‘n Vraag aan die SAPS

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/6f5f35481d1d4fe18d26f0806c146f58/15-11-2009-10-44/Vermiste_vrou_se_lyk_teen_heining_staangemaak

Hierdie berig is skokkend.  Ek kan dink hoe seer die ouers van hierdie kind het, maar wat dit nog meer ontstellend maak is dat familielede na die toneel ontbied is, sekerlik het dit tyd geneem om tot op die plek te kom.  Met hulle aankoms moes hulle iemand waarvoor hulle lief is se lyk teen ‘n heining sien staan!

Hier is my vraag:  Is iets soos menswaardigheid en empatie nie meer deel van ons samelewing nie?  Was dit werklik onmoontlik om die jong vrou op die grond te laat le en haar met iets toe te maak?  As jy iemand na so ‘n toneel toe ontbied, berei jy hulle nie voor dat hulle ‘n lyk gaan kom uitken nie, of se jy maar net ons het die vermiste persoon gekry kom na hierdie adres toe?

OK, toe word die een vraag sommer ‘n hele string vrae, maar ek wonder werklik.  Net verlede jaar nog het ‘n hospitaal bestuurder geweier dat ‘n blanke suster doodstyding aan ‘n familie gaan oordra, omdat volgens haar blankes gevoelloos is waneer dit by so iets kom, dat ons glo nie weet hoe om dit sag en mooi te doen nie.  Nou wonder ek net hoe gevoelloos was dit wat hier gebeur het en wie het die familie ontbied?  Jammer ek wil nie in ‘n racial ding betrokke raak nie, wat ek wel wil se is:  moenie tags hang aan mense nie.  Almal kan gevoelloos wees, maar as jy my na ‘n toneel ontbied waar ‘n geliefde van my dood is, he die ordentlikheid en vertel my wat ek daar gaan sien en probeer dit so sag moontlik maak.  Dit kan nooit maklik wees om te aanvaar iemand is weg nie, nog erger as dit ‘n jong kind in die fleur van haar lewe is en nog erger as sy geweldadig dood is.

Advertisements

11 comments on “‘n Vraag aan die SAPS

  1. Sammi sê:

    Ingrid, mense MOET hierdie vrae vra. Het ons dan so afgestomp geraak dat hierdie mense nie meer pla nie?
    My hart bloei wanneer ek om my rondkyk. Wanneer ek sien hoeveel mense net na hulself omsien en hul eie ou plekkie in die son.
    En wat my die hartseerste maak is dat so bittermin mense vandag ware naasteliefde betoon. Partydae dink ek my Grootseun is reg wanneer hy vertel hy verstaan mense nie regtig nie en dat hy van bittermin regtig hou.

  2. Smurf sê:

    Nog een van daardie berigte wat die ysvingers jou hart wil versmoor terwyl jy lees, Dit is wanneer mens wil uitroep, “Here wat is aan die gang met die mense!!” .. wanneer die vrees jou pak en jy voel jy wil vlug,.. iewers na ‘n plek waar mense nog mense is, waar jou kinders en geliefdes veilig sal wees,.. waar mense omgee vir mekaar..

    Weereens wil ek vir ons regering vra “Hoe bly mens positief!!??” waar druk jy die knoppie wat jou oë alles mooi en positief sal laat sien?? as jy sulke dinge daagliks moet lees!!

  3. ingrid sê:

    Sammi, ek kan nie verstaan hoe ‘n mens afgestomp raak vir die dood nie. Ek het vir ‘n redelike tyd vir Netcare 911 gewerk en het steeds gereeld nagmerries gekry oor sommig tonele wat ons moes besoek.
    Smurf, die ergste is wanneer dinge lyk asof dit iemand is wat die persoon geken het wat so iets gedoen het, of dan daartoe bygedra het. As hierdie meisie geloop het omdat die mans baklei het, hoekom het nie een van hulle soos ‘n man opgetree en verantwoordelikheid vir haar gevat nie? Die arme ouers se vrae wat nooit sal ophou nie. Ek weet ek het eerstehandse kennis van iemand wat wreedaardig vermoor is 11 jaar gelede en die vrae is steeds daar, hoekom is seker die vraag wat die meeste gevra word.

  4. Sammi sê:

    ‘n Skoon siel SAL pyn voel. Ek was eers vreeslik kwaad oor al hierdie, maar ek begin al hoe meer begryp dat ons TOG in Afrika bly met Afrika kultuur. En dat ons sal moet aanpas om hier te oorleef. Die geheim is om jou pad met Hom reg te loop en te verstaan soos Spreuke ons vertel van die dwase.

  5. ingrid sê:

    Ja Sammi, baie waar, maar dit maak my kwaad as ek sien hoeveel mense bereid is om te se: When in Rome do as the Romans do en dan val hulle ook maar net in by die kultuur van die dag, mense wat ek weet van beter weet en beter standaarde gehandhaaf het wat nou bereid is om teen ‘n laer standaard te werk net omdat almal dit doen…

  6. Smurf sê:

    Ingrid ;

    Wil hulle ons nie maar af dwing tot op hul vlak en hul denk vermoë nie?? om ons af te bring na ‘n baie laer standaard as wat ons aan gewoond was sodat ons nie hul foute meer kan raaksien nie?? ek dink so, hoe meer van ons se moraal hulle breek hoe beter vir hulle !. Maar ons is geleer jy streef altyd na beter en stap vorentoe nie 10 tree agteruit en beweeg in ‘n baie laer en swakker klas in nie. Ek sal weer sê die Afrikaneer moet begin saamstaan teen hierdie tipe van verlaging van ons standaarde, ons kinders gaan later jare totaal onderwerp word aan die laagste standaarde wêreld wyd. Teen die tempo wat die Land “nose dive grond toe” sien ek net moeilikheid vir ons kinders die dag as ons nie meer daar is nie.

  7. Smurf sê:

    Ingrid ek stem saam met jou daardie twee mans , is net so skuldig indiennie totaal skuldig nie. Hoe kan hulle ‘n meisie laat alleen loop indie nag?? something is baie fishy aan die storie en dit sal uitkom…Die Duiwel maak mooi potte maar hymaak beslis nie deksels daarvoor nie..alles sal uitkook en ek hoop dit gebeur spoedig!

  8. ingrid sê:

    Ek stem saam met jou Smurf.

  9. Sammi sê:

    Die Afrikaner se saamstaan sal regtig net werk as ons demografies in een plek kan wees. Wydverspreid gaan geen impak maak nie. Aan die einde van die dag gaan dit tog oor die nommers – nie waar nie?
    Ek dink juis die ANC beplan om peoples van Limpopo en Mpmulanga in te voer Kaapstad area toe om die DA te topple volgende keer.

  10. ingrid sê:

    Skrikwekkend hoe maklik so iets kan gebeur en ‘n artificial meerderheid so verkry word. 😮

  11. Smurf sê:

    Sammi,

    Jy is heeltemal reg daar, hulle kan dit maklik doen! Jy het iets beet hier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s