???????????

Ek lees gister in Beeld dat daar iemand is wat kla dat hulle nie weer 7de Laan gaan kyk totdat Vince se gemengde verhouding gestop word nie.  Ek gaan kyk gisteraand wat daar aangaan.  Vandag is daar ‘n meningsopname of jy saamstem met gemengde verhoudings.

Is dit werklik die grootste issue op die oomblik in die wereld?

Felicity%202009thEk voel eerder om nie te kyk totdat Felicity besluit het om te lewe en op te hou om haarself jammer te kry en die lewe vir almal om haar sleg te maak nie.  Dit is besig om my grensloos te irriteer.  Kon die draaiboek skrywers nie ten minste hulle huiswerk gedoen het nie?  Watter boodskap stuur hulle na die publiek uit?  Ek weet Hannie se altyd ek analiseer movies en TV programme te diep, maar het die openbare uitsaaier nie ‘n verantwoordelikheid om ten minste die ware feite weer te gee as hulle dan nou daarop aandring om social issues te hanteer nie?

‘n Baie beter scenario sou gewees het as sy beseer is, hospitaal toe is vanworking in a chair daar af na ‘n rehabilitasie plek waar sy terapie kon ontvang, holistiese terapie, fisio, arbeids en emosionele berading en daarna as ‘n sukses storie terug is huistoe waar sy ‘n volwaardige gelukkige mens kon wees.  Nou moet almal haar jammer kry, Neville moet spring elke keer wanneer sy haar vingers op ‘n selfoon kry.  Nee werklik, is daar dan niks uit Matthys Roets se sukses geleer nie?  Hierdie mense het nie nodig om bejammer te word nie, hulle wil dit nie he, hulle verdien om soos gelykenes behandel te word.

happy in a chair

Advertisements

4 comments on “???????????

  1. Willa2 sê:

    Mense kla oor gemengde verhouding? Daar is tog al baie sulke huwelike in die werklike lewe.
    Dit pla my eerder dat ‘n mens nie Saterdag aande tot laat fliek kan kyk op TV nie, tensy jy van seksvideos hou.

  2. ingrid sê:

    Nou praat jy die waarheid. Selfs die 20h00 flieks is al van so ‘n aard dat ek te bang is om die kinders alleen te laat kyk.

  3. Kokkewiet sê:

    Ek stem Ingrid – mense in rolstoele wil nie bejammer word nie. Ek ken ook iemand in ‘n rolstoel en kom ek vertel vir jou, hy is heeltemal onafhanklik. Hy het sy eie besigheid en bly alleen.

    Ek was self al vies vir Felicity as sy so ‘hulpeloos’ iets probeer doen, dat ek wil skree daarvan.

    Jy ken hierdie storie, so al wat ek hier gaan herhaal is dit: hulle is mense net soos ons en die enigste verskil tussen ons en hulle is dat ons loop en hulle ry!!! 🙂

  4. ingrid sê:

    kokkewiet – Go Girl ❗ ❗

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s