75 dae, bp vs media 24 en Steve

wedding-bells-with-hearts_small

75 dae, nog net 75 slapies, toemaar ek’s heeltemal rustig, alles is on tract, die kinders is opgewonde, met elke nuwe ding wat klaar gemaak is, besef hulle die werklikheid is voor ons oge.  Hierdie is een droom wat niemand en niks gaan kelder nie.  Daar is te veel mense se geluk wat op daardie dag geseel gaan word.  Ons geniet elke oomblik daarvan om voor te berei en elke minuut se werk is oor en oor die moeite werd.

Smurf, nee jong, ekke kan mos nie daar by Platkuif se plek in nie en my selfoon wil ek ook nie daarvoor gebruik nie, die lugtyd is belangriker vir ander dinge.  Nie dat ek vir Kuifkop hulle minag nie, alles behalwe ons twee het ‘n ooreenkoms van :  ons sal nooit saam stem oor sekere dinge of mense nie, maar ons gun elkeen die ander een ‘n stukkie son.  Interessant dat media 24 hom aanvat, is hulle werklik bang dat ‘n blog hulle aansien kan skade doen of hulle kliente kan verminder of wat sal die motief wees?

Ek het Steve se inskrywing gesien, goed om weer ‘n lang stukkie van hom af te sien en die bekende en beminde persoon weer raak te lees.  Dis soos ek gese het dit maak nie saak wie se skuld dit is dat ‘n verhouding of huwelik nie werk nie, daar is nooit een persoon wat nie seerkry nie, of  jy nou die een is wat loop of wat agterbly, wonde sal daar wees en tyd en rustigheid is al wat help om dit gesond te kry.  Baie jammer dat Steve die rustigheid nie gegun is nie, maar dis ook deel van die verlede en diegene wat daarvoor verantwoordelik was sal maar die gevolge van hulle dade moet dra, net soos elkeen wat glo hulle weet wat die beste vir iemand anders is en dat hulle die reg het om vir vriende, familie, kennisse of selfs vreemdelinge te kies.

Ingrid handtekening

Advertisements

2 comments on “75 dae, bp vs media 24 en Steve

  1. Smurf sê:

    Nee vrek ek weet nie Ingrid, sien maar net dat dit ‘n brief van Media24 se prukureurs is, ek glo nie hulle is bang vir die blogs nie, daarvoor is daar te min mense wat regtig elke dag blogs lees teenoor koerante. Weet nie regtig wat die storie is nie sal eers alles mooi moet gaan deur lees (as dit nog daar is) het net so vinnig geloer daar. Nogal interessant om te dink dat die Joernaliste se skrywe ook kopieregte het of so iets.

  2. ingrid sê:

    Smurf, ja, dit werk soos die fotos wat hulle plaas, ek het ook al goed direk van veral Beeld af hier gebruik en dit kan wees dat die ou wat die ding geskryf het nie ‘n probleem sal he as jy hom erkenning gee vir sy werk nie. Dit is sekerlik moeilik as jy jou geld verdien met jou vingers en iemand anders plaas dit dan en jy kry niks daaruit nie, veral die vryskut ouens kan voel hulle kon die storie verkoop het en geld gemaak het.
    Ek het toevallig gister in ‘n groep mense gestaan waar iemand vir ‘n dieetkundige gevra het wat sy vir ‘n HIV persoon kan gee om sy kragte op te bou en die dieetkundige het geantwoord: Bring die persoon en R200 dan sal ek jou raad gee. Soos met alles is daar ook perke, as bp niemand skade gedoen het nie sal ek ook nie weet wat die issue is nie, soos ek gese het weet ek nie regtig wat daar aangaan nie so ek wil nie te veel kwyt raak nie, netnou kry ek ook ‘n biref 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s