Nuwe week

Monday009Mense kan julle glo dis al weer ‘n nuwe week?  Dit voel of die dae net in mekaar vloei en die tyd te vinnig gaan.  Ons gesels die naweek daaroor dat dit al ‘n jaar gelede was wat ons by Innibos was.  Hierdie jaar het ons nie eers veel aandag daaraan gegee nie, net so hier en daar ‘n add gesien, maar ons lewens is op die oomblik so vol dat daar skaars kans is vir koerante lees.

Ek draf vinnig in my kantoor in vir ‘n paar minute se rus en vrede, want daar’s ‘n simpel migraine oppad waarvoor ek beslis nie tyd het nie, so die muti beter vinnig werk en so tussendeur besef ek die blog kort so ‘n klap of twee om op datum te bly.  Ek gaan werk aan die links en haal maar vir Frankie af, ag nee wat hy trek te veel rond en as ek weer daar gaan click het die adres verander, kan nie by bly om te update nie.  Ek gaan sit vir parkes1 by, wou eintlik al lankal, want as daar nou ‘n feel good blog is dan is dit daai ene.  Ek kry dit ook reg om Ogies se link reg te maak, nou hoef ek nie meer in die comments te gaan soek waar sy gechat het en van daaraf gaan kyk hoe dit met haar gaan nie, great girl daai ene.

So tussen deur sien ek seer op party blogmaats se blogs en ek onthou ‘n mail wat seker so twee weke gelede hier geland het.  Hoe iemand haar hartseer kom uitstort het omdat mense hulle nie geluk wil gun nie.

Dit is ‘n vraag waarmee ekself en natuurlik Hannie ook al amper ‘n hele jaar th_49f1bc4639b5344b8fdfabcyd6lank in ons koppe voel rondmaal.  Ons was bitter gelukkig om mekaar te he in ‘n moeilike tyd waar die lewe ons goed rondgeslinger het, maar daar was steeds daardie anker van daar is iemand wat vir my lief is en vanaand wanneer almal klaar hulle klippe uit hulle glashuisies gegooi en hulle dreig smsse gestuur het, sommiges straight forward vulger kon ons in ons kokon terug trek, Hannie kon haar telefoon afsit en ek het maar my nommer verander, want ek moet beskikbaar wees en ons kon net vir mekaar en ons gesin lief wees en weet dit sal weer beter gaan.

Nou lewe ons op ‘n baie klein eiland so ver moontlik van ander mense en toe ons Sondagmiddag Moonwalker kyk terwyl die wierookwalms deur die huis trek besef ons:  dit is wat ons wil he, ons sou sekere dinge beslis anders gedoen het as ons dit kon oordoen, maar retrovision is altyd 20/20 en op die einde van die dag sal ons steeds hierdie kring rondom ons wou he.

anguishOk, nou’t ek heeltemal afgedwaal van wat in my kop was toe ek begin skryf het.  Ek wil eintlik net se, Mater, sterkte, ek wens julle kon ook aan die einde van die dag op julle eiland sit en vergeet van die hele wereld en saam mekaar se seer laat gesond word deur styf in mekaar se arms te wees.  Asseblief, boeties en sussies moenie vir jou broer of suster probeer kies nie, vertrou hulle genoeg en laat hulle hulle eie keuses maak, jy veroorsaak net seer in die persoon se lewe en dit terwyl jy wil vertel dat jy lief is vir hom/haar.  Dis moeilik, heng ek weet veral vir controlfreaks, soos ek, om nie te se maak so en moenie so maak nie, maar dis nie jou lewe nie.  Op die einde van die dag gaan jy daardie persoon verloor, ja dalk gaan hy nie saam met die vrou wees wat jy glo ‘n slet is nie, maar as hy dan seer het in sy nuwe verhoudig gaan hy wonder of daardie vrou hom nie dalk gelukkig sou kon maak nie en wie gee ons die reg om te besluit wie moet nou eintlik saam met wie wees?

Cybermaat, mag jy beskermende hande om jou voel.

9925_view

Advertisements

10 comments on “Nuwe week

  1. Kokkewiet sê:

    Daardie drukkie is met trane in my oë!!

  2. Willa2 sê:

    Lekker week Ingrid.
    Moenie dat ander mense jou ongelukkig maak nie. Dis altyd mense wat self ongelukkig is in die lewe wat ander nie geluk gun nie.
    Mag die son oor ons almal skyn. Hy is immers groot genoeg.

  3. Ogies sê:

    Lig jou kop op my vriendin! Jy is na SY beeld geskape en Hy maak nie rubbish nie!!! (((Ingrid)))

  4. ingrid sê:

    Dankie julle, ek weet sy lees hier en sy kan julle liefde voel.
    Nee wat Wila2 die seer wat mense vir my veroorsaak het omdat ek vir iemand wat hulle gevoel het verbode is lief geword het is lankal verby, ongelukkig vir daardie mense is hulle steeds ongelukkig terwyl ons lankal weer kan smile. Soos met alles gaan dit oor keuses, ons het gekies om saam te wees en gelukkig te wees en ons doen dit sover moontlik, ‘n sms, mail ens. raak wel aan jou, maar dan is die wete dat ons mekaar het sterk genoeg om dit weer te laat weggaan en dan kom daar op ‘n dag ‘n mail van ‘n vriend wat jy geglo het ook teen jou gedraai het wat se: “ek weet wat jy doen en ek respekteer jou”; dan wil ek onwillekeurig sy woorde herhaal: “die mense wat regtig omgee het my nie gedrop nie” mense soos julle, dankie vir die omgee en Ogies, wat ‘n amazing mens is jy nie dat jy hoewel jy nie saamstem met ons keuses nie daar by verby kan kyk en die mens raaksien, Dankie.

  5. Sharpshoot sê:

    Hi Ingrid,

    Wat bedoel jy met: “Ek gaan werk aan die links en haal maar vir Frankie af, ag nee wat hy trek te veel rond en as ek weer daar gaan click het die adres verander, kan nie by bly om te update nie.”

    Hy is steeds by http://www.frankbotha.co.za of het ek iets gemis!?

    Help!

  6. Willa2 sê:

    Sharpshoot, Ek kom ook nie meer op daai link by Frank uit nie.
    Boodskap: Moved
    ??????

  7. Sharpshoot sê:

    Nee wat – ek glip in soos niks. Weird….

  8. ingrid sê:

    Erg weird, ek’t op jou comment se link geclick en steeds gekry 301 moved, dis jammer, want ek’t nog altyd gelike om te sien wat Frank te se het. Sal moet oor of Wipneus kan help, sy weet meer van techno dinge as ekke, maar ek weet sy’s baie besig op die oomblik begin in die nag te werk en werk tot dit weer nag is.
    Mooi dag

  9. parkes1 sê:

    Baie Dankie dat jy so voel oor my blog, ek geniet dit ook om hier te lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s