Is ons vrouens te kieskeurig?

Al weer die dink ding, julle weet mos nou al, dis iets wat ek kan doen.

Patritcio sing rustig in die agtergrond terwyl ek werk en ek begin wonder oor dinge wat verlede week al begin broei het hier in my agterkop.  Julle weet Pensie het daar onder sy lapa soort van gese, dis mans se eie skuld as sekere vroue, vroue as partners verkies, nou ek wil nie vandag die stelling beaam nie, ek wil wel iets vra:  Het vroue te kieskeurig geword of moet ons dalk juis meer kieskeurig wees?

Ek staan so op ‘n afstand en hou mense dop, mal daaroor, seker die interessantse dier om dop te hou.  Ek sien hoe vroue met iemand sal uitgaan net om nie alleen te wees nie, ander sal mans saam sleep net omdat hulle geld of ‘n blyplek nodig het 👿  Maak my hare regop staan, daai ene.  Dan kry jy weer ‘n ander groep wat by ‘n man sal bly, maak nie saak hoe sleg hy haar behandel nie, want sy “verdien” mos om op geskree te word, sy’s dan so sleg!  Ek kyk na ‘n ander jong vrou, sy sal uitgaan en more vir jou kom vertel sy’t nou ‘n probleem, want ‘n man wat sy ontmoet het, het saam huistoe gegaan en nou weet sy nie hoe om van hom ontslae te raak nie.

Dames wat het van ons selfrespek geword?  As jy nou jou ideale partner kan beskryf en ek praat nie van looks nie, ek praat net van persoonlikheid hoe sal hy/sy lyk.  Ek kan seker dieselfde vraag vir die manne ook vra, watter karaktertrekke soek ons vandag in iemand?

Julle het my leer ken, die wat my van SSSB af ken, as iemand wat vinnig kan naels uitsteek en baklei vir dit waarin ek glo, maar kom ek vertel julle ‘n geheim as dit vir myself is, is ek net so sleg met baklei.  Vir my gesin, ander saak, daarom het dit al male sonder tal gebeur dat mense oor my loop.  Die laaste paar maande gaan dit beter, daar is boundries gestel, ek het geleer om my in ‘n bondel te rol om die kwesbare dele te beskerm en die stekels na die te draai wat kom soek daarvoor, so krimpvark tipe selfbehoud.  Net een plek is daar nie ‘n teken van ‘n stekel nie en dit is by die huis.  Natuurlik verskil ek en Hannie oor sekere dinge, maar soos die kinders heel verbaas nou een dag opmerk, julle baklei, maar daarna is julle dan weer lief vir mekaar. 

Ok fair is fair, hoe lyk my ideale partner?

knight-in-shining-armorDie maklikste en beste beskrywing is seker maar die knight in shining armour.  Iemand wat verstaan dat ek soms beskerming nodig het, wat my ruimte gee om ek te wees, wat nie kwaad word as ek net mooi gaan en doen wat daar vir  my gese is om nie te doen nie.  Iemand wat my as mens respekteer en natuurlik bederf, wie wil nou nie bederf word nie? 😆  Sit daarby iemand teen wie se skouer ek voor die TV aan die slaap kan raak en my baie mooi vertel, kom gaan slaap liewer in die bed en dan gaan en seker maak alles is toe en die kinders kry nie koud nie, hoe kan ek dan ooit vir iemand anders vra?

Ek het my knight gekry, sag onder die panster pak, wat haar eie beskerming nodig het en wat weet dat dit altyd daar sal wees, ek hoop dat elke persoon wat so ‘n ridder nodig het hom/haar sal kry.

Ingrid handtekening

Advertisements

6 comments on “Is ons vrouens te kieskeurig?

  1. Smurf sê:

    Ok ek sal die baan open 😆 Die musiek is aan maar niemand dans al nie?? 😕

    Ingrid,

    Ek was maar altyd die een wat van die matcho manne gelike het. Die wat of die top atleet op skool was of die beste Rugbyspeler, selfs na skool nog steeds, dit moes altyd die man onder die manne gewees het. OF die windgatste OF die fisies matcho man. PRET en FUN was letterlik hoofletters in my boek. ….. Ja maar toe nou nie so lekker op die lang duur nie, dis reeds hierdie wonderlike matcho manne wat my die meeste trane besorg het, (ten eerste die absolute siek mal van jaloesie persoonlikhede, ek mag nie my kop gedraai het in ‘n man se rigting nie dan was die hel los, as die vriende daar was , was jy te bang om met enigeen te praat) . Selfs getroud met mr. Groot rugby man Top speler, maar o. wee daar raak drank toe baas en eindig na paar jaar in die skeihof… baie trane baie hel ..baie hartseer!! 😥

    Ontmoet toe so heel toevallig iemand , glad nie mr. matcho, glad nie kapokhaantjie, glad nie party animal, alles waarna ek nou nooit sou dink om van te hou nie,… skraal (maar tog manlik en nie onaantreklik nie) maar dood eenvoudig nie my styl nie! :?….. Maar vir die eerste keer in jare lag ek my dae om … word daar weer dinge vir my gedoen , ek begin besef dat hy eintlik ver uitstaan teenoor die vorige mr. wonderlikke, … maar nog is ek hardegat en die arme ou suffer maar so in stilte en vreet my K*K maar op! 😕 … so leer ons mekaar ken en ek kom agter maar nou het ek meer pret en lag dat die trane loop elkedag …trane van lag en nie meer van dae om huil nie!… Die ou skryf vir my gedigte, en die mooiste briewe wat hy onder my deur kom indruk vroeg oggende voor hy gaan werk. … Ja en nou is ek en hy al 23 jaar getroud!! …En ek ruil hom vir geen man ter wêreld nie, .. daar is nooit eendag in my lewe wat ek in vrees of spanning lewe nie, Ek het nie nodig om elke beweging aan hom te verduidelik nie, Hy is nie siek van jaloesie nie. Wys jou net totaal die teenoorgestelde van wat ek sou kies in my lewe het die Here na my toe gestuur en vir my gewys dit is hoe ‘n man mos moet lyk en wees. Ek kan met eerlikheid sê ek het alles wat ek moet hê in ‘n man in hom gevind !

    Nou het ek die baan geopen dames julle kan maar gooi!

  2. ingrid sê:

    Dankie Smurf, ja ek wonder nogal watter gemors ons in sou gewees het as ons altyd net alles kry soos wat ons in ons kortsigtigheid dink die beste vir ons is. Ek is so bly dat jy so stabiel en gelukkig is. Geniet jou prins wat jou soos ‘n prinses laat voel. 😉

  3. Cupcake sê:

    Hi Ingrid en Smurf!

    Kan ook net beaam, my prins waarvan ek van kleintyd gedroom het, my sielsmaat, my ander helfte en nog meer as wat ek ooit voor kon gewens het, is die man langs wie ek elke oggend wakker word!

    Liewe Jesus weet regtig van potte en deksels maak wat pas, en ek is elke dag meer en meer dankbaar want ek is werklik geseend met die ander helfte van my! Ek lief hom bitterlik baie – en hy vir my!

  4. ingrid sê:

    Cupcake dit straal sommer uit julle fotos. Dis so goed om te hoor van mense wat gelukkig is! Gee daai ander helfte van jou somme ‘n groot druk van ons af ook, net omdat hy so lief is vir jou.

  5. Weglekind sê:

    Iemand om my te beskerm. Iemand wat altyd daar is. Iemand wat my bederf tot in die afgrond in. Iemand wat die drake sal doodslaan namens my. Iemand wat my geite aanvaar en saam met dit leef. Iemand wat my beter ken as wat ek myself ken. Iemand by wie ek kan huil en wat my troos en wie ek dan moet terug hou sodat hy nie dit of die persoon wat my seer en ongelukkig maak gaan opvoetter nie. Iemand wat my gat skop as ek myself te na kom of nie in myself glo nie. Iemand wat die cherry van sy roomys af haal en vir my gee (al wou hy dit self he) omdat hy weet ek is mal daaroor – al het ek nie gevra nie. Iemand wat my lief het meer as enige iets anders in die lewe. Iemand wat vir my lief is NET SOOS EK IS.
    En ek het hom gevind en sal hom NOOIT laat gaan nie.

  6. ingrid sê:

    Weglekind, ek is so bly dat jy hom gekry het en nog meer dat jy hom waardeer en ek is seker jy bederf hom soos hy vir jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s