Vervaldatum?

Vanoggend oppad werk toe is daar ‘n gesprek oor wat is die regte manier om iemand te vra om te trou.  Die grootste deel van die gesprek gaan by my verby, maar tipies aan my word iets getrigger en begin ek aan iets anders dink as wat die omroepers beplan het.

Is daar ‘n vervaldatum op ‘n verhouding?  Wat ek hiermee bedoel is:  Vir hoe lank is dit ok om uit te gaan voor dat daar ‘n volgende stap in die verhouding moet wees?  Moet daar “evolusie” in ‘n verhouding wees, of is dit maak ok om op ‘n seker vlak te bly vir onbepaald lank?

Hierdie goed het ek begin vra nadat daar vertel is van ‘n man wat vir vier jaar in ‘n ernstige vehouding was, ‘n mooi romantiese naweek weg gereel het, die vrou gevra het om te trou, sy’t nee gese en die verhouding is net daar beeindiExpiryDateg.

Ek het ook mense geken wat vir 9 jaar verloof was, die man het net nooit gevra:  “Sal jy met my trou nie?”  Eendag het sy net moeg geword van wag en dit was die einde van hulle verhouding.  Ek moet se hierdie was in die ou dae voordat mense saam gebly het, so hierdie dame het haar soos ‘n dame gedra en “rein” gebly terwyl sy gewag het vir oom George om die vraag te vra, want dit was beslis taboe dat ‘n dame so iets eerste sou bespreek.

Laat mens ook dink hoeveel wysheid die “ou mense” gehad het om te se:  As hy melk verniet kry, hoekom sal hy die koei koop? 😉  Ek het een keer ‘n kollega gehad wat besluit het om by haar verloofde op die plaas te gaan bly.  Hy het wel in sy huisie gebly en sy by sy ouers in die huis, maar sy was net 500m weg.  Hy’t nie nodig gehad om moeite te doen om te kom kuier nie, sy het elke dag heen en weer dorp toe gery.  Julle is pragtige jong mense en hulle verhouding was vinnig besig om uitmekaar te val, sy wou commitment gehad het, hy’t geen rede daarvoor gesien nie.  Ons het lank gepraat en sy’t terug getrek na ‘n woonstel in die dorp.  Ses weke later het ons begin troukaartjies maak, vandag is hulle al sewe jaar getroud en het twee pragtige kinders en hulle boer saam op daardie selfde plaas.

Hoe voel julle hieroor, moet daar nog ‘n fase wees, hoe lank sou jy gewag het voordat jy begin voel het:  hy gaan nie ‘n eerbare vrou van my maak nie?

Dan is die ander kant ook baie waar, dat sommige mense vir jare saambly, trou en binne maande geskei is, trou het nie vir hulle gewerk nie.  Hoekom nie?  Sommige van hulle bly na die egskeiding weer saam met dieselfde persoon en is weer net so gelukkig soos voor hulle getroud is.

Ingrid handtekening

Advertisements

10 comments on “Vervaldatum?

  1. Hannie sê:

    Daar is defnitief nie n manier wat ek 4 jaar gaan wag nie , ek is te ongeduldig, ek kan eerlikwaar nie wag om jou my wettige vrou te maak nie , jou vir ewig net myne te maak nie, my van vir jou te gee en te kan spog dat jy myne is nie.

  2. Smurf sê:

    Ingrid,

    Ek dink dit sal maar altyd so gaan want dit hang af van mense se persoonlikhede, soos wat ons verskil in baie dinge so gaan mense verskil oor hierdie kwessie. Jy sal die man/vrou kry wat sal tevrede wees met net saambly, en dan sal jy die kry wat onseker voel met so verhouding en dan gouer wil trou, want hulle wil nie onseker voel oor hul maat nie, dan is daar nog die wat glo aan eers trou en beslis nie sal saambly nie (al hoewel dit, is deesdae glad nie die norm nie)

    Dit sal altyd so gaan, en dis waar wat jy sê ek weet ook van ‘n paartjie wat lank saam gebly het en dit het goed gegaan maar die oomblik toe hulle getroud is toe baklei dit soos kat en hond.

    ***************************************************************************
    Die beste antwoord op die comment!
    HANNIE, !!!!!!!!!!!!!! Pragtig en hier vra jy nou vir Ingrid so op die net om met jou te trou!!! INGRID laat weet ons wat is jou antwoord!!! ONs wag!!
    en Hannie wag!

    ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  3. ingrid sê:

    Smurf, ek sal jou slat ne 😆
    Ek het nie gedink julle sou vir een oomblik wonder wat die antwoord is nie, daar kan tog net een wees: JA.
    Eintlik het sy darem al lankal gevra, maar soos soveel keer gebeur is daar soveel goed wat uitgesort moet word. Ons wil dit regtig spesiaal maak, veral vir die kinders en hulle deel daarvan maak. Dit moenie ‘n vinnige iets wees nie, so die enigste oorsaak hoekom dit nog nie gebeur het nie is om die budget te laat werk.

  4. Smurf sê:

    Ag ek weet mos! en ek weet die dag as dit gebeur gaan julle dit baie spesiaal maak!! veral vir daardie kindertjies van julle! 😉

  5. Smurf sê:

    Ek het glad nie ‘n vervaldatum nie, my man het my gekry sonder vervaldatum so hy kan nooit gaan kla of my terugvat nie, hy sit nou maar met my! Moontlik maar ‘n fabrieksfout! Ek dink hy het my voetstoots gekoop 😆 😆 “as is!”

  6. ingrid sê:

    Ek like daai siening. Mooi so Smurf 😆

  7. Hannie sê:

    Smurf dit is NIE die dag AS dit gebeur nie , dis die dag WANNEER dit gebeur, daar is geen as ter sprake nie , dis net n kwessie van tyd. maar gebeur GAAN dit gebeur en hoe gouer hoe beter !!!! 😉
    Daar is ook nie iets soos n fabrieksfout nie , party van ons kom maar net SONDER vervaldatums , ‘GOOD FOR LIFE” , en ek glo ook nie dit was voetstoots nie , die beste kan nooit tweedehands wees nie 😆 en ek weet ek het die beste en ek verruil dit vir niks of niemand nie 🙂

  8. Willa2 sê:

    Weet nie, waar moet ‘n mens kyk vir die verval datum? 😆

    Mooi dag vir almal.

  9. Liewe Heksie sê:

    Hoe werk dit in ‘n lesbiese verhouding as mens trou? Ek meen hoe besluit julle wie neem wie se van aan? Ek vra want ek sien Hannie sê dat sy nie kan wag om haar van vir Ingrid te gee nie. Kan mens dus aanneem dat daar wel geslagsrolle in gay verhoudings is of nie? Hoe werk dit?

  10. Hannie sê:

    Dit is nie te se dat daar geslagsrolle in n lesbiese verhouding is nie , dis mos maar net iets wat besluit is ! Kyk vir Riaan Venter, toe hy met Michelle Garforth getrou het ,het hy haar van aangeneem , hy is nou Riaan Garforth-Venter of so iets , wat ek eintlik probeer se is dat daar mans in heteroseksuele verhoudings is wat hulle vrouens se vanne aanneem as hulle trou, so met ander woorde het geslagsrolle het niks daarmee uit te waai nie , dis n persoonlike besluit. Dit werk mos maar net dieselfde in n lesbiese verhouding soos in enige verhouding,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s