Read the T-shirt

image001 (6)
       

 
   A  small request:

 
   All  you are asked to do is keep this

 
   circulating.

  
       All  you are asked to do is keep this circulating.
 
          Even  if it’s to one more person..
 
        In  memory of anyone you know that has
 
           been struck down  by cancer or is still living with it.
 
            A Candle Loses Nothing  by Lighting Another Candle.
 
      Please  Keep This Candle Going!

CandlesforCancerAwareness

 

 

 

 

Verwarde pa

Vriende, dis naweek en ek wil nie graag oor swaar goeters skryf nie.

 Ek en Hannie het ‘n ooreenkoms dat ek haar bel sodra ek by die werk is sodat sy kan weet alles is ok, veral met die nuutste aanval op buspassasiers.  Gewoonlik scan ek sommer ook gou my mails, blog maats se plekke en loer gou wat in Beeld aangaan.  So deel ons sommer inligting uit en forward ek egnigiets wat dalk vir haar van belang mag wees.  Wel vanoggend lees ek die artikel oor baba Danny se pa wat gister in die hof was toe sy kind se moordenares verskyn het en sy reaksie.  Nou ja ons ken ook al die media en weet nie presies hoeveel daarvan werklik was en hoeveel vir sensasie doeleindes opgeblaas is nie.

 So eg aan my aard en sonder om weer aan Wip se goeie Zen raad te dink is ek onmiddellik kwaad, hoe kan hierdie man nou skielik maak asof alles reg is.  Gelukkig moet ek besig raak en kry my brein tyd om rustig te raak oor hiedie issue.  Man, is ek alweer bly ek’s nie meer 20 jaar oud nie!

Ek dink weer oor post partum depressie en ek kan onthou dat daar pasiente was wat beweer het dat hulle stemme gehoor het wat gese het hulle moet hulle kinders dood maak.  Ek weet ook hoe alleen ‘n ma in hierdie tyd kan voel, hoe onvoldoende en net nie goed genoeg nie.

 http://www.womensmentalhealth.org/speciality-clinics/postpartum-psyciatric-disorders  gaan loer gerus hier.  Nee ek verdedig nie die vrou nie, daar is geen manier, soos ek reeds gese het, dat dit geregverdig kan wees om jou baba dood of seer te maak nie.

 AA052032Ek dink aan hierdie kindpa wat baie duidelik so deurmekaar is dat hy nie eers weet wat om te voel of te doen nie.  Hy is 20 jaar oud, het reeds een kind verloor en nou is hierdie een ook dood en die vrou wat hy geglo het sy hele lewe is het dit aan hulle kind gedoen.  Daar is nie gese of die ander kind wat deur die welsyn uit die ma se sorg verwyder is ook hierdie “man” se kind is nie, as dit so is het hy nog daardie verlies ook om te verwerk.  Hierdie man is duidelik nie geskool nie en hoeveel ondersteuning hy ontvang sal ons nie weet nie, maar iewers in sy verwarring het hy dalk al vir haar begin verskonings soek, wil hy nie alleen wees nie, wil hy nie alleen na daar die kaal woonstel toe terug gaan en op daardie enkelbed gaan slaap nie.

 Ek hou nie van die Freud kaart nie en ek voel in elk geval baie van Freud se 200152617-001teoriee was totaal verkeerd.  Ouers is nie verantwoordelik vir alles wat hulle kinders aanvang nie, maar ek moet tog wonder oor hierdie man se kinderjare en veral sy vormings jare.  Het hy ooit geleer wat verantwoordelikheid beteken?  Het hy gesien wat liefde en boweal omgee en respek tussen twee mense is?  Was daar sekuriteit vir hom gewees ‘n sagte plek om te val wanneer hy seer gehad het?  Het hy die verskil tussen liefde en seks geken en geweet dat die verwarring van die twee astronomiese gevolge kan he?

 Hierdie vrou gaan hulp kry, sy gaan na ‘n sielkundige inrigting gaan en gehelp word, wat word daar vir Daniel gedoen?

Copy of ingrid