Pretoria 154

Nadine, jy’t niks gemis nie.  Ek wens net so ons kon ook daar wees, maar sonder vervoer is dit nie moontlik nie.  Sou dalk nog kon gebeur as dit weer op die plein was, maar om van die stasie tot by die monument en terug te kom is ‘n probleem.  Julle moet dit geniet en laat ons weet wat alles beleef is.

Dankie Alana vir die inligting:

AFRIFORUM SE AFRIKAANSE MUSIEKFEES – PRETORIA – 14 NOVEMBER 2009


Musiekfees 2008 [Foto: Lisa Hnatowicz]

Dit is sowaar weer byna tyd vir AfriForum se jaarlikse Afrikaanse Musiekfees ter herdenking van Pretoria se verjaarsdag.  Vanjaar vind die fees op Saterdag 14 November 2009, van 08:00 tot 16:00 by die Voortrekkermonument plaas.  Van die bekende kunstenaars wat daar gesien gaan word, is onder meer Sean Else, Elizma Theron, Lianie May, Gerrie Pretorius, Bobby van Jaarsveld en Jakkie Louw.  Verskeie ander bekendes sal binnekort ‘n aanduiding gee of hulle sal kan optree.  Soos gebruiklik, sal toegang gratis wees sodat die hele familie die dag saam kan kom geniet.  Onthou die sonroom en sambrele.  Daar sal stalletjies op die terrein wees wat allerlei eet- en drinkgoed verkoop.  AfriForum laat alle reëlings in verband met die stalletjies aan die Voortrekkermonument oor, sodat dié gewaardeerde monument fondse kan insamel langs hierdie weg.  Merk sommer nou al 14 November op die kalender – ons sien julle graag daar!


Elizma, Steve, Lianie, Sean en Gerrie by 2008 se Musiekfees [Foto’s: Reint Dykema en Jaco Marais]

Advertisements

18 comments on “Pretoria 154

  1. Liewe Heksie sê:

    Sjoe julle daai Elizma Theron is darem beeldskoon! Net so mooi van binne ook.

  2. platkuif sê:

    afriforum en die monument doen jaarliks goeie werk vir die behoud en bevordering van afrikaans met die aanbied van hierdie fees.

    die kunstenaars tree ‘verniet’ op, wat ook ‘n veer in hulle hoed is.

    solank as wat die fees nie ‘n politieke forum of ‘n plekkie word waar ‘n politikus of sanger traai om ‘n ‘boodskap’uit te stuur nie, reken ek die dag fees gaan jaarliks groter en groter word en dalk oor ‘n dekade of so nogsteeds jaarliks Tshwane se verjaarsdag gedenk 😉

  3. ingrid sê:

    Prins, jy stir ne 😆 Lekker dag vir jou.

  4. platkuif sê:

    nie die keer nie Ingrid. Ek persoonlik dink dat kunstenaars die value van so ‘n dag opneuk as hulle die geleentheid gebruik as ‘n politieke verhoog.Gebruik die stage om te sing en die massa te vermaak met jou stem en talente…hou jou politieke beskouings en idees op die betrokke dag vir jouself…as ons dit wil weet, kan ons mos maar net die Huilgenoot of Sondag gaan koop om dit te gaan lees 😉

  5. ingrid sê:

    Stem saam. Kunstenaars is nie veronderstel om politikuste te wees nie. Ek’t eintlik gegrap oor die Tshwane in jou comment, ek onthou dat een van die redes vir die eerste fees was om te veg vir die behoud van die naam Pretoria. 😉

  6. Smurf sê:

    Ek stem saam met Liewe Heksie, Elizma Theron is pragtig en sy mag maar sing,.. een pragtige stem.!

    Dit sal seker ‘n fantastiese konsert wees, maar om so heeldag in die son te sit, nee wat nie vir my nie,.. (ek is seker maar te gemaksugtig) 😉 … maar dit is goed dat mense so kan saamtrek vir ‘n goeie doel. En dat die sangers dit alles verniet gaan doen, pragtig!

  7. Smurf sê:

    Ok. daars my prentjie!!!!

  8. Willa2 sê:

    Sjoe maar daar is omtrent ‘n klomp mense op daardie foto.
    Julle moet dit geniet. Dis ‘n klein bietjie te ver vir my. 😆

  9. ingrid sê:

    Smurf, ek het die eerste een bygewoon en ja die dag raak lank, maar ons het nie tot die einde gebly nie. Die kinders raak later moeg. Quinton het onder die kar se sonskerm gele en slaap in ‘n stadium. Gelukkig help die stalletjies ook as jy so bietjie wil bene rek.
    Willa2 – die keer toe ek daar was was daar nie soveel mense gewees nie, maar ek onthou hoe die SAPS baie slim planne gehad het met kinders wat dalk kan verdwaal, ‘n gawe dame het met ‘n permanent marker rondgeloop en die ouers se selfoon nrs op die kind se arm geskryf. Van daai dag af doen ek dit as ons iewers tussen baie mense gaan wees, want so ‘n klein lyfie kan net so verdwyn, ons het dit met al vier by Innibos ook gedoen.

  10. Willa2 sê:

    Dis nou voorwaar ‘n puik idee Ingrid om die kinders so te merk.

  11. Wipneus! sê:

    Dit klink lekker, en daar is oulike kunsternaars. Ongelukkig stem ek saam Smurfie, ek hou nie van warmkry nie, ek raak sommer omgekeer. :mrgreen:
    Die wat gaan moet dit geniet. 🙂

  12. bierpens sê:

    Eish ek lees amper die tafel mis vandag … dis nou een fees wat ek graag by sou wees … dammmm….

  13. bierpens sê:

    hoe laat begin die fees Ingrid??

  14. ingrid sê:

    Pensie so van 8h00 tot 16h00. Ja dis die moeite werd. Is jy terug van jou trip af? Sal bietjie daar by jou gaan inloer. 😉

  15. Nadine Smit sê:

    Dankie baie vir die inligting oor die Musiekfees! Gaan definitief daar wees!!

  16. ingrid sê:

    Geniet dit Nadine. Neem foto’s en stuur vir ons, ek sal jou ‘n posduif stuur dan kan jy na my email adres toe stuur, ek sal dit post en dan kan almal so effe deel in als wat jy belewe het. 😉

  17. Jacoline Frank sê:

    Beeskraal het gerock!

  18. ingrid sê:

    Baie bly jy’t dit geniet. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s