Staking, stakings en nog stakings

Ek raak nie maklik in ‘n gesprek oor politiek en sulke dinge betrokke nie, maar hierdie stakingskultuur wat tans in die land heers is verby belaglik.

Ons nuutverkose president is besig om party te hou terwyl die land “brand”.

strike 1Daar word gepraat van R15miljoen per dag wat hierdie nuutste staking die land kos.  Wanneer gaan die regering wakker word en iets doen aan hierdie belaglike situasie?  Die stakings volg mekaar op met meer presisie as branders op die strand.

Gister het die groep stakers opgeruk na die gebou waarin Hannie werk.  Die hekke moes gesluit word om die mense binne veilig te hou.  Hulle wou opsluit ‘n memorandum oorhandig aan iemand binne die gebou.  Een van die sprekers het aangekondig:  “We want to resolve this so that we can go back and drive our beautiful busses and clean our beautiful streets”  Nou wonder ek het enige een van hulle al gedink dat dieselfde vullis wat hulle so lekker in die strate uitgooi deur hulle opgetel sal moet word wanneer die staking verby is.

Tydens die vorige Metrobus staking het die bus maatskappy amper bankrot strike 2gespeel en daar is verskeie mense wat ander reelings vir vervoer getref het en nie terug gegaan het bus toe, toe die busse weer begin loop het nie.  Nou het ons almal weer inderhaas ander reelings getref en sal daar weer ‘n sekere persentasie wees wat nie sal terug gaan bus toe nie.  Ek is nou nie ‘n ekonoom of eers remotely slim met besigheids goed nie, maar nie eers vir my is dit moeilik om te sien dat as jy jou kliente swak behandel en hulle loop weg jou winsgrens kleiner word nie.

Hieride land is arm, daaroor stry niemand nie (sowaar iets waaroor almal kan saamstem) en met elke staking verloor ons meer en meer geld, ons praat oor die vakansie dae wat miljoene kos, maar wanneer gaan daar iets gedoen word om wetgewing in plek te kry om die stakings te “beheer”. 👿

Ek gaan nie vandag maklik weer voor die masjien kan sit nie so ek moet sommer alles in een doen.  Bierpens skryf iets baie waar oor die hele Steve chaos: http://bierpens.co.za/bier

Mooi dag verder en groetnis van huis tot huis.

liewe heksie-2

Advertisements

4 comments on “Staking, stakings en nog stakings

  1. Smurf sê:

    Hi daar Ingrid, ek het gou gaan lees daar by Bierpens se blog. Bierpens is op dieselfde stasie as ons, wat met ‘n ander oog kyk na dinge wat om ons gebeur, wat nie net wil vernietig en afbreek nie, wat mense se lewens uit ‘n ander oogpunt bekyk.

    *************************************************************************

    Net so tussen my en jou, ek wil nou ook nie die Steve storie uitrek nie, maar net goed wat deur my kom maal. soms is daar nie antwoorde en dan probeer ek maar vir myself antwoorde uitdink. 😆

    *****************************

    Ek het glad nie nodig om enige persoon af te breek om goed oor my self en my eie foute te voel nie, dalk is dit die rede hoekom ek nie die liefde vir vernietiging en vernedering van ‘n persoon kan deel met die res wat so teer daarop nie, en veral die media se gejag na nuus en hoe hulle uit hul pad sal gaan om daardie nuus op te spoor. Ek sal ook eerder vir mense vra gaan lees gerus Steve se boek SELF, moenie iemand anders wat Steve haat se weergawe blindelings glo nie, leer Steve die mens ken, en julle sal totaal iemand leer ken wat ontsettend lief is (of moontlik was) vir die wat hom nou so met klippe stook. Ek sal tien keer eerder self iets lees voor ek ander se haat deel en glo.

    Ek kyk nou so na die foto waar Steve en die meisie van 18 mekaar soen, besef die mense dat dit net na die Film, “agter elke man” was Steve was bitter jonk daar maksimum 25/26jr. oud as ek reg onthou sommer self nog net ‘n kind. Nou skryf iemand die anderdag hulle was skoon naar om te sien hoe die “ou” man die kind soen, hoe sien hulle dan nie raak dat Steve in sy twintigs is daar nie?? op daardie foto was hy nog nie eers getroud nie.

    Ek onthou toe ek in Matriek was, my eerste ou was ook nie meer in die skool nie en maklik ook so 25jr oud, dit was niks vreemds nie, niemand het gedink hy is ‘n pedofiel nie 😆 Hy was jonk en windgat en vol humorsin en ek was mal oor hom, ek het nie soos ‘n kind gevoel nie, ons het jare se pret gehad en gelag en gespeel soos wat jong mense maar doen. Miskien moet ek hom nou na al die jare opspoor en ‘n harde tyd gee. Net jammer hy is nie ‘n celeb nie anders kon ek Huilgenoot gebel het 😆 Beslis het ek aanbeweeg met my lewe, dankie tog dat my verstand op 18 kon verstaan dat mens kan aangaan met mens se lewe, anders het ek nou nog gesit en treur! en my hele lewe gemis! “to all the men i’ve loved before” elkeen was spesiaal, op daardie stadium in my lewe, elkeen was ‘n deel van my unieke lewens boek, en so sal ek elkeen onthou en ek haat nie een genoeg om enigeen te probeer vernietig nie. Ek onthou die mooi en die goeie, die lag en die huil, maar nooit met wraakgedagtes nie.

    Hoekom is vroue meer geneig om daarop uit te wees om ‘n man totaal te vernietig, dis nou so oor die algemeen, dit is soos ‘n obsessie by sommige vroue dat die man heeltemal moet vernietig word totaal uitgeroei, met niks sit ? dit was ook nog nooit vir my reg nie, ja hy moet seker betaal vir sy foute dit is reg. maar dan kry jy weer waar die vrou die skuldige is en sy hoef net mooi niks aan die man te betaal nie sy waai net! Mans is ook mense met harte en gevoelens en werk hard vir wat hulle bereik in die lewe. Vroue speel heerlik saam maar as die paw-paw die fan strike dan gaan hulle in ‘vernietig alles’ “mode” in, dan rus hulle nie voor daardie man met niks in die lewe meer sit nie, hoekom?

    Ingrid ek skryf die stukkie nou net om met jou te chat, regtig nie om mense kwaad te maak of om kommintaar te kry nie … dit is maar so tussen my en jou. 😉 miskien kan jy vir my vetel of my kop nou raas of nie! Ek het toe Hoofstuk 7 weer aandagtig gaan lees in Steve se boek, wat moet hy meer as dit sê, laat my wonder of mense werklik dit gelees het as ek so na die media en girls se stories kyk, is dit nie maar waar hulle hul inligting kry en dan die genoemde girls gaan opspoor nie? Was Steve dalkies te eerlik in sy boek?

  2. Willa2 sê:

    Smurf, Ek het ook, eintlik nog altyd met mans uit gegaan wat baie ouer is as ek. MAAR ek was ordentlik groot gemaak en het nie my bene oop gegooi nie. Dit was nie nodig nie. Mans trou nie sommer met die meisies wie hulle almal mee saam geslaap het nie. My man is ook ouer as ek.
    My ouers het 15 jaar verskil in ouderdom en was baie gelukkig getroud tot aan die einde.

    As dit iemand naar maak om ‘n jonger meisie te sien met ‘n ouer man, moet hul maar liefs nie Kaap toe kom nie. Hier is dit nogal ‘n redelike algemene verskynsil. 😆

    Stakings: Wat die mense nie besef, om die hoër lone te kan betaal moet almal hul produk/diens se prys opskuif en stafvermindering toepas. So al wat gebeur als gaan op en nog meer mense raak werkloos. Ons raak eintlik net meer agter/armmer. Wat het geword van al die poste wat Zuma sou geskep het? Ek hoor net van afdankings/stafvermindering.

  3. doddels sê:

    Smurfie, Smurfie gaan maak jou sommetjies. Hy was 31/32 jaar oud. Dink jy dis die norm dat 31-jarige mans 18-jarige girls brand? Waarom nie eerder na sy eie portuur kyk nie. Nee wat, daar’s geen verskoning voor nie. Jy kan maar sê wat jy wil. Almal is nie blind vir celebrities se foute nie.

  4. Smurf sê:

    Doddels ek het nou nie gesit en datums uitwerk met ‘n calculator nie Steve lyk so jonk daar op die foto, en soos sy praat was dit min of meer in die tyd wat agter elke man gemaak is. Ja ek het nou soos jy gemaak en gaan uitwerk 😉 Maar Steve het mos maar altyd baie jonk gelyk. Ek is nie blind vir enigeen se foute nie Die meisies is net so skuldig soos die een nou hier ook erken. Sy is nou verbitter oor hy met die Prokureur van Pretoria uitgaan, soos sy in die artikel ook noem dat sy gehoop het dat hy haar nou sou kom haal omdat hy nou vry is. “niks keer hom nou om met my ‘n verhouding te hê nie, maar dit gaan nie gebeur nie” En dit het toe gelei na die artikel in Huisgenoot! so dink ek, as mens mooi lees is dit wat aanleiding gegee het tot die artikel.
    Ja dit kan help vir ander meisies wat graag met ‘n celeb wil uithang, veral as jy weet hy is getroud,nee sy was maar net tot en met 32jaar effens stupid.

    Ek verstaan wat jy sê niemand is blind vir celebrities se foute nie, maar hulle is so blind vir hul eie foute! ek sal geen klip optel om enige persoon mee te stenig nie, dit is nie in my hande om iemand te oordeel nie. Ek gaan beslis niemand met klippe gooi nie, nie vir haar nie, nie vir Steve nie, ek gooi nie met klippe nie Punt.

    Ek gaan ook nie kwaad wees omdat jy van my verskil nie, nee wat dit is regtig nie dit werd dat mense moet kwaad word omdat ons verskil oor iets nie mense gaan altyd verskil, jy het jou siening en ek het maar my siening oor dinge, ek glo Steve is nie ‘n slegte persoon nie, nutuurlik is ek ook jammer dat sulke dinge nou sy loopbaan en lewe sy gesin en alles beduiwel, maar ek sal eerder wil help en dinge beter wil maak as om te wil dood gooi met klippe. Ek is van die dommes wat eerder sal wil bid dat dit met almal goed sal gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s