Hoekom gee jy skool?

coverpic5-31-05Ek het vandag ‘n vraag aan elke onderwyser:  Hoekom gee jy nog skool?  Was dit die werk wat jou pa vir jou gekies het 40 jaar gelede en nou is daar niks anders wat jy kan doen nie, so jy bly maar daar al irriteer die kinders se geraas en gespeel jou so dat jy teen die mure wil uitklim en dan om iewers ‘n uitlaatklep te kry haal jy jou frustrasie op ‘n klein seuntjie uit?

Julle weet ons deel die gebou met verskeie terapeute, o.a. arbeidsterapeute.  Hier is ‘n mamma wat haar 6 jarige seuntjie gebring het vir ‘n paar evaluasie sessies by so ‘n terapeut.  Die uitslag was dat die kind ‘n konsentrasie probleem het, sukkel met persepsie (sy ogies sien dra nie die boodskap van wat hy sien oor na sy handjies toe nie) en dat hy emosionele probeleme het.  Sy het ook ‘n verslag van die onderwyseres aangevra en haar selfs gekontak om die kind te bespreek.  Hierdie terapeut het voorwaar die ekstra myl geloop om die kind te probeer help.  Een van die goed wat haar gepla het was dat die kind homself sonder hande geteken het.  Toe die saak verder ondersoek word is gevind dat die juffrou vir hom vertel dat hy die stoutste kind in die klas is en dat sy hom oor sy handjies slaan met ‘n houtlepel se steel.  In sy onvolwasse brein het hierdie kind besluit:  as ek nie hande het nie kan ek nie stout wees nie en sal hulle van my hou.

Die ma het alles vir die juffrou gaan verduidelik en gevra dat sy moet besef, die kind sukkel om te konsentreer, as hy begin gesels is die nie van stoutgeit nie, dis omdat hy “vergeet” het wat hy moet doen.  Hy is ‘n seuntjie en dit is onredelik om te verwag dat hy vir die hele dag doodstil moet sit en nie praat nie, want dit is wat sy juffrou wil he.  Die vorige skool waarin hy was, was daar nie probleme nie en sy verslae lyk soos ‘n ander kind s’n.  Die juffrou is gevra om nie weer die kind te slaan nie, maar hom op ‘n ander manier te straf.

Gister was die eerste skooldag van die nuwe kwartaal.  Vanoggend laat weet die ma:  die juffrou het weereens my kind geslaan omdat hy saam met sy maats rondgehol en geskree het.  Sy het een van die ander kinders gaan uitvra en die kind het erken dat hulle almal geskree en gespeel het, maar net XXX is deur die juffrou geroep en geslaan.

Daar is wonderlike onderwysers daar buite en my kinders het van die bestes gehad tot dusver en ek sal hulle altyd dankbaar wees, maar aan onderwysers soos hierdie wil ek net dit se:  Gaan sit by jou huis as jy nie meer van kinders hou nie, dis nie die kind se skuld dat jy nie kan bekostig om af te tree nie.  Moenie daardie jong siel breek nie, het jy enige benul watter onherstelbare skade jy aanrig?  Ek sukkel regtig om kalm en sonder trane hierdie te skryf.  In enige industrie as jy swak diens gee  is jy in die moeilikheid, waarom kan sagte teikens so verniel word?  Die ouers het al probeer om met die hoof te praat, maar geen reaksie word gekry nie, dis ‘n houding van :  as jy nie hou waarvan ons doen nie, vat jou kind en gaan soek ‘n ander skool.

Advertisements

10 comments on “Hoekom gee jy skool?

  1. Ogies sê:

    Ag nee. Ek voel ek kan gil. Ek hoor en lees so baie deesdae van sulke gevalle en my bloed ys as ek dink daar is ander gevalle (dalk baie erger) waarvan mens nie eers hoor nie! Ek het nagmerries oor Franco wat van vlgde jaar kleuterskool toe gaan. Dit gaan uiteraard meer gestruktureerd wees, en my arme kindjie is beslis nie die gemiddelde, kalm, ek sal stilsit en luister seuntjie nie. Ek is regtig ernstig as ek sê dat ek in ‘n oogwink sal begin tuisskool, maar ongelukkig laat omstandighede dit nie toe nie. Maar ek is bekommerd oor wat my en Cois se interaksie met die onderwysers gaan wees. Nie ek of Cois is “kalm” baklei mense nie. En waar gaan dit dan draai?
    Die mamma waarvan jy skryf moet sommer die vrou by die polisie gaan aangee. Dis in my oë niks minder as aanranding nie!!!! Ag jinne nee. Ek is sommer smoorkwaad!! Jy weet hoe ek voel oor kinders! Dalk gaan ons noodgedwonge na die eerste onderonsie met ‘n onnie moet tuisskool!! 😉 🙂

  2. Smurf sê:

    Ek weet ook van ‘n geval waar ‘n seuntjie so van gr1 af as die stout kind gebrandmerk is, en feitlik sy hele gr.1 deur meer op die stoep moes sit as in die klas ook omdat hy ADHD sindroom het,( aandag afleibaarheid en hiperaktiewiteit) maar geen van die onderwysers het enigsins begrip daarvoor gehad nie, slegs die Hoof, Hy reël toe ‘n aand dat iemand van die ADHD stigting daar ‘n praaitjie sou kom lewer en dat al die ouers sowel as die onderwysers teenwoordig moet wees, en raai wat,..die ouers daag toe op (nou die probleem is nie by die ouers nie, ouers is moedeloos om vir die onderwysers te verduidelik elke keer wat die probleem is) Maar geen onderwyser daag op om te kom luister en probeer verstaan nie!! en dit is die heilige waarheid, hulle wil nie weet nie. Hulle voeter so kind se lewe sollid op! En ek praat hier van ‘n hoogs intellegete kind bogemiddeld slim! maar hy bly gebrandmerk as die stout kind en kry die skuld vir elke kind se stoutigheid, wat ookal gebeur die skuld word onmiddelik op hom gepak, tot sy ouers met een moerse gesukkel die waarheid bewys en die skuldige uitbring dan is dit so half of die onnies wil verskoning maak vir die ander kind wat die tjol aangejaag het , elke keer.

    Of andersins dan is dit een of ander kind van die beheerliggaam ouers, dan word daar gesê “Jis maar die ouers is so skatryk en doen nou so baie vir die skool dat hulle maar nie te veel wil ingaan in die saak nie!” Die regte stout kinders kom met moord weg omdat hul ouers ryk is.

    So hier en daar kry jy ‘n wakker onderwyser wat gou twee en twee bymekaar sit en sien wie die regte kwaaddoeners is,… mens kan net sê dankie vir hulle, anders weet ek nie wat sal gebeur met so kind nie. Want die kinders leer ook vinnig as hulle aangejaag het dan blameer hulle gou die swartskaap. Dit klink dalk soos ‘n storie maar dit is die harde werklikheid!

  3. bierpens sê:

    Skool Hekse en ander gediertes…. Bierpens moes drie besighede toemaak en na ‘n ander dorp toe trek omdat een so heks nie wou bak-off nie …

  4. ingrid sê:

    Ja, mense dit breek jou hart om so iets te sien. Die ma sit voor jou, haar oe vol trane, sy’t al hoeveel keer met die onderwyser gepraat, bewyse gevat van wat met die kind aangaan, maar sy stel nie belang om te luister nie. Die hoof se reaksie was dat die kind ‘n subsidie kry en as hulle nie tevrede is nie kan sy die kind skuif en as sy veel meer moeilikheid maak sal hy sorg dat die subsidie gestaak word. Sy is te bang om die dept van onderwys te kontak en die saak aan te gee, maar weet ook nie waarheen nou nie. Sy’t met haar baas gaan praat en gevra vir ‘n verskuiwing na ‘n departement waar sy kan oortyd werk sodat sy die kind volgende jaar in ‘n ander skool kan sit, maar daar is nog 9 en ‘n half weke van hierdie jaar oor.
    Dit is sulke tye dat ek dankbaar is dat ek in ‘n professie is waar ek wel ekstra geld kan verdien en oortyd kan werk en weereens ‘n great baas het.
    Ogies klink my die plan waarvan ons vroeer vanjaar gepraat het moet meer ernstige aandag kry na Desember, ek wag net vir my bonus.
    Bierpens, ‘n mens sal enige iets doen om jou kind se geluk en toekoms te verseker en jy’t dit duidelik bewys.

  5. bierpens sê:

    Wat my bef bevange gemaak het is die R17000.00 skool lastiese verslae en evaluasies is in die asblik gegooi deur die skool hoof en sy het gesê sy glo nie in die snert nie… sy wou net lyf straf toedien … en het die kinders in die son gesit vir straf omdat sy nie mag slaan nie…

  6. Liewe Heksie sê:

    Dit maak nie vir my sin nie Ingrid. Die ma kan tog die betrokke onderwyseres by die departement van onderwys gaan verkla. Daar mag GEEN vorm van lyfstraf meer toegepas word nie. Die onderwyseres speel met die leeu se bal, want sy kan haar werk verloor.

  7. ingrid sê:

    Bierpens, ek weet ook van kinders wat ernstige sonbrand opgedoen het a.g.v. so ‘n optrede.
    Liewe Heksie die lewe het al baie nie vir my sin gemaak nie. Dit is waar dat die onderwyseres aangekla kan word, het jy al gesien hoe seer en die lewe se aanslae mense so moeg kan maak dat selfs om ‘n klag te le vir hulle bomenslike inspanning verg? Alles sal ook op die surface baie mooi lyk nadat die departement die onderwyseres aangespreek het, maar die kans is goed dat die kind na en tydens die laaaaaaang ondersoek nog in hierdie vrou se klas sal moet wees en onthou hy is 6 en weerloos, hoe nice gaan sy lewe dan wees?

  8. bierpens sê:

    Liewe Heksie as daar nou een ding is wat Pensie goed kan doen dan is dit k@k soek … glo my is amper onmoontlik om klag te lê…

    Verder is Ingrid so reg oor die moegheid wat oor jou siel kom … dis ‘n moeg wat selfs nie ek in woorde kan omskryf nie …

  9. Liewe Heksie sê:

    Ek verstaan heeltemal daai moegheid waarvan julle praat. Was self al daar in my lewe, maar vir my kinders sal ek my hande af baklei. Ek sukkel self met 2 lewensmoëe onderwyseresse wat die lewe vir my 9-jarige seuntjie ondraaglik maak. Ja hy het ADHD plus sensoriese integrasie disfunksie SID. Dit is asof daar ‘n ysige koue om my hart kom sit as hy vir my sê dat sy lewe hel is en hy wens hy was dood. Al wat hom nog staande hou is die feit dat hy in ‘n stabiele ouerhuis grootword en dat ons hom onvoorwaardelik liefhet. Is dit nie ‘n siek samelewing waarin ons kinders moet groot word nie?

  10. Conrad sê:

    My seun JD is ook ADHD. Hy word 12 en in graad 5. Hy kan glad nie die volgende dag sy skoolwerk wat hy die vorige dag so goed geken het. Ek en my vrou was en is nogsteeds besig om te soek wie hom kan help. Die skool het net elke keer ‘n beter antwoord. My kind se selfbeeld is gebreek en word by die skool gespot, hy is dom. Ek het al duisende rande gespandeer wat ek nie het nie, om iemand te kry wat ons kan help. Ek sal opreg waardeer as hiemand vir my inligting kan gee wat ek moet doen, ek is moedeloos en raadop.

    Conrad

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s