Troue vrees

december_wedding_turquoise_postage-p172688980502694799anr4n_400

Willa2, skielik het jy my nou paniekerig.  Ek wou se:  Dit gaan goed met die planne alles lyk of dit in plek val en toe…:cry:  ek besef:  drie maande!  Mense weet julle hoe kort is drie maande?  Ek kyk na al die fensie wedding planners en almal praat van ten minste ses maande ❗

title-checklist

Soos julle weet het ons nou die datum.  Die eerste datum wat 28 November, wat my dus nog minder tyd sou gegun het!

Ok wat het ons sover?

  • 1 kind se klere – klaar, nog net ‘n soom wat kort
  • 1 kind se klere so 25% klaar
  • 1 kind se materiaal gekoop, in die kas 🙄
  • 1 bruid se patroon en materiaal gekoop en in die kas 🙄
  • 1 bruid se patroon gekoop en uitgeknip
  • bosse kunsblomme in die kas 🙄 (ons wou graag vars blomme gebruik het vir die blomme kransies, maar die gebrek aan vervoer op die dag en die finansies het ons laat compromise
  • 1 vrugtekoek gebak, besig om ryp gemaak te word, versiering 🙄  (ons het besluit om by die tradisionele vrugtekoek te bly)
  • sakkies vir wedding favors gekoop, in die kas 🙄
  • kaartjies vir wedding favor sakkies gedruk en gelamineer 😆
  • 1 stel trouringe in Hannie se sak, ander stel word gemaak 🙄

Dis waar ons nou is, o ja en dan praat ons nie van die kilogramme wat verloor moet word nie 👿

Kan julle sien hoekom ek begin panic?  Dit voel of daar baie tyd is totdat jy voor so ‘n duidelike uiteensetting geplaas word en guess what ons sal self moet sorg vir die eetgoed en ek sal nie ‘n week voor die tyd kan afkry nie, daar moet nog gewerk word ook!

As julle sien die blog raak onsamehangend, skree vir Wipneus om die ouens met die wit baadjies te stuur en die spons vertrek reg te kry 😆

Nee, eintlik is alles baie opwindend.  Die skoenlappers moet daar wees, ‘n sekere mate van stress sorg dat dinge gedoen word.  Ek’s maar net ‘n tipiese control freak en wil alles gister en twee jaar vooruit gedoen he.

ingrid

Advertisements

9 comments on “Troue vrees

  1. Smurf sê:

    Maak so Ingrid , 😉 ek sal reëlings met Wipneus tref vir daardie Sponskamer!! Ek is op gereedheids grondslag vir enige ongevalle! sal ook sorg dat al my troepe op bystand is, …. dit is reeds so stil op die front die afgelope tyd, so die troepe het bietjie oefening nodig! 😉 Die Generaal is absoluut te stil na my sin, (weet nie met watter strategie hy weer besig is nie 😕 …dalk weer ‘n stilte voor die storm 😆 )

    So Smurf se troepe is beskikbaar vir enige hulp wat julle benodig, body gaurds, beveiliging, nooddienste noem net en dit is gedoen! 😉 Moet nie verder komkommer nie! soos ek sê die troepe lê net rond en doen klokol!

    Moet tog net nie op my knoppie druk vir enige naaldwerkies nie, daarvoor is ek glad nie opgelei nie, te militaristies daarvoor! 😆 ( naaldwerk en ekke???? nie ‘n goeie kombinasie nie!

  2. Smurf sê:

    Toe, Toe, toe!!! laat jy aan die werk spring …min dae!! hou op om jou ogies so te rol hierbo! 😆 ….. ek gaan hulle nie vir jou terug rol nie!! 😆 😆 😆

  3. ingrid sê:

    😆 Ja, die minister het gepraat so daar moet geluister word. Sal maar die blikkie wurms oor Armand toe hou, sien Gavin en Ansie maak genoeg geld. 😉 Gaan loer sommer hier ook: http://www.passi.co.za/ Dankie aan Petro.

  4. Willa2 sê:

    Sterkte… dis ‘n kort tydjie vir baie reëlings, maar ek weet sommer julle kan en gaan dit alles regkry.
    Sjoe nou het jy my omtrent lus. Ek kan nie onthou wanneer laas ek vrugtekoek geëet het nie.

    Blonde vraag: Wat is die storie oor Gavin en Ansie …. en wie is Ansie? Ek weet darem wie Gavin is. Skuus maar ek is maar altyd agter met skinder nuus.

  5. ingrid sê:

    Dankie vir jou vertroue. Toemaar Gavin is net so agter of net dalk het die nuus nou eers sy ore bereik omdat daar mense is wat geld nodig het in die huidige ekonomiese situasie. Ansie is Armand (Steve se een buite egtelike seun) se ma. Die kind het besluit om sy pa se van te gebruik, 2 jaar gelede al. Sondag het vriend Gavin hom genope gevoel om daaroor te berig en ‘n voorblad pic en irrelevante opskrif in die hoek te gebruik om sy “koerant” te verkoop. Shame dit moet swaar wees om so enige iets te try net om sirkulasie syfers op te jaag. Net jammer hy het ongegrond as usual vir Devon en Charissa betrek. OK ek het ‘n troue om te reel en sal NIE kwaad word en Gavin vloek vir die lae slak wat hy is nie. 👿

  6. Willa2 sê:

    Sorry wou jou nou nie kwaad maak nie. Gebruik eerder daardie energie vir die trou reëlings, dan is als sommer nou-nou klaar. 😆
    Rapport moet omtrent “hardup” wees vir stories. Maar dis seker ook al hoe hulle hul koerant verkoop kry, is om Steve se naam te noem.

  7. ingrid sê:

    Toemaar, ek het geleer om entiteite soos Gavin te sien vir wat hulle is, aandag soekerige moeilikheidmakers wat daarop uit is om ander seer te maak. Ja, die media wereld is weir and wonderful, dalk moet ons na die kwaliteit van die joernaliste kyk, as jou skryfstyl en storie goed is sal mense jou publikasie koop om te sien wat jy gese het, as jy niks het om te se nie moet jy ou fotos uit die argiewe gaan grou, op jou voorblad plaas net om iets te verkoop.

  8. Wipneus! sê:

    Nee man maak los die boude en chill. Geniet dit net!!! It’s your moment girl! 😆

  9. ingrid sê:

    Dankie Wip, oppas, onthou jy’s baie naby, daar kan dalk werk jou kant toe gestuur word 💡

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s