40

2000_40_1---Number-Fourty_web

Dit is hoeveel dae daar nog oor is voor die troue, so as julle in die volgende weke begin wonder oor my sanity, kom ons blameer dit daarop dat my brein nie by alles kan byhou nie, as die troue verby is sal ons ‘n volgende verskoning gaan soek 😆

Ek hoop julle het ‘n amazing naweek gehad.  Ons was rustig by die huis gewees, toegegooi onder Organza, satyn, krale en daai soort dinge…

Baie dankie vir almal wat verlede week kom saam praat het, dankie ook vir die debatte op anders blogs, dis goed om te verskil en dis wonderlik om julle liefde en omgee te voel nie net hier nie, maar ook op ander plekke.

Sammi, Smurf, Wipneus, sommer almal van julle en natuurlik Cupcake se nice mails, dis goed om julle hier aan die anderkant van die skerm te he.  Natuurlik sonder Meermin sal ons menige aand nog wonder wat om te eet.  Dit was ook lekker om daar op die plaas by Pensie en sy vrinne te kuier net soos by Herrie Merrie.  Ogies, ek lees jou blog van my sel af, so laat in die nag, wanneer alles stil is, ongelukkig kan ek nie van daar af comment nie, die simpel ding wil my nie eers toelaat om iets hier te doen nie.  Geluk met die blinkogies se verjaardae, jou herdenking en ‘n groot hug vir jou, ek hoor jou hart, vriendin…

Mag elkeen ‘n great Maandag he, hoop die reen het sommer al die blou weggewas.

happy_monday-3774

Ons kuier dalk weer netnou saam, ek sal kom inloer om te sien wie drink koffie, Willa2, dankie vir jou eetgoed, maar ek sal op ‘n serious diet moet gaan vir die volgende 40 dae, o gonna, nee langer, want die honeymoon kom mos eers in Januarie, Parkes1 jy’s ‘n groot blink ster.

image_2-1

Advertisements

6 comments on “40

  1. Cupcake sê:

    Ai bly om te hoor die slapies raak min! Enige naweek wat met satyn, organza, krale en mooi goedjies gevul is, kan net goed wees! Geniet al die voorbereiding!

    Lekker week ook vir almal hier in die kombuis!

    Die reen het AL die blou weggewas, kyk net buite hoe mooi Oranje skyn die son …… 😆

  2. ingrid sê:

    😆 ek het nogal oor jou geworry toe ons hoor hoe Oz besig is om weg te spoel. Lekker week vir jou ook.

  3. Smurf sê:

    Hi Ingrid en Cupcake,

    Smurf is vreeslik besig en kom min by die pc. uit, ek sien Ingrid is op die bedankings uit vandag, nou maar dan drink ons sommer ‘n koffietjie op Ingrid! dankie vir ‘n puik blog waar ons lekker om die kombuistafel kan sit en klets!! HIer skop ons ons skoene uit en ontspan. almal lig julle koffiebekers en tjorts ene op Ingrid en Hannie!

    Cupcake hoor julle spoel weg? het jy my mail gekry so ruk terug?

    http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/b900380bf6d04dcd907f7af87089ef44/09-11-2009-12-02/Hofmeyr_Ek_is_%E2%80%99n_Boer,_en_trots_daarop

    En enetjie op onse Generaal Hofmeyr 😉 Boer en trots daarop!

  4. ingrid sê:

    Dankie Smurf.

  5. Wipneus! sê:

    Altyd lekker om hier in te loer!!! 🙂

    Hei Smurf jy moet jou soldate bymekaar hou 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s