31 Oktober 2009 – Dag van Feeste

 Dit wil my voorkom dat vandag die dag van feesviering sover hierdie jaar is.  Net hier nevens ons in Pretoria is ek seker die vure brand reeds of is dit steeds van gister af.

bulls

cheetah

Ok, sorry ek hoor daar gaan nog ‘n span op die veld wees, toemaar in baie kulture is die normaal om ‘n fees deel van ‘n rou tydperk te maak.

Natuurlik vier die Amerikaners vandag ook hulle groot sweets eet fees – halloweenHalloween, so vir almal wat liggies in uitgeholde pampoene gaan sit, geniet dit en ek hoop die kinders kry emmers en emmers vol tjoklits.  As jy in SA ook ‘n kostuum of twee gaan uit probeer geniet die kind in jou, dis nie elke dag dat ons ‘n geldige verskoning het vir opdress nie.  O gonna, besef ek nou eers, dis mos so soort van ‘n oranje fees daai, hoop nie ek sal soos Platkuif vir die volgende dae van die virtuel scene moet verdwyn en my kop in skaamte laat sak nie.  Toemaar Kuifie ek glo dit sal nie vir ons nodig wees om te gaan wonde lek nie 😆

Dan natuurlik vier my Wiccan vriende vandag Beltane in die Suidelike beltane16[1]halfrond.  To all of you:  Blessed Be, may each Maypole ring out the joy of new beginnings and may you dance the night away while honoring your god and goddess and their union together with the rebirth of all that is good and fruitful.

Hoe jy ookal vandag fees vier geniet dit en laat jouself toe om vir ‘n paar uur van die gewone stress en probleme te vergeet.  Kom ons noem vandag sommer stressfree day.  Speel saam met jou kinders en wees kind saam met hulle, kyk na iets nuuts in die tuin of in die part, al is dit net ‘n nuwe blaartjie en weet daar is elke dag baie om oor fees te vier.

Ek waardeer julle, al julle liefde en die wonderlike gees waarin ons hier oor dinge kan verskil en steeds vir mekaar kan omgee.  Ja, ek weet, fluffy bunny, is maar ok, hoor.

very_fluffy_bunny1

Advertisements

3 comments on “31 Oktober 2009 – Dag van Feeste

  1. Smurf sê:

    GELUK JULLE BULLE!!! 😉 met jul wen! ….Jammer CHEETAHS 😥

  2. Cupcake sê:

    Baie geluk aan julle Blou Bulle, julle het fantasties gespeel en verdien die wen deur en deur!!

  3. ingrid sê:

    Baie dankie julle. Dit was ‘n goeie wedstryd gewees, jammer Cheetahs, julle het probeer en ongelukkig was die beslisende faktor op die einde dissipline gewees. 😦 So leer ons maar almal uit ons foute. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s