Hoe laag is ons hier in die kombuis?

Vriende, Ian kom hier ingestap en voel dat ek nou werklik te laag daal omdat ek (en dis ‘n aanname) deur Smurf beinvloed word.  Duidelik voel hy ook dat hierdie blog besig is om te sink omdat die comments al minder word. 

Se gou vir my wat’s nou weer die verskil tussen laag en commin wees?  Onthou julle so hele ruk terug was daar ‘n ding wat die rondte gedoen het wat gese het dis eintlik in die mode om kommin te wees.  Die dage toe ek nog by Platkuif gaan inloer het, het hulle gereeld trots verklaar dat hulle kommin is.  As ons nou laag is en laag = kommin beteken dit ons is mos nou in goeie geselskap dan nie?

Om eerlik te se as ek van buite af in kyk deur die kombuisvenster was daar postings wat laer was as die een wat nou as laag gesien is.

Sorry as julle dit nie meer like om hier te kom koffie drink nie, die wat daarvan hou, julle is welkom soos altyd.  Smurf ek like jou, het jou van lank se dae af gelike en ek dink nie jy’t my saam met jou in die diepere laagtes ingetrek nie.

Guess what dis nogal lekker hier onder, want as jy mos eers hier is kan jy nogals nie val nie en soos ek die kinders so kyk is dit nogals seer om te val, veral as die kniee so nerf af is.

Ag nee ouens daar’s veel erger dinge in die lewe om oor ernstig te raak.  Kom ons smile en gaan aan met die lewe.  Dalk net so ietsie ter afsluiting.  Al is die comments laag is die hits nog heel ok, dankie en selfs dit maak nie saak nie.  Onthou julle nou weer ek’s nie ‘n wannabe celeb nie. 😉

Advertisements

12 comments on “Hoe laag is ons hier in die kombuis?

  1. Beertjie1 sê:

    Hi, waar val Smurf nou uit. Ek weet van baie wat hier lees maar nie comment nie, ek los net so af en toe ‘n boodskap maar lees elke dag. Geniet jou blog en onthou dis vir jouself wat jy dit doen en vir niks en niemand anders nie.

    Ek sal defnitief weer hier om koffie drink.

    Groete uit Kiwiland

  2. Beertjie1 sê:

    Skuus nie SMURF nie, ek bedoel Ian, sorry SMURF, vingerfout, ek lees jou baie raak op Bosparra.

  3. ingrid sê:

    Dankie Beertjie 1, ja jongie daar’s wierd goed wat hier in die blogwereld gebeur. Lekker dag 😆
    O ja soos jy se ek doen dit vir myself en my geliefdes, vir niks en niemand anders nie.

  4. Smurf sê:

    Hi Beetjie1
    😆 nee dis iemand anders wat Hy/sy se speelgoed so uit die kot gooi oor net mooi niks!! seker maar net so bietjie met die verkeerde voet uit die bed geklim, 😉 maar gelukkig is die koffie baie lekker hier en jy moet weer kom inloer en gesels, Ingrid se koffiekroegie staan oop vir almal, hier is selfs koffie met ‘n skoppie ook as iemand verkies.!!

    Ingrid;
    Jong daardie skryf ding, ek weet nie, sal nog mooi dink daaroor , jy weet ek is OK., maar die blerrie Smurf, 🙄 dis hy wat soms te veel praat ek dink hy was ‘n Rittelin baba! 😆 Ek moet ou Smurfie gereeld daar na die Attention Deficit & Hyperactive Support Group toe vat!!! 😆 😆

    Die verskil tussen LAAG en COMMIN?? ja ek dink laag is as jy smoor dronk by die huis kom en jy kruip so LAAG moontlik by die agterdeur in sodat jou wederhelfte jou nie moet gewaar nie, en dan skrik jy jou gaai af as Hy/sy so agter jou bulder; ” Ja nee wragtig alweer heeltemal COMMIN vanaand !! vir wat kruip jy hande viervoet hier op die vloer rond! ”
    Dis die verskil tussen LAAG en COMMIN!! 😆

    Pssssst! miskien kan Ian vir ons kom poduidelik?? of hoe? ou Smurfie is so bietjie bam daai oom /tannie Ian 😉

  5. ingrid sê:

    Thanks Smurf, sien jy sit altyd ‘n smile terug as hy so bietjie weg stap. 😆

  6. Willa2 sê:

    😆 Smurf ek het nou omtent lekker gelag vir jou. 😆
    ‘n Lieflike dag vir almal.

  7. ingrid sê:

    Dankie Willa2, hoop die weer is beter vandag daar in die Suide. 😉

  8. Ogies sê:

    Ek dink die koring is besig om van die kaf geskei te word. 🙂

  9. ingrid sê:

    Hello, Maatjie, bly om jou hier te sien met ‘n smile en al. Mooi dag vir jou 😉

  10. Gerba sê:

    Hi Ingrid

    Wil net se, moet nie moed verloor nie. Ek lees elke dag, al comment ek nie baie nie en ek is seker daar is baie ander soos ek.

    Ek geniet jou blog, is oop, eerlik, menslik.

    Doen so voort met die goeie werk.

    Sterkte
    Gerba

  11. lettiekonfetti sê:

    hoor hoor!! x ook gereeld rondom jou kombuistafel – al het ek nie elke dag lus vir saampraat nie 🙂
    x impress met jou visitor location map!!

  12. ingrid sê:

    Dankie ouens, julle sorg dat die smile daar bly. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s