2 September 2009

Daar is iets aan onthou dinge wat met sekere aniversaries erger is as met ander, of voel dit net soms so?

Copy of dscf1542[1]Amber is vandag 10.  Ek kyk deur ‘n klomp ou fotos en ek is skielik bitter spyt dat ek nie 10 jaar gelede al ‘n blog kon begin het nie.  Soos julle weet is die meeste van my fotos daarmee heen, my laptop se harde skyf het skade gekry waar baie goed op gestoor was, ek’t nie back-ups gemaak nie, sou dit more doen …  My foto albums met letterlik honderde fotos het my eks gesorg dat ek nie in die hande kry nie…

Tien jaar se onthou … die grootste emosie wat ek op hierdie oomblik ervaar is dat ek so bitter jammer is dat amper 9 van daardie tien jaar soveel seer vir ‘n klein mensie ingehou het, dat dit my vier jaar gevat het om te doen wat ek tien jaar gelede al moes gedoen het.

Die dag toe Amber gebore is het haar pa laat by die hospitaal aangekom en is na ‘n rukkie weer daar weg om saam met sy vriende te gaan kuier en te gaan drink.  Ek moes my kind toe gevat het en so ver moontlik weg gekom het, maar dit sal mos weer beter gaan en after all het my voorsate my geleer ‘n mens trou nie om weer te skei nie, in elk geval nie na 18 maande nie.

Dit het toe nie beter geword nie, dit het slegter geword.  My kind het my lewe geword.  Ek het ‘n consious besluit geneem dat sy nie alleen sal wees as ek eendag nie meer daar is nie, ek was die enigste kind en die dag toe Quinton gebore is was ek alleen in die hospitaal, Maria (Amber het haar My Dria genoem) het by Amber gaan slaap.  Ek het hospitaal toe gery, die volgende oggend na die keisersnee met Quinton in die kar geklim en self huistoe gery en saam het ek en Amber vir Quinton begin groot maak.  Ons het hom bederf, sy’t hom by die dagsorg opgepas, as ek uit die dorp moes gaan vir werk en hulle by ‘n vriendin moes bly het sy gekyk dat haar boetie ok is, dat hy nie bang is sonder mamma nie.  Vandag nog kan hy nie sonder sy Dole wees nie – sy het twee weke terug na ‘n skoolfunksie toe gegaan op ‘n Vrydagaand en hy’t geweier om te gaan slaap voordat sy terug is by die huis.

Die dag toe sy uitvind haar pa het haar naam gekies het sy aangekondig dat sy nie langer Jaundre sal wees nie, maar Christine en sy’t geweier om op haar eie naam te reageer.  Toe ek uiteindelik die moed bymekaar kry om alles agter te los en van voor af te kom begin in die big bad city het sy gese hulle moet haar op haar tweede naam noem en sy was Amber – Jaundre met al die seer wat dit vir haar ingehou het, het nie meer bestaan nie.

Vir die eerste keer kon sy vir die laaste 13 maande net my dogtertjie wees, sy hoef nie meer een van die ouers in die gesin te gewees het nie.  Haar beskermsdrang is steeds daar en as Quinton raas kry en hy huil sal sy hom skelm gaan troos, sy sal haar lekkers en kos met hom deel as hy nog wil he en sy het nog oor, maak nie saak of daar nog is nie, sy sal hare vir hom gee.  Sy het haar sussies onder haar vlerkke begin intrek en as daar dalk te hard met Vlooi gepraat word na haar sin sal sy kom se:  Die tannie het met Vlooi geraas, nou huil sy.  Sy’s selfs braaf genoeg om te se:  Dis nie so erg nie, dis nie nodig om met die kind te raas nie.  As Pokkel voor die TV aan die slaap raak en ons dra haar nie mooi genoeg na haar sin kamer toe nie, sal sy se:  Dra die kind mooi, sy sal haar kop stamp.  Sy doen gereeld verslag dat iemand se voet gestamp was en gebloei het by die nasorg en dat sy vir hulle ‘n tissue gegee het om daar te hou sodat die bloed kan stop.

Sy is ons omgee kind, ons nurse, toe almal verkoue gehad het en gehoes het, het sy Vicks gevat en hulle kele en borsies gesmeer. 

img_2187[1]Ek skryf en soos altyd is die blog terapie, want die emosie het verander van skuld en hartseer na dankbaarheid en trots.  Dankbaar dat hierdie dansende vlinder se vlerke nie deur die lewe gebreek is nie, sy was net toegevou in donker hande, maar nou is sy vry om te lewe,  om kind te wees, hokkie te speel, Barbie pop te speel, met blink ogies te se sy kan nie wag vir haar troue klere om klaar gemaak te word nie.

Dankie vir almal wat ‘n steentjie kom bou het in die huis wat hierdie kind se lewe is.  Daar is so baie:  Maria, Dorethy, Tannie Almarie, Corita, Lindy, Yvonne, Marietta, Riette, Mike, Madelein en natuurlik Steve – jy het my kind geleer dat sterre mense is, dat hulle foute maak, dat hulle harte het en omgee, dat jy vir iemand mag kwaad word en kan se ek’s jammer.  Die grootste dankie is:  Dankie Hannie, dat Amber weer kan vlieg en dartel en kan lag en kan heel word, sonder jou sou dit nie gebeur het nie.  Die paaie van die lewe loop snaakse draaie, maar eers as ‘n mens terugkyk kan jy sien hoekom dinge gebeur het om jou tot hier te kry.

dsc00075[1]  IMG_2037  dscf1652[1]  DSCF2022  IMG_2081  IMG_4468  verjaardag 0209 

Advertisements

9 comments on “2 September 2009

  1. Willa2 sê:

    Baie geluk Amber! Mag jy ‘n wonderlike jaar hê.
    Baie geluk aan jou ook Ingrid. Jy is bevoorreg om so ‘n pragtige dogter te hê.

  2. ingrid sê:

    Baie dankie Willa2, jy’s reg dit is ‘n voorreg.

  3. Ogies sê:

    Ingrid, ek kan niks hier sê wat vandag my trane gaan wegsteek nie. Ek jubbel en dans oor hierdie klein mensie wat weer kon kind word. En soos jy sê, die hartseer het verander in trots en dankbaarheid. En jy moet jouself ook toelaat om “gesond” te word van hierdie seer. Dis die beste wat jy vir haar en jouself kan doen.
    Liefdetjies

  4. Cupcake sê:

    Liefste Amber Kind – In jou ogies sien ek die siel van ‘n “fighter en survivor”. Alles in die lewe dra by om mens te shape vir jou toekoms en mag jy kop en skouers bo almal uit troon!

    Ingrid, ek hoor wat jy se, maar moenie die lelik wat hierdie mens aan julle gedoen het saamvleg met julle geluk, liefde en vrede nie. Die lewe het ‘n manier om jou mooi terug te betaal vir jou input.

    “You receive from the world what you give to the world”

    HAPPY BIRTHDAY jou pragtige, liewe kind!!! xxx

  5. ingrid sê:

    Dankie julle.

  6. Smurf sê:

    Ingrid;

    Weereens het jy so diep uit jou hart geskryf, en die liefde vir jou kinders lê so tussen elke reel ingeweef. dit is pragtig .

    Hartsgeskenkies (ons kinders) en ook jou pragtige Amber kind.

    Dit is nie die dinge wat ons koop
    Wat ons verryk of verbly nie
    Maar wel die “die geskenkies van die hart”
    Deur geld nie te verkry nie.
    ‘n glimlag bly, ‘n woordjie sag,
    ‘n hoofknik stil en teer,
    is alles klein geskenkies uit
    Die Skatkis van die Heer.

    Amber, baie geluk met jou verjaardag, jy is so pragtige meisie!

  7. parkes1 sê:

    Amber Baie Geluk!!!

  8. Wipneus! sê:

    Baie geluk Amber!

    Pragtige meisiekind Ingrid! 🙂

  9. ingrid sê:

    Baie dankie almal, julle is die rede vir elke letter wat hier verksyn.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s