Tags

Ok, julle het julle oranje beurt gehad, net omdat ‘n vriendin verjaar, wil nie se alles sal die hele dag oranje wees nie. 😆

Bierpens kom nooi my om hulle daar op die plaas te gaan vertel van my Avater, (http://kekkel.wordpress.com/2009/10/29/avitars-ontleed-wie-is-jy/) sal so maak Pensie, het vroeg al gaan lees wat  julle als daar kwyt raak.  dit het my egter laat dink aan iets anders, iets waaroor ek al geskryf het, maar daar is weer ietsie wat krap en julle weet hoe seer my voete kan raak van klippers.

Tags, hoe dikwels tag ons iemand?  Ek praat nie van ons blogger tags om te vertel van dorpe ens nie, ek praat van etikette en ander seermaak dinge wat ons aan mens kom vasplak.

Ek loop nou op baie dun ys hier, want ek wil ook nie ‘n cybermaat seermaak nie, so asb. dis nie op niemand persoonlik bedoel nie.  Daar gaan tans ‘n email rond waarin letters geskommel word en ander woorde gekry word.  Nou oor die algemeen kan dit redelik grappig wees om so iets te doen, maar dalk omdat ons self al ‘n hele paar goed genoem is a.g.v. die keuse wat ons gemaak het om saam te wees, weet ek dat so iets kan seer maak.

Die punchline van die email is dat as jy die letters skommel van Caster Semenya die volgende woorde verskyn:  yes a secret man.  Nou gewoonlik sal ek so iets aflag en aangaan, maar ek het hierdie selfde mail seker 10 of meer keer gesien en dit het my net skielik getref hoe wreed ons is met ons grappe, hoe ons soms iemand anders se bittere seer kan gebruik om ons te laat lag. 

caster-semenyaEk het nie lank gelede op die bandwagon gespring oor hierdie kind se gemors wat deur ASA veroorsaak is nie.  Kan jy dink as jy jou hele lewe as een geslag gelewe het en nou kom krap en grou hulle letterlik in jou lyf rond en as hulle klaar is vertel hulle jou, jy’s eintlik ‘n ander geslag.  Ek se jou die meeste hoogsgekwalifiseerde mediesie en sielkundiges sal sukkel om so iets te verwerk, wat nog van ‘n kind uit ‘n klein plekkie met min blootstelling aan die wereld en al wat sy wou gedoen het was om te hardloop en haar land trots te maak, toe verander daardie trots in die diepste seer en skaamte. 😦

avatar

 

Advertisements

One comment on “Tags

  1. Smurf sê:

    Ja nee Ingrid, Atletiek SA. Het ‘n groot gemors van Castor se lewe gemaak. Maar wat fl*k die regering nie op nie! En ja, mense is wreed en dink soms nie aan die persoon wat nou die bespotting is, se gevoelens nie. en om te dink dat alles kon vehoed gewees het, as een dom donkie nie gedink het hy kon daarmee weg kom nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s