Besige week!

Vriende ek hoop julle het ‘n great naweek gehad.  Dis Maandag en die begin van ‘n vreeslike besige week, so as julle min van my sien, dis die rede.

Dankie Smurf vir jou mooi woorde , altyd welkom hier.

WOW wat ‘n naweek.  Saterdagoggend moet ons vir Maggie sien, maar Quinton staan op met ‘n ongekende uitslag oor sy magie en binne minute is dit tot op sy rug.  Dit lyk soos opgehewe vlamme, maar daar’s niks met hom fout nie dit jeuk net vreeslik.  Ons trek hom uit, bad hom in sout en smeer anti-histamien salf en gee ‘n allergie pil.  Hannie bel vir Maggie om te hoor of  die ringe reg is, soos belowe en sy se nee, ons moet net eers wag die persoon wat die stene moet set se plek is beroof hy moet deur alles gaan om seker te maak wat daar aangaan, sy sal bel.

Die gewone dag gaan voort en Quiton se uitslag gaan weg en hy speel, kom raak aan die slaap, seker van die pil, toe hy opstaan is dit nie meer op sy lyf nie, maar op sy bene en twee merke in sy gesig:  Weg dokter toe – diagnose, ‘n onbekende allergie, gee kinder siekte nie, maar hy weet ook nie wat die oorsaak is nie.  Voorskrif- R500 later by die apteek uit en huistoe.  Nou kom en gaan die uitslag, maar die kind is nie siek nie, so die lewe gaan aan.

BSP2005_resize-174x131Terwyl ons by die dokter is bel Maggie om te se sy sal ons kom sien so na 3 die middag, sy het die een ring, die ander sal hierdie week gemaak moet word, want van die goed is deurmekaar en weg.  Sy kom so kwart oor drie daar aan en die ring oortref alles wat ek my verbeel het dit gaan wees.  Dis ‘n ander saak om iets op papier te sien en om dit in die werklikheid te sien, niks op papier kan jou vertel hoe fire opal gaan lyk nie, want dis ‘n steen wat lewe en die kleure verskil heeltyd.  Nou wag ons vir die tweede verloofring en die twee troupandte om klaar te wees.

Ek neem die ring af en sit hom op my foon, Hannie se:  Vat saam met jou as jy wil, nee se ek nie tot ons altwee het en amptelik verloof is nie.  Ons wou eers net die een ring gehad het wat dan as trou en verloofring sou dien, maar het besluit om nog ‘n pand met drie diamante by te sit vir ‘n trouring omdat die effek presies is wat ons wil he.

Die res van die naweek was voorstedelik soos kan kom, wat die meeste mense as boring sal beskou, maar boring is soms nodig en om saam met my mense te wees is vir my nooit boring nie.

Ek sien Christina loop die ou ou bekende paadjie:  Ek soek aandag en jaag k*k aan, ek kry dit, kom agter dis nie wat ek wou gehad het nie, want die hitte is bietjie te erg (what the f*ck were you thinking), nou is ek ‘n soet outlike Christen dametjie wat vir almal bid en so jammer is die vrou van die man, wat ek geweet het getroud is, het seer gekry terwyl ek geweet het dit was net seks gewees – Shamepies tog, aan al hierdie dinge moes sy maar gedink het voordat sy haar tjekkie by Esmare loop haal het, wys jou net wat geld kan doen…

2hearts

Advertisements

2 comments on “Besige week!

  1. Smurf sê:

    Ja nee Ingrid toe ek die artikel lees van die Christina girl, toe besef ek ook dat sy nou al klaar spyt is omdat sy geval het vir Huilgenoot en sommmige joernaliste wat haar mos gaan “opspoor” het en omgepraat het om haar storie te plaas sodat sy kamtig beter sal voel en met haar lewe kan aan gaan “shame” hoe dom kan sy tog wees, ja en nou speel ons die Christenkaart! bid vir Steve en sy familie, kan jy glo!! Ek begin ernstig dink dat hierdie girls se koppies raas geweldig, iewers is daar ‘n groot skroef los. hulle is tog nie werklik so dom nie.

    Wanneer gaan die girls leer dat die opsporings joernaliste net nuus soek en ook grotendeels hul mes in het vir Steve en dat geen koerant, Huilgenoot, Esmarie of enige Joernalis enigsins belangsel in hul lewens of hoe hulle voel of omgee vir hulle nie. Ek glo nog Esmarie, sit agter al hierdie stories en sy sal nooit ophou nie, want naspers betaal deur hul ore om ‘n storie te kry, maak nie saak hoeveel mense hulle in die proses vertrap nie. Maar ek glo die wiel gaan nog draai, wag maar al is dit veel later.

    Skielik is Janine se prokureer ook nou stil na die storie van die porn fotos geplaas is op Steve se blog …. nou hoe nou, elke keer wat Steve iets geplaas het , was Janine en haar Prokureer op die voorblad oor wat Steve gesê het en dan het hulle nog 100 goed ekstra teen Steve vir hul hofsaak , en nou! … geen kommentaar, en Christina kon hulle nie opspoor vir kommentaar oor die porn fotos nie Huh!! hoe nou ? Mens vemis hulle eitlik in hul skielike stilswye!

  2. ingrid sê:

    Ja, Smurf, sal ook nie verstaan nie, dalkies het die “dames” gedink hy’t nie enige fotos gehou nie, of het hulle dalk vergeet dat hulle kwaai jag gemaak het op ‘n getroude man?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s