Misdaad …

Dagse, jammer ek was so effe stil, die dagboek, julle weet mos, sien Willa2 ek het ‘n groter ene gekry, maar daar was steeds nie meer ure in ‘n dag nie.

crime 1

Ek sien vanoggend Izak Davel en sy verloofde is in hulle huis “aangehou”  gelukkig vir hulle het dit goed afgeloop en kon die sekerhieds maatskappy vinnig genoeg daar wees.  Ek dink aan die vrees in daardie twee jong mense se harte terwyl Izak, goeie kind wat hy is, want hy het wonderlike ouers wat hom mooi groot gemaak het, haar probeer beskerm het deur haar in die badkamer toe te sluit en homself as ‘n buffer tussen hulle en haar geplaas het.  Gelukkig kon hulle ook nie by hom uitkom nie.

metrobus1Gisteraand ontvang ek ‘n oproep van ons kinderoppasser, sy’s baie ontsteld en wil my net waarsku dat indien ek dalk voor haar aankoms die huis verlaat ek asseblief versigtig moet wees, want daar is gisteroggend ‘n vriendin van haar by dieselfde busstop met ‘n skroewedraaier aangehou in ‘n poging om haar te beroof.  Watter keuse het ek, as ek nie die spesifieke bus by daardie stop haal nie, moet ek in elk geval daar verby loop om by ‘n ander stop te gaan wag.  Ek kan wel in ‘n ander rigting loop en in ‘n ander straat ander busse kry, maar dit is net so gevaarlik, dis verder van die huis af en verder van my werkplek af, dus sal ek dan verder werk toe stap.

By die busstop hoor ons hoe twee ander vroue Dinsdag twee blokke verder deur twee mans van hulle sakke beroof is terwyl hulle vir die bus gewag het.  Hulle se hulle het geskree, maar niemand het eers uit hulle huise gekyk om te sien wat gebeur nie.  Een van die vroue se buurman se tuinier is eergisteraand deur ‘n man met ‘n skroewedraaier in sy erf gesteek toe hy op ‘n geblaf van die honde gaan ondersoek instel het.

Ek is positief oor hierdie land en julle weet ek lewe in ‘n pink wereld en laat vrees my nie verhoed om in die stad in te gaan as ek moet nie, in ‘n taxi te klim om na plekke te gaan wanneer daar nie busse is nie of as dit vir my gemakliker is.  Ons het verlede naweek net weer per taxi Westgate toe gegaan om Amber se hokkie benodigdhede te gaan koop.  Dit is net ontstellend wanneer ‘n mens sulke dinge lees en hoor en wonder:  watter opsie is daar, behalwe om net voort te gaan en te glo alles sal reg wees.

Mooi dag vir julle

ingrid

Advertisements

4 comments on “Misdaad …

  1. parkes1 sê:

    Jy kan weer vra watter opsie is daar, absoluut geen moet maar net hoop en bid dit gebeur nie met ons nie. Dis sulke dinge wat die mense uit die land dryf.

  2. ingrid sê:

    Net soos jy daar se dis net so verkeerd dat ons kinders in tronke moet bly terwyl die misdadigers vry loop en ons hande is afgekap. 😈

  3. Wila2 sê:

    Haai Ingrid, ek het net begin bekommerd raak oor jou.
    Hier in blouberg area is dit nog veilig. Moet se die polisie is baie op en wakker hier. Hulle ry saans heelnag hier in die omgewing rond.
    Kaapstad middestad is weer ‘n ander geval. So ek probeer maar so ver as moontlik die middestad vermy.

  4. ingrid sê:

    Will2 om een of ander simpel rede is jou comment in die Spam boksie gegooi, weet ook nie aldag wat by wordpress aangaan nie. Ek het nog net drie mense in die geskiedenis van hierdie blog gespam en ek kan jou verseker dit was nie jy nie. Gelukkig kry ek mail en kon jou daar gaan uithaal het.
    Ja die meeste van ons stede se hart is nie meer veilig nie, soos ek se daar was al tye waar ek dit nie kon vermy om in Johannesburg se middestad te wees nie, veral toe ons vir Hannie se kinders moes baklei. Ek kom ook so dan en wan in Braamfontein en hou maar my oge baie mooi oop, doen al die veilige goed soos om nie ‘n sak te dra nie ens, maar ons voorstad was nog altyd relatief veilig en rustig gewees. Die rukkie wat ons in Brixton gebly het, sou ons nooit na skemer buite beweeg nie, maar ongelukkig moet ek soggens voor dit heeltemal lig is gaan bus vang …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s