19 Rose, kinders, Steve

Ok, kom ons begin by die positiewe:  Nog net 19 dae voor die groot dag!  Die naweek is daar ernstig troukoek versier, elke liewe stukkie koek is volledig versier,  Hannie het later soos die Pillbury mannetjie gelyk, van kop tot tone wit 😆  Die wedding vafor sakkies is klaar gemaak en die uitnodigings kon uiteindelik gefinaliseer word.  Soos julle weet was die oponthoud omdat ons die 100% was van die venue nie.  Dis uitgesort en die tannie wie se huis gebruik gaan word is baie tegemoetkomend.

Steve

Toe ek vanoggend Smurf se comment lees en gaan kyk wat in Beeld se link geskryf is was ek so kwaad dat ek nie eers die woorde kon kry om hier te se nie.  Nou’s die ergste kwaad gelukkig weg, ook goed so.  Arme dom joernalis, dis so maklik om iemand se woorde en bedoelings te verdraai, gelukkig beteken dit publisiteit vir die generaal, Smurf.  Enige iemand wat gestaan en luister en deel was van duisende mense wat spontaan op hulle voete kom wanneer die viole begin speel en Pampoen sing, weet wat dit is om samehorigheid en eenheid te beleef.  Die Kanadese het Pampoen gesing dat hulle eie mense net moes vra:  What is this pampoon?  Ek wil nie preek oor Afrikaner eenheid nie, ongelukkig kan ons nie saam staan nie, al wil ons ook, maar vir daardie 5 minute en 45 sekondes word alle verskille vergeet en word ‘n groep mense een.  Hoekom nie eerder na die positiewe aspek daarvan kyk nie?  Go Steve:  Sing, sing jou woorde teen ons vas en wees net jou eie authentic self.

Kinders

Julle weet hoe voel ek oor kinders, nie net ons span nie, kinders in die algemeen.  Moenie hulle seermaak moenie hulle gebruik om jou eie doel te bereik nie.  As jy ‘n ding met my het val my aan, ek sal baklei as dit nodig is, as ek dink jou argument is belaglik of jy is insignificant in my lewe en my energie kan beter op ‘n ander plek gebruik word, dan doen ek dit so en ignoreer jou.

Nou wil ek weet, asseblief as hier ouens is wat slim is met die regte, kom vertel vir ons:  Kinders se lewens is potensieel in gevaar.  ‘n Polisie beampte weet daarvan en stuur die bekommerde persoon om die volgende dag ‘n klag by ‘n landdros kantoor in te dien, hoe de bliksem werk dit?

Hier is die agtergrond:  Hannie se kinders is die naweek na hulle pa toe.  Die hofbevel se:  een naweek per maand van 9h00 Saterdag oggend tot 18h00 Sondag aand.  Die vorige naweek toe hulle daar was, het hulle eers 20h00 by die huis gekom, nadat sy hom reeds drie keer gebel het.  Hierdie kinders is klein (6 en 7 jaar oud) hulle moet die Maandag skool toe gaan.

Ons advokaat het ons aangeraai om die volgende keer dat so iets gebeur polisie toe te gaan en ‘n klag te gaan le.  Hy het per sms laat weet dat hy die kinders teen 15h00 by die huis sou he.  Gister het 15h00 gekom en gegaan, 16h00 het gekom en gegaan, so ook 17h00.  Hy het nie sy telefoon geantwoord nie.  Teen 18h00 ry ons polisiestasie toe.  Die konstabel bel hom om te hoor waar hy is en waarom die kinders nog nie terug is nie.  Hy raak aggresief, hulle vra Hannie om met hom te praat! (Verduidelik sommer vir my hoekom iemand kan dink dat as jy reeds ‘n swak verhouding met jou eks het daai persoon jou sal kan kalmeer?) Wel dit het nie gewerk nie, hy het op haar en die polisie gevloek en geskel.  Die inspekteur wat ingeroep is se reaksie was:  There is nothing we can do, I can hear that he is aggressive and under the influence of alcohol.  You must go to court and report this.

Ons het na ‘n volgende polisiestasie gery en daar het die toneel amper op dieselfde manier herhaal.  Hierdie keer was die inspekteur meer behulpsaam, het sy persoonlike selfoon gebruik om hom te bel, maar ook daarna aangekondig:  This man is violent, you need to go to court.  Hy het darem ook gehelp om ‘n beedigde verklaring opgestel te kry as bewys dat ons gaan kla het, die vorige ou wou dit nie eers doen nie.

Nou die volgende vrae:

Drie verskillende geregsdienaars het geweet dat ‘n man onder die invoeld van alkohol sou bestuur met twee klein kindertjies in die kar, hulle het gekies om niks te doen om dit te stop nie, wat as hy in sy toestand in jou motor vasgery, sy eie kinders, jou en jou gesin ernstig beseer of gedood het?

Drie geresdienaars het verklaar dat hierdie man geweldadig is, uit hulle ondervinding behoort hulle so ‘n oordeel te kan fel, wat as hy een van daardie kinders iets aangedoen het, of vir een van ons toe hy wel uiteindelik die kinders kom aflaai het?

Dit is maar twee van ‘n duisend vrae.  As hierdie dinge in die middel van die 16 dae van aktivisme teen kinder en vroue misdaad gebeur, wanneer die SAPS bedag moet wees op sulke goed, wat gebeur die res van die jaar?  Ons lees gereeld van kinders wat deur versteurde biologiese ouers ontvoer en selfs vermoor word.  Hoe is dit moontlik dat die polisie nie ‘n ma kan help as sy alle bewyse het dat ‘n wettige hofbevel verontagsaam word nie?

Advertisements

3 comments on “19 Rose, kinders, Steve

  1. Smurf sê:

    Ingrid, ek sien jy was net so moerig soos wat ek was toe ek die stuk in Beeld (deur die Marzahn ) geskryf gesien het! Liewe goeie genade maar kan sy goed verdraai soos dit haar pas!! Ek sê weer om een of ander rede wil die pers Steve beswadder en sleg laat lyk, wens ek kan weet hoekom, is hy een of ander bedreiging? want wragtig hy pla hulle nou regtig glad nie, sit daar werklik iets groter agter die prentjie? ek is al amper 100% oortuig daar sit baie meer agter die Steve Bashing en die mense moet hulle ogies beginne oopmaak. Lyk my hulle besef dat Steve nog steeds die gewildste sanger is en steeds vol sale trek, so ja, hy het baie aanhangers, meer as wat die media ooit sal wil erken. Steve hou ook nie sy mond vir die media nie en dans nie na hulle pypies nie, nog ‘n groot rede.

    Het jy gesien hoe word Joost nou geprys en vergewe in Huilgenoot se briewe afd. Ongelooflik hoe almal skree vergewe vir Joost (ek het niks teen Joost nie en het van die begin af gesê dit is tussen hom en sy vrou ) maar bash vir Steve!! nou hoe nou??…. Hier sit beslis meer agter as wat ons dink. Steve sal nie gaan lê dat hulle oor hom loop nie. As bevelvoerder in Steve se army sê ek jou ons staan nog baie sterk agter die Generaal van ons! 😉

    Wonder ook hoe dom is die Marzahn as sy reken Steve het net Pampoen geskryf, Steve het honderde liede geskryf tot vir ander sangers (wat ook hit’s gehad het met die songs) en al sy liede was puik lirieke unieke wysies en beslis nie rooirok bokkie en sokkie treffers nie daar is diep songs ,….kyk maar na “Waarmaker” beslis een van Steve se beste CD’s ooit! die liede daarop het die mooiste woorde, nee wat hy is en bly een van die beste liedjieskrywers. Eintlik jammer dat Huilgenoot al die toekennings reël, Steve sal mos nooit deur hulle erkenning kry vir wat hy vir Afrikaans en ook in die musiekbedryf beteken het nie, Steve het beslis al baie diep spore gestrap in ons land se musiekbedryf, die man het ontsaglike talent as Sanger, Liedjieskrywer, digter, Skrywer,Akteur, en aanbieder van sy eie program! Sal sy gaai afwerk vir liefdadigheid! (en as hy wil in die Politiek ook!) Dan is hy ook nog altyd bereid om nuwe sangers kans te gee op sy show om te kom sing, hy help altyd ander.

  2. Smurf sê:

    Ek dink dit is ‘n skande dat die polisie self erken die ou is gedrink en aggresief terwyl die kinders by hom is en hulle tog verkies om nie betrokke te raak nie!! 👿 Slapgatgeit en luiheid,.. te veel moeite dalk ???? Uiters swak!!

  3. ingrid sê:

    Go Smurf, man dalk moet ons jou in die parlimint kry 💡

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s