Blog maats, sonskyn en The Gambler

More liewe vriende

Gister was seker een van die swaarste dae wat ek in ‘n lang tyd beleef het.  Dinge gebeur soms wat  ‘n mens nie met ander deel nie, daar moet eers ‘n pad geloop word.  Ons het die laaste ruk soveel probleme met die huis agent gehad dat dit tot op die punt gegaan het waar ons die grootste deel van die dag gister tussen die legal eagles gespandeer het.

Vanoggend stap ek hier in, na ‘n redelike slapelose nag en baie trane ek gaan loer rond tussen die blogs en ja, Wipneus is terug: http://onderdiemaanensterre.wordpress.com/2009/10/21/lewensreels/ net die regte woorde op die regte tyd.  Baie dankie Wip! Sy se onder anderde die volgende:  Jy gaan huil in die lewe, dis die lewe, vee die trane af en beweeg aan en: Alles het ‘n begin en ‘n einde, hoe sleg of goed ookal die situasie, dit sal en gaan verander.

Ons moes besluit gaan ons voort met hofsake teen ‘n skelm dief en gaan ons ‘n verdere paar duisend rand spandeer of gaan ek vanoggend ons advokaat bel en instruksies gee om dit te los, die verlies te aanvaar en vir omtrent ses weke ‘n huis met iemand te deel.  Ek is verskriklik erg oor privaatheid in my huis, soveel so dat as ons die dag iemand kry om te help skoon maak sy nie in ons kamer toegelaat word nie, dis ons domein.  Ons sal oor die naweek besluit presies wat om te doen.  Ek praat vinnig met die advokaat en haar advies is:  Moenie dink aan die emosies nie, ek sal die ding fight as jy dit so wil he, maar my girl dit gaan ‘n hoop geld kos en tyd vat en ongelooflike stress op julle sit.

Hulle se die lewe is ‘n lied, so vandag se lied sal sekerlik wees:

KENNY ROGERS – THE GAMBLER
On a warm summers evening, on a train bound for nowhere
I met up with a gambler, we were both too tired to sleep
So we took turns at staring out the window at the darkness
The boredom overtook us and he began to speak
He said, son I’ve made a life out of reading people’s faces
And knowing what the cards were, by the way they held their eyes
So if you don’t mind my sayin’, I can see you’re out of aces
For a taste of your whiskey, I’ll give you some advice
So I handed him my bottle, and he drank down my last swallow
Then he bummed a cigarette and asked me for a light
And the night got deathly quiet, and his face lost all expression
Said, if you’re gonna play the game, boy, you gotta learn to play it right
Chorus:
You got to know when to hold ’em, know when to fold ’em
Know when to walk away and know when to run
You never count your money, when you’re sittin’ at the table
There’ll be time enough for countin’, when the dealin’s done
Every gambler knows that the secret to survive is
Knowing what to throw away and knowing what to keep
‘Cos every hand’s a winner and every hand’s a loser
And the best that you can hope for is dyin’ in your sleep
And when he finished speakin’, he turned back for the window
Crushed out the cigarette, faded off to sleep
And somewhere in the darkness, the gambler he broke even
But in his final words I found an ace that I could keep
chorus repeats 3x

Ek hoor Hannie se stem in my ore weerklink net so helder soos wat sy die woorde so teen 3h00 vanoggend gese het:  “Ons is saam, ons het al deur baie dinge gekom, ons sal hierdeur ook kom, ek wil nerens anders en by niemand anders wees nie, solank ons saam is kan ons alles hanteer”

So OK, I’ll fold them, but I won’t run, I’ll walk away, but you’ll get what you deserve from the Universe there can be no better judge in this matter.

Basic CMYK

Advertisements

15 comments on “Blog maats, sonskyn en The Gambler

  1. Hannie sê:

    Hou net moed my Baby, ons sal op een of ander manier hier deur kom . al wat jy moet onthou is dat ek verskriklik baie lief net vir jou is en dat ek altyd by jou sal wees, sonder jou gaan ek nerens nie !!!

  2. bierpens sê:

    weer sal ek liewers nie komentaar lewer nie … wat ga die week met die volk aan… eish die seer … die pyn … die verraad …

  3. ingrid sê:

    Ja, hier het nou net iemand in my kantoor gesit, stukkend geslaan deur die lewe… 😦 Ek’s net baie gelukkig dat ek julle maters het en dat ek nie alleen is nie. 😆

  4. platkuif sê:

    vasbyt.die goeie ouens (en in die geval ,girls), wen altyd…internasionale visvangreels 😉

  5. Liewe Heksie sê:

    Ingrid hoe kan enige hof iemand verplig om ‘n huis te deel met ‘n dief? Verstaan nie mooi wat gebeur het nie?

  6. ingrid sê:

    Baie dankie Platkuif, ja resiliance is seker een van die beste bates wat ‘n mens ooit kan he.

    Liewe Heksie jy’s reg jy verstaan nie. Ek is nie van plan om die fyn detail hier uit te le nie. Gaan lees weer. Dalk sal jy dan sien wat jy gemis het. Niemand dwing enige iemand om ‘n huis te deel met ‘n dief te deel nie. Die vrou waarmee ons dalk gaan deel is amazing en alles behalwe ‘n dief.

  7. Cupcake sê:

    “Sometimes we are like an angel with one wing, and we necessarily need the other wing of a similar angel to keep flying”
    MK Soni

    Julle sal daai ekstra vlerkie kry om te help deur hierdie tyd! Sterkte!!

  8. ingrid sê:

    Baie dankie en dankie vir jou emails, dit beteken regtig baie.

  9. Willa2 sê:

    Ai sterkte Ingrid en Hannie. Al wat ek kan sê is vasbyt. More of oormore moet die son weer skyn.
    Ongelukkig is hofsake baie duur en kan die wat in ‘n magsposisie is, dit vir baie lank uitrek. Soms maar beter om nou die skade te ly as nog verdere uitgawes. Hartseer maar dis ongelukkig hoe dit meestal in die lewe werk.

  10. Wipneus! sê:

    Hi Ingrid,

    Ek is ook besig met ‘n skelm Ingrid. Die saak sloer nou al 3 jaar en dit kos ons al baie geld aan prokureurs en die advokaat. Al rede hoekom ek harde gat is en nie sal skik of stop is omdat dit ‘n beginselsaak is, ek HAAT SKELMS EN KORRUPSIE met ‘n passie. Vir wat kan skelms wegkom en ons arme gewone mens moet ons alies afwerk om te survive. Skelms saai net verwoesting en hartseer en lewe sonder ‘n gewete en hulle is nie eers bekommerd oor hulle naam aan oneerlikheid gekoppel word nie.

    Ek is so jammer vir julle Ingrid, maar soos Hannie sê julle sal hier deurkom. Die storms sal verbygaan en dan is dit weer sonskyn. Die troos lê daarin dat wat jy saai sal jy maai, en dit kom gewoonlik dubbeld na jou toe terug. Sterkte vir julle.

  11. Smurf sê:

    Ingrid en Hannie,

    Die lewe is soms so onregverdig, maar soos wipneus ook sê die wiel sal draai en daardie mense wat nou smile gaan dubbel terugkry vir wat hulle ander aandoen.

    “God help ons daagliks voort,
    Soms kom die hulp deur vriende,
    soms is dit net ‘n woord
    ‘n handdruk of ‘n glimlag
    waardeur Hy jou bereik.
    Ontelbaar die maniere waaruit
    Sy liefde blyk!”

    Julle gaan hierdeur kom, Moedhou, Wat jy ookal besluit .. ek glo en weet dit sal die regte besluit weees!

    ***Die woorde is so waar wat jy by Wippie geleen het*** Alles het ‘n begin en ‘n einde.

    “Jy gaan huil in die lewe, dis die lewe, vee die trane af en beweeg aan en: Alles het ‘n begin en ‘n einde, hoe sleg of goed ookal die situasie, dit sal en gaan verander.” Dit is so pragtig gestel!! Dankie Wip! 😉 dit kan vir sommer almal wat dit lees baie beteken.

  12. ingrid sê:

    Baie dankie aan almal vir julle liefde en omgee. Ja, ek het eintlik Vrydag middag al finaal besluit en soos met alles in die lewe is die besluitneming die slegste deel. Sodra jy besluit het en begin aanbeweeg is sekere goed nogsteeds sleg, maar daar is tog ‘n rustigheid wat dit makliker maak.

  13. Bernice sê:

    Ek kom nou vri die eerste kker op hierdie site af… Wow mense met probleme, met gevoelens! Regte mense soos ek. Ek het bietjie so hier en daar gelees… Tog dink ek nie ek het perongeluk hier uit gekom nie.. Toevallig? Nee toe val God se lig daarop… Dankie vir die mooie boodskappe al is dit nie vir my nie…

  14. ingrid sê:

    Bernice, jy’s so welkom, hoop om jou nog baie hier te sien. Ja, jongie hierrie is sommer net ‘n gesels plek so reg soos in ouma se dae toe almal laataand nog in die kombuis gekuier om ‘n koppie koffie en Willa2 sorg altyd vir lekker eetgoed.

  15. Ons is ‘n groep vrywilligers en die begin van’ n splinternuwe inisiatief in ‘n gemeenskap. Jou weblog verskaf ons waardevolle inligting aan te werk. Wat jy gedoen het ‘n wonderlike werk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s