inskrywings maak met die wete dat jy hewige kritiek en onaangename argumente gaan uitlok en dat jy beweer dat dit vir jou terapeuties (sic) is – is dit nie “sick” nie? Hoe vind enige regdenkende mens heelbare satisfaksie (dit is mos wat terapie beteken) uit kwaadwillige en onwelvoeglike uitlatings en naam toevoegings? En terloops, geen mens put krag uit kwaadwilligheid nie – dit is verseker.

    Ons ken mos almal die storie van die “Balke en Splinters” – Hoe blind moet mens wees vir jou eie foute, terwyl die geringste tekortkoming by ‘n ander opgemerk word? Ons meet met verskillende maatstawwe – So sal ons, ons eie optrede op heel ander manier beskrywe as dieselfde optrede by iemand anders – b.v. die ander persoon het ‘n “slegte humeur” terwyl my “woede” geregverdig is. Mens moet maar waak teen ‘n kritiese en veroordelende houding. Dit verblind ons dikwels vir ons eie foute.

  18. Anlo sê:

    BASTA MET JULLE ALMAL wat nou vir Ingrid aanval! Op haar blog kan sy sê wat sy wil en ek stem 100% met haar saam. Hoe kan mense dit nie insien nie…

  19. Smurf sê:

    Ek was nou bietjie laat vir die show gewees 😆 ek dink die hele verskil tussen die boekke is dat: Steve is ‘n baie gewilde en bekende persoon en het ‘n baie goeie autobiografie geskryf waarin hy let wel (nie een keer vir Natasha of janine sleggesê het nie) maar hy het ‘n vol loopbaan en ‘n geskiedkundige agtergrond gehad om oor te skryf, mens kan nie ‘n boek van 400 bladsye volmaak sonder dat jy iets het om oor te skryf nie, (soos ons gewone ouens met dood normale gewone daaglikse roetines nie 😉 )

    Dan kom ons nou by Janine se boek, sy kan maar skryf , maar eerlik nou, as sy nie op Steve se rug ry nie sal sy niks gehad het om oor te skryf nie, wie sal belanggestel het in haar biografie? geskryf deur iemand anders wat enigiets sal skryf om ook ‘n skeppie geld daaruit te kan maak, hier draai alles om geld, elkeen wat haar help om dit te skryf en te bemark wil graag so bietjie geldjies maak uit Steve se naam uit, en ek sê dit nie omdat ek lelik is met Janine nie ek sien dit as absoluut die waarheid. Almal van ons weet dat Janine se boek niks sou wees sonder dat Steve se naam daaraan gekoppel is nie! Janine is ‘n nobody wanna be somebody, onbekende persoon wat maar net gewillig was om met ‘n getroude man rond te en vere gevoel het vir Natasha en die kinders.

    Natasha sou ek sê kan maar haar boek skryf, ek verstaan dit (nie dat ek dit sal koop nie) want mens ken nou al die hele boek omtrent soos wat dit al stukkie vir stukkie gepubliseer word (die media is mos maar so dom) sy was immers ook bekend in Egoli en daardie kinder program vroërjare ens. Dan was sy ook immers Steve se vrou en ma van sy kinders.
    Ek verstaan Ingrid se punt dat Natasha nie kan kla oor die 5Miljoen rand huis en kar van paar 100duisend en die moontlikheid ook van nog so paar miljoen na die skeisaak, ook dat Steve goed vir haar sorg en sy kinders 3keer per week kom haal en sien, WOW!!! watter vrou kan kla oor so iets? EN dan het sy nog vir FLASH GORDON OOOK!!! 😉 Ek gun haar al die geluk in die lewe, en ook vir Steve want Steve is nie ‘n krimineel soos wat sommige mense hom voor wil uitmaak nie, meeste van die wat so teen hom uitvaar het nog nooit eers probeer om sy boek te lees nie, hulle glo al die kak wat hulle deur die Steve hatende paar persone gevoer word.

    Ek het Steve se boek gekoop, en ek belowe dit is die moeite werd gewees,

    Natasha s’n nee, soos ek sê ek weet van baie vroue wat deur baie erger skeisake is en met niks daaruit geloop het en alleen hul kinders moes grootmaak sonder ‘n sent onderhoud omdat die man net te sleg was om te betaal. Daarom die realiteite van die stories wat ek ken is 100 maal erger as Natasha se stories, maar die vroue wat ek ken was sterk genoeg om hul koppies op te lig en te gaan werk vir ‘n karige salaris en te survive!!

    Weet van baie jong meisies wat hul gatte gesien het met getroudemans, (ongelukkig nou nie celebs nie) en hulle moes maar ook aangaan met hul lewens en die beste van hul eie dom besluite maak, en leer uit hul foute (en dit nie loop en verkondig en aan die koerante verkoop nie, so het hulle ‘n bietjie dignaty behou) . So ek sien maar vir ou Janinetjie as ‘n fortuinsoeker, wat die jackpot gemis het en nou wil kyk of sy nie dalkies op die boekke iets kan maak nie (so “on the side”) . Sy het mos maar al die jare gedreig as Steve haar los hardloop sy koerante toe! Besis ‘n NEE vir haar boek ook!

  20. boendoe sê:

    As ek ‘n laat toetrede mag maak? 😉

    Self het ek nie ‘n liefde vir Janine nie. Sy het after all ‘n huwelik help opbreek. Sy behoort skaam te wees – nie ‘n flippen boek daaroor uitgee nie.

    My eintlike probleem met jou posting is hoe jy Natasha aanvat. Toe sy stilgebly het, het Steve ook net nice goed van haar gese. Noudat sy ‘n boek uitgebring het, nou is sy laer as slangpoefies. Huh? Almal se sy ry op Steve se bekendheid. Lank voor ek van Steve gehoor het, het ek geweet sy is die aanbieder van Kideo. Sy was ‘n aktrise in Egoli. Beswaarlik ‘n onbekende poppie wat dit nie op haar eie kon doen nie.

    Nee wat. Gee haar maar ‘n breek. Die vrou verdien ‘n spreekbeurt.

  21. Smurf sê:

    Boendoe,

    Ek sal nooit vir Natasha sleg maak en ek glo dit is ook nie wat Ingrid wil doen nie, Natasha is nie ‘n slegte mens nie en ek hoop haar boek verkoop goed, daar sal baie vroue wees wat baat sal vind uit haar boek, soos sy ook self sê dit gaan beslis nie oor Steve bashing nie, dit gaan oor vroue wat sukkel om die seer te verwerk. Ek gaan nie die boek koop nie aleenlik omdat ek al soveel van die boek te lees gekry het oral in tydskrifte en dan ook op tv., so mens weet min of meer waaroor dit gaan maar daat sal mense wees wat graag dit wil koop. Ja sommige sal hoop dat hulle daaruit nog iets teen Steve sal kry, dit is ook maar waar, want daar is mense wat net sit om te kyk waaroor kan hulle nog aangaan en aangaan. Wat tussen hulle gebeur het is ‘n alledaagse verskynsel wêreld wyd, dit is net deur sommiges end die media uit perporsie geruk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s