Rooi strikkie dag, is daar hoop?

Ek luister gisteraand na die nuus en vir, kan dit die eerste keer wees, is die regering van die dag eerlik en openlik i.v.m. ‘n krisis waarvoor hulle geen antwoorde, raad of verskonings kan kry nie.  Die aankondiging word gemaak:  We are losing the battle against HIV & AIDS.

Hierdie virus is so vreemd dat ek soms wonder of die sg. eksperts op die gebied hom werklik ken.  Elke liewe keer wanneer transkripsie plaasvind het hy die potensiaal om te verander.  Hy neem die voorste linies van verdediging van die liggaam oor, repliseer homself in die selle wat veronderstel was om hom te vernietig, maak die sel dood in die proses totdat die viral load – CD4 ratio so deurmekaar is dat die CD 4 selle omtrent nie meer bestaan nie en die liggaam genadiglik ophou funksioneer.

Nee ek wil nie ‘n morbiede posting doen nie, wat wil ek se?  HIV & AIDS is my verantwoordelikheid!  HIV & AIDS is jou verantwoordelikheid!  Is daar werklik een mens wat se ek ken nie iemand wat erken het dat hy/sy HIV positief is nie, of ek weet nie van ten minste een mens wat dood is a.g.v. die komplikasies wat HIV in die liggaam veroorsaak nie?

Kom ek antwoord my eie vraag:  Ja daar is hoop.  Om met HIV gediagnoseer te word is seker een van die slegste goed wat ooit met iemand kan gebeur, maar dis nie die einde van jou lewe nie.  Ek ken mense wat al 20 jaar met die virus saam leef en hulle lewe, hulle sit nie stil en wag om dood te gaan nie.

Gaan daar ‘n vaksiene uitgevind word wat die wereld gaan red?  Hell No!! die regering lieg vir jou.  Kom ons dink logies, ek’s nie goed met wiskunde nie en nie eers remotely naby Rosie hulle met wetenskap nie, maar ek kan logies dink.  Daar is 2 alombekende HIV hoofgroepe – HIV 1 is reeds geklasifiseer van A tot Q, HIV 2 is reeds van A tot D.  Dit beteken jy kan geinfekteer wees met HIV1K of HIV2C.  Sou daar ‘n vaksien wees moet hy jou kan beskerm vir al hierdie subgroepe en sommige van hulle het elkeen hul eie subgroep so dis al klaar ‘n som wat ek nie kan maak nie.  Dan die meeste geld aan HIV navorsing word nie in Afrika gebruik nie, die strain in Afrika is HIV1 ( die een wat die meeste mense hier dood maak, ons het wel gevalle van HIV2 en dan is daar ko-infeksie met sommer ‘n paar verskillendes).  Nou in Amerika is HIV2 ‘n probleem, hulle doen die navorsing, hoekom sal hulle eerste na ‘n vaksien vir HIV1 soek?  Logika, sien.

Dit bring my by die volgende punt.  Ek hoor mense praat en ek belowe jou dis die reine waarheid.  Mense se:  ek’s klaar positief so ek kan maar saam met iemand anders slaap wat ook positief is, dit maak nie saak nie.  Bull shit!  wie se vir jou dis dieseflde strain?  Jy kan moontlik met ‘n meer aggresiewe strain besmet word.

Hoe gaan ons hierdie ding wen?  Ek vra nie hoe gaan ons sorg dat die huidige bevolkings ontploffing volgehou word nie.  Hoe gaan ek en jy en ons kinders veilig bly?  Deur ons bekke oop te maak en te praat.  Die dae waar ‘n ma te bang was om met haar kinders oor seks te praat is verby.  Natuurlik geld dieselfde vir die pa.  Jou kind mag NIE by sy/haar maat hoor van die goed nie.  Hulle moet weet van HIV, hoe waar en wat en om hulle te loop en vertel van kondome, is gekheid, die goed is nie 100% veilig nie!  Ja ek lewe in die regte wereld en ek weet tieners en die ouderdom van tiener wees is al hoe vroeer, gaan moontlik in een of ander stadium seks he.

Man vat jou kind in ‘n vuil staatshospitaal in, stap deur die gange, hulle sekeruteit is in elk geval hiper swak, laat hulle sien hoe lyk iemand wat besig is om dood te gaan a.g.v. onverantwoordelike seks.  Sorry, ouens maar die tyd vir mooi speel is verby.  As niks anders gaan werk nie, gebruik skokterapie!

Nog net een iets, asseblief, as jy jou kind van kondome vertel, maak seker jou feite is korrek dat jy die hele ding dek, van hoe en waar om dit te stoor, het jy geweet daar is ‘n verval datum op kondome.  Hoe en wanneer om dit aan te sit, wat werk nie saam met dit nie en wat kan saam met kondome werk.  Net so belangrik hoe om dit te verwyder.

Meer as genoeg gepreek vir een hele jaar.  Bottom line, vat verantwoordelikheid vir jouself en die na aan jou.

Advertisements

4 comments on “Rooi strikkie dag, is daar hoop?

  1. Harry sê:

    Jy sal die kind so skrikmaak dat hy of sy nie pal wil trou nie! Pasop maar.

  2. Smurf sê:

    Ek lees so dag of wat terug dat statistieke bewys dat HIV veral onder die blanke studente toegeneem het die afgelope tyd.

  3. ingrid sê:

    Harry, die bedoeling is nie dat kinders afgeskrik moet word van trou nie, maar eerder moet sien wat die gevare van losse sedes is. Ons weet tog almal dat ‘n monogame verhouding die enigste antwoord is.
    Smurf, dit is baie waar, die toename onder die meer gegoede mense is ook baie hoog. Dit kan natuurlik ook wees dat hulle in die verlede nie aangemeld is by die dept van gesondheid nie en dat die statistieke foutief was. Wat ‘n groot probleem met stats is, is dat HIV nie ‘n aanmeldbare siekte soos bv. TB is nie, dus is daar geen akkurate stats nie. Wat ons wel weet is dat daar tans 3 uit elke 5 mense wat hulle laat toets positief toets vir HIV. Dit is in die agtergrond hiervan dat ek begin dink het dat skok terapie dalk die enigste antwoord is. Ek hou nie daarvan om so ‘n drastiese voorstel te maak nie, maar ek maak eerder iemand waarvoor ek lief is bang voordat ek hom/haar so sien ly.

  4. Smurf sê:

    Ek stem dat as jongmense die harde werklikheid kan sien, sal hulle beslis baie versigtiger wees en nie dink dit is ‘n speletjie nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s