*%$#@ emails

Breaki1

Dit is presies hoe ek nou al begin voel.  So twee weke gelede was daar probleme met ons emails, nou is dit weer dieselfde storie.  Ons kan alles doen soos altyd, maar net nie mail stuur nie.  Dit kan inkom, maar jy kan niemand antwoord nie.  Ons is terug op die papier sisteem waar memos geprint en uitgestuur word! Is dit so moeilik vir ‘n internasionale maatskappy se IT ouens om nie die probleem te kan uitsorteer vir eens en vir altyd nie?  Wat dit erger maak is dat daar met mense in Brittanje “gepraat” moet word en nou dit!

As ek nie jou mails antwoord nie, ek lees dit en ek gee om …  Kokkewiet ek wou jou al gister so graag mail, hoop als is ok.

Mooi dag verder vir julle almal en julle is gelukkig om tegnologie te he wat werk!!

craftsman-breaking-computer_~RWF00032

Advertisements

4 comments on “*%$#@ emails

  1. Willa2 sê:

    Sjoe dit moet omtrent frustrerend wees.
    Dellie se raad het toe gewerk. My man het my windows explorer ge”update” vir ‘n slag. Nou sien ek ook Frank se blog.
    Van ons paaie het hier in die Kaap verspoel. Nou is die verkeer nag, want daars minder roetes in Kaapstad toe.

  2. ingrid sê:

    Ag nee Willa, dis nie nice nie, hoop jy’t nie nodig om te veel rond te ry nie. Ja, ek kan ook nou sien wat Frank te se het. Weet nie wat laas fout was hier by ons nie. Dalk het hulle ook die upgrade gedoen en toe so die mails opge***. Lekker dag vir jou, ek sien die weer ouens se dit gaan more nog kouer wees hier, dink dis tyd om na ‘n warmer plek te trek, verkieslik met ‘n see 😆

  3. bierpens sê:

    Hi Ingrid

    daar is paa vieslikke virrusse wat rondloop en die servers aanval … jy sal maar moet ‘n gmail account kry on the side … dit help om nie blind deur die lewe te gaan nie … jy kan gmail ook op jou desktop aflaai … as alles tot ‘n val kom kan jy darem vanuit jou gmail jou werk gedoen kry …

    Lekker week … roepmaar as ek kan help … ek kan nie probleme oplos nie, maar ek kan dalk ‘n pad om dit vind ….

  4. ingrid sê:

    Dankie bierpens, die enigste probleem is dat ons IT ouens soveel firewalls opgesit het dat baie van die sites nou taboe is.

    PS ek like jou blog, gaan kuier gereeld daar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s