Veranderinge

COLOMBIA/Die lewe verander elke dag en elke oomblik van elke dag.  Gisteraand is daar ‘n insetsel op die nuus oor modes en dit laat my weer dink:  vir hoe lank mag ‘n mens dink dis nog ok om daai klein nommertjie te dra.  Wanneer moet jou klerekas in meer “sensible” verander?  Die somer is met ons, vakansie tyd le om die draai en die strande gaan vol mense met min klere en baie vel wees.

Meeste van die tyd is dit vroue wat hierdie vraag vra of wat die kritiek daarvan moet kry, maar is dit net die dames wat nie volgens hulle statuur (vir gebrek aan ‘n beter woord) aantrek nie?  Meneer onthou jy die klein speedo?  Sal jy hom nog dra en sal ander mense daarvan hou om nog te kyk?  Kan hy nog gesien word onder die maag? 😆

prd_speedo-triumph-swim-brief-navy              prd_diesel-marchena-board-shorts

Iets  anders, dames het julle al gesien dat in die meeste kettingwinkels waar die meeste van ons gewone sterflinge klere koop onderklere grootes baie interessant is.  Die ouens wat onderklere maak is seker nie regte mense nie, of hulle is almal supermodels.  Meer as een van ons stap so twee naweke terug in ‘n hele paar winkels na mekaar in om ondergoeters te gaan koop.  Raai wat:  Sodra die grootte hier by nr. 40 – 42 gaan word die cup size nie kleiner as ‘n D, DD of E nie, wie het besluit alle vroue wat se middelmaat groot is het outomaties groot borste?  Die ander kant  is ook waar, gaan soek ‘n mooi en die klem is op mooi, kant ens bra vir ‘n grootte 36 D en nie by ‘n bra boutique nie en jy’s baie gelukkig as jy dit kry. 

Wanneer is die besluit gemaak dat oorgewig, ouer vroue nie sexy onder hulle sensible klere mag wees en voel nie?  Ek se nie dis reg om oorgewig te wees nie, maar ek weet hoe swaar dit is om die gewig te verloor en  hoeveel selfbeeld issues reeds daarmee saam gaan, hoekom mag die vrou nie ten minste goed voel oor iets en steeds vrou voel nie.

Emergency firefighting cover - Operation FrescoNet soos die gevoel wat baie vroue ervaar dat as ek ma is, is my plig om my gesin te versorg, 75% van die tyd wat ek nie by die werk is nie moet gaan om alles in die kombuis te doen, 15% vir huis skoonmaak en klere versorg, 10% om my man/partner  gelukkig te maak en daar is niks oor vir myself nie.  Geen romantiese aandjie kan beplan word nie, niks se strawberries & cream and champange nadat die kinders bed toe is nie.  Ma’s doen nie sulke dinge nie, hulle is ma, versorger en vrou, nie meer minnares en verleidster nie en dan so ‘n paar jaar down the line, geskeide vrou, want manlief het iemand gaan soek wat presies net dit kan wees.

Verandering elke dag, ons moet besluit watter ons gaan aanvaar en watter reels ons vir onsself daar gaan stel.

Lekker dag vir ieder en elkeen.

Ingrid handtekening

Advertisements

8 comments on “Veranderinge

  1. Ogies sê:

    Wat praat jy vrou. Ek staan verwonderd dat ek en Cois ons nie laaaankal oorgegee het aan ‘n selibate verhouding nie!! 🙂

  2. ingrid sê:

    😆

  3. ingrid sê:

    Frank!!! welkom, het gewonder wat van jou geword het. Hoop die gaan goed. Great om jou hier te sien.

  4. Smurf sê:

    Hallo Ingrid, & Ogies,

    Dra maar nog al die tyd min of meer dieselfde size. wat bras en onderklere aan betref nie so groot probleem nie. Een gatkramp is die Hipster broeke! dit irreteer die witwaks uit my uit! hou net mooi kol,kol daarvan nie.

    Ja ons vrouens moet kan multi task soos min, nou dat ek daaraan dink ons is eintlik super wesens! 😉 kan omtrent bietjie van elke beroep doen!

    Maar eintlik kan ek nie kla nie, ek is een van die “freaks” wat mal is oor werk, regtig julle kan maar lag! 😆 en lyk my dit is maar “part of my make-up” so gemaak en so gelaat staan 😆 Ek kan 100% openlik erken dat ek eintlik ‘n wonderlike lewe en Huwelik het en my gate uit geniet en tog buiten al my “werk” net myself kan wees. Ek en my man gaan baie uit en doen alles saam, ek is regtig so bevoorreg. So inskrywing laat my net meer besef dat ek niks het om oor te kla nie. 😉

  5. ingrid sê:

    Smurf jy’s werklik gelukkig. Die storie agter die inskrywing is ‘n kennis wie se man haar ‘n week na hulle 10de huweliks herdenking, waartydens hy ‘n groot partie gereel het en ‘n jong meisie ontmoet het kom vertel het sy’s boring en hy wil eerder ‘n lewe saam met die ander vrou he. Die feit dat sy vir 10 jaar nie gewerk het buite die huis nie en basies haar lewe aan hom en die kinders gewy het het nie saak gemaak nie. Skielik het hy haar op die lelikste manier vertel waar sy oral tekort skiet. 👿

  6. Smurf sê:

    Hel Ingrid, dit gebeur so baie dat mans so iets doen. Wat my gaai se deksel is dat daardie tipe man nie besef dat die nuwe juffroutjie ook maar deur dieselfde proses sal gaan as hulle eers getroud is nie, al dieselfde ou hishoudelike probleme en kinders grootmaak, lyk my so ou is te dom om te dink hy begin al daardie swaar harde tye weer van vooraf! en hoe gaan die wonderlike loslopende juffroutjie optree as die getroude lewe in al sy glorie voor haar staan, kinders,, huis, geldelike probleme opdraendes, al die normale goed waarvoor die pappie gevlug het!

  7. ingrid sê:

    Praat jy vrou, wat erg is, is die timing van die hele ding, maar nou ja ons sal die mensdom ook nooit verstaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s