Kinders

Ek het tyd gevat om hierdie inskrywing te doen.  Ek het Smurf se comment opgevolg en gaan lees wat staan in Beeld

Ek kon nie glo dat ‘n ma haar kind en dit nog ‘n kind wat sy reeds vir 5 maande geken het so wreed kan dood maak nie.  Ek het met verskeie mense gepraat en probeer verstaan, maar dis nie moontlik  om so ‘n gruweldaad te verklaar of verstaan nie.

Gister het een van ons personeel gehoor sy’t haar toelatings eksamen by ‘n kollege geslaag en sal haarself beter kan kwalifiseer om vir haar 6 jarige dogtertjie ‘n beter lewe te gun.  Ons was almal saam met haar bly, maar vandag het daardie blydskap in trane verander toe ons hoor dat daardie selfde kind deur ‘n motor raakgery is en om haar lewe veg met ernstige hoof beserings, sy is tans in teater waar hulle probeer om die drukking op daardie klein breintjie te verlig voordat daar nog verdere skade is.

Elke keer as ek van so iets hoor sien ek Quinton se ondeunde ogies voor my hoe hy in die middag by die deur inbars nadat Tannie Hannie hom gaan haal het by die nasorg.  Hy hardloop gewoonlik die laaste halwe blok van hulle af weg om eerste te wees en kan nie vinnig genoeg vertel wat hulle by die skool gedoen het en dat hy nie vandag pak gekry het nie, want hy was soet gewees, net soos wat hy belowe het.  Die dae wanneer hy wel ‘n hou gekry het kom vertel hy ook en is dan vinnig om te se:  “moenie my straf nie, juffrou het my klaar op my hand geslaan met die pap lepel.”  Nog nooit was daar eers die geringste merkie op sy handjie gewees nie, so “juffrou” mishandel hom beslis nie. 

Hoe voel jy as jy voel hoe daardie lyfie slap word, sy moes die beentjies in die keeltjie voel breek het onder haar hand, aan die begin het daardie kind gespartel om asem te kry en met haar klein handjies na haar ma se arm gegryp en sekerlik met soveel vrae in haar ogies na mamma gekyk.  Om nog verder te gaan en die lykie onder ‘n vragmotor te laat vergruis, daardie bloederige massa op te tel, in ‘n kombers toe te draai en te verbrand.  Nee mense daar is nie eers ‘n denkbare sielkundige afwyking wat my sal laat glo dat dit ‘n rede vir sulke optrede kan wees nie.

Gelukkig kan daardie klein mensie rustig, warm en gelukkig kyk in die oe van iemand wat nooit pyn sal toedien nie.

children-jesus-100

😦  😥

Advertisements

3 comments on “Kinders

  1. Ogies sê:

    DIT IS SIEK INGRID!!! SO SIEK. EK KAN NIE GLO DAT ENIGE IETS SO ‘N DAAD REGVERDIG NIE! EN EK KAN JOU WAARBORG DAT SY OOR ‘N RUKKIE NET WEER GAAN SWANGER WEES!!!

  2. Smurf sê:

    Ingrid,

    My hart is stukkend, die vrou is mal heeltemal! hulle moet haar vir ewig toesluit en steriliseer, sy mag nooit ooit weer ‘n kind in die wêreld inbring nie!

    Die sleg mal ding het eintlik die arme baba driekeer vermoor, soos ek hier skryf gaan daar koue rillings deur my lyf! 👿 mens kan skaars die trane bedwing, hoekom!! is daar sulke mal mense! KON SY NIE MAAR NET DIE KIND OP IEMAND SE STOEP GAAN LOS HET EN DIE KLOKKIE GEDRUK HET NIE!!! Daar is soveel mense wat daagliks bid vir ‘n ou babatjie, hoe kan iemand dit gedoen het!

    Ek kan nie eers beskryf wat alles deur my gemoed gaan nie, ek voel so ongelooflik magteloos, hartverskeurend hartseer maar ook so woedend! om so iets te lees, hoe moes daardie babatjie nie gevoel het,.. wat moes deur sy kinderverstandjie gegaan het? Sy ou lewetjie het nog nie eers behoorlik begin nie! Daar is letterlik miljoene wat die kind sou aanneem!

  3. Smurf sê:

    Ingrid,

    Ek dink ook aan die personeellid van julle wat so alles in haar vermoë doen om vir haar kind ‘n beter lewe te kan gee, sê vir haar ek bid vir haar dogterjie, en ek glo dat God net die beste dokters sal gebruik om haar kindjie te herstel, ek bid ook dat sy krag sal kry om haar deur al hierdie trauma te help,… . Hier is die tyd wat God haar sal dra as alles te veel word, en sy moet onthou God se hand sal altyd daar saam met die dokters wees en dit sal goed gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s