Dankie

dankie1

Dagse, Sjoe wat ‘n deurmekaar dag.  Nou raak cyberspace ook snaaks en kom plaas Smurf se comment onder moderation en dit terwyl ek so ver van ‘n rekenaar af is.  Sorry Smurf, ek belowe dit was nie ek wat so simpel was nie!

Aan almal wat kom moed in praat het na Ian se kometaar, ‘n groot dankie.  Nee wat ek was nog nie naby moed opgee nie.  Gaan loer bietjie wat se Ogies en Nelba oor blogging. http://ek1234.blat.co.za/  http://windpompevygies.wordpress.com/2009/08/14/blogkarakters/

rumors 1Ek het ‘n mail van ‘n goeie blogvriendin gekry vanoggend en het weer gedink oor al die moddergooier wat daar na ons kant toe geslinger word.  Jy hoor iets oor iemand, gee nie ‘n hel om of dit die waarheid is, of dit die persoon kan seermaak en of jy die reg het om dinge te doen of te se nie en voila jy hol daarmee weg.  Ek het my share van dreigemente gehad, iemand was so gaaf om my eenkeer te dreig met ‘n eis van R100 000, gelukkig het ek vriende wat meer van die persoon kon eis as hulle wou.  Ek is herhaaldelik deur mense gedreig met sake en dat ek die blog moet sluit, goed moet delete ens.  Daar is sommige mense wat glo as jy oor iets skryf waaraan hulle skuldig is jy aan hom/haar spesifiek dink, NOT!  Ek skryf oor dit wat op daardie dag die meeste in my kop ronddraai en glo my dit kan ‘n deurmekaar spul wees, partykeer. 😉

Smurf, ek het jou links gaan lees.  Die eerste een is so ontstellend waar dat dit ‘n mens eintlik bang maak.  Ek praat nou die dag met ‘n vrou wat met geur vertel dat haar familie haar toekomstige man se bankstate gevra het voordat hulle besluit het of hulle hom in hulle kring sal toelaat en vir haar is dit reg en goed so! 

Kyk laat ek julle se toe ek en Hannie die dag saam begin het, het ons letterlik niks gehad nie.  Ons het ons kinders, klere, komberse en ‘n matras gehad wat ‘n vriendin ons geskenk het en ek het gewerk, Hannie het in daardie stadium nog nie haar ou werk terug gehad nie.  O ja en ‘n stukkende kar.  Ek het geld uit ‘n polis onttrek om kos te koop en die kar te laat regmaak en ons kinders in die skool te kry.

Die dag toe ons in die huis in trek, onthou ons het vir ‘n ruk ‘n huis met mense gedeel, het ons ‘n bed vir elkeen, ‘n laaikassie, room divider, ‘n geleende TV-stel en ‘n leunstoel gehad.  In Maartmaand het die sieklike kar besluit, genoeg is genoeg en hy staan van daardie tyd af.  Tans het ons nog goed bymekaar gekry, nie omdat ons oulik is of genoeg geld gewen het nie, nee deur genade en ja daar was vriende wat vir ons bv. ‘n sitkamerstel geskenk het, toe hulle ‘n ander een gekoop het. 

Wat probeer ek se:  geld het nie ‘n verskil gemaak nie, liefde het wel.  Nie een van ons was nog ooit so gelukkig soos die laaste jaar nie.  Ons kinders het nooit sonder kos gaan slaap nie, maar meer nog hulle het nog nie een aand gaan slaap en gewonder hoekom skree my ouers op mekaar nie.  Ons het mekaar nog nooit fisies aangerand nie.  Ja, ons het al baklei, dis net logies, maar niks was groter as ons liefde vir mekaar en vir ons kinders nie.  Amber het nou die dag in al haar 9 jarige wysheid kom se:  “Mamma, dit gaan al weer beter, want ons het elkeen nuwe klere gekry.  Een van die dae sal ons ook weer see toe kan gaan en vir die meisies die see gaan wys.” 

Sien ek se julle my kop orden nie altyd alles so mooi nie.  Ek wou net ‘n kort inskrywing maak om dankie te se en kyk nou net.

Die varkgriep ding is ‘n ander storie all together.  Ek sal more ‘n inskrywing daaroor maak.  Uit die aard van my werk is dit nogal een van die dinge wat deel van my daaglikse brood en botter is.

Ingrid handtekening

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s