Steve Sê: Entries

 

 

 

 

Steve Sê: Entries

.

Advertisements
This entry was posted in Steve.

39 comments on “Steve Sê: Entries

  1. smurfi sê:

    Thanks Ingrid, goed dat jy hier so plekkie het elke keer as Steve ietsie op sy Website skryf, ek het gaan lees daar, maar sal weer mooi en aandagtig moet gaan lees want die ou raak weer te slim met die woorde 😉 Toe Steve vir my destyds sy digbundel “Valkuns” geteken het, het hy voorin geskryf “(Smurfi)?? Stadig lees” en ja mens moet stadig lees en soms weer lees, ek het “Valkuns ” al sommer ‘n paar keer gelees. Daarom weet ek ek moet eers weer gaan lees en stadig lees. 😉

  2. ingrid sê:

    Praat jy Smurfi, veral Valkuns is nie iets wat jy lees en bere en dis klaar nie, elke keer wat jy lees kry jy iets nuuts daar uit.

  3. smurfi sê:

    Ek sien hy tree die 15de en 16de Desember op by ‘Wild Coast Sun’, dit is so ent van ons af maar ek gaan nou kyk of ek kan kaartjies bespreek, sal graag sy Neil Diamond show wil sien. Kyk een ding is verseker al sy shows is puik! Die wat nog nie een van Steve se shows gesien het nie mis uit, big time!

  4. smurfi sê:

    Ek het gister weer die “Waarmaker ” cd in my kar se cd speler gedruk en wragtig daar is nie ‘n beter cd. as Waarmaker nie, die songs daarop, die woorde , dit is absoluut puik en mens kan oor en oor dit luister en beleef. Waarmaker, dink ek, is nog een van Steve se heel bestes, in vergelyking met al die sokkie doef doef songs wat nou so gewild is, staan dit uit soos ‘n meesterstuk! Heeltemal uniek! En weer kan ek net sê die wat nog nie die moeite gedoen het om dit te luister nie sal nie weet waarvan mens praat nie.

  5. ingrid sê:

    Smurfi, hoop jy kry daai show gesien, ja Steve mag maar Niel Diamond, behalwe dat hy goed klink is daar darem ook meer om na te kyk 😉

    Oor Waarmaker het ek al soveel gese dat ek seker nie meer kan se nie, ek se steeds daar was nog nooit ‘n meer eerlike en dieper song as God se Bedelaar nie, elke keer as ek daai woorde hoor dan vra ek myself hoe kan sy vervolgers nie sy seer voel en sy verwarring hoor nie…

  6. Willa2 sê:

    Smurfi, ek hou duim vas vir jou dat jy nog kaartjies gaan kry. EN onthou gedra vir jou …. toe mond soen, nie oop bek nie. 😆

    Waarmaker is rerig ‘n baie pragtige liedjie en ‘n mens kan baie daarin lees.

  7. Smurf sê:

    http://www.carpediem.co.za/index.php?p%5BIGcms_nodes%5D%5BIGcms_nodesUID%5D=24535963be6a55359b9d61fe97f24025&proid=1518

    yk my Natasha het nog nie genoeg geld gemaak nie, sien daar is nou ook ‘n CD. beskikbaar waar sy praat oor haar lewe??? en sy skryf en skryf glo nog steeds, wonder nou net as sy begin ander tiepe boeke skryf wat nie aan Steve gekoppel kan word nie of sy regtig iets sal kan verkoop. Ek dink regtig dit raak nou eers ‘n sirkus met al haar gejag na nog meer en meer geld en ook al die slim janne wat haar aanmoedig sodat hulle hul “share” ook kan skep.

    Begin dit nie ook nou al hoe meer lyk of sy net geld najaag nie, dit gaan lankal nie meer oor hartseer en pyn en lyding nie , maar ‘n gejag na geld. Ek het bitter jammer vir haar gevoel in die begin, en ek kon nog die boek verstaan, toe die road shows (of werk die road shows nie so lekker uit nie) dalk te min geld, nou bring hulle ‘n CD. uit sodat jy dit net in die kar kan luister na haar lyding om geld te maak. Sy raak nou rerig afgesaag ook! sien daar een plek sy skryf sy moes haar droomhuis verlaat, en elders heenkome gaan vind????? wat se K@K sy het onmiddelik in nog ‘n droomhuis (3miljoen) ingestap wat Steve vir haar gekoop het naby sy huis sodat die kinders naby hom ook kan wees. Sy begin nou regtig my gat krap!!

    O, en die Glitterati skindertonge ou Mark fish se vrou en die Eagan gedoente, adverteer hul nuwe skinderprogram wat 1 Januarie begin op KYKNET, ook met glo skindernuus oor Steve! ( Wie het meer geraamtes in die kas as die “Fishes”!!)

    En die mense wat Steve haat en bash kan my maar kom kritiseer, dit is hoe ek nou vir Natasha sien, as ‘n fortuin soeker, as sy regter die skrywer van formaat wil wees skryf dan regte boeke, of kinder boeke en verdien geld uit jou eie naam nie uit Steve se naam nie, en dieselfde vir die wat haar aanmoedig en sy te dom is om te sien hulle gebruik haar nou net so lekker om hul sakke te vul.

    Die hele spul gebruik Steve se naam om te adverteer en om geld te kan maak. siek man.

  8. Smurf sê:

    Smurf is seriaaaaas !! daarom is hy weer Smurf!.

  9. ingrid sê:

    Smurfi die punt is hope mense cash in op die media agent Steve Hofmeyr, ek raak sommer goed bef*k as ek sulke goed lees. Kry jou eie flippen lewe, doen iets goeds, skryf iets wat iemand wil en sal lees al staan die woord Steve nie daar nie, dan kan jy se jy’s ‘n sukses, of wees net die beste wat jy kan vir die mense wat jou lief het, hoekom kan dit nie genoeg wees nie. 👿 😈 !!!!????

  10. Sharpshoot sê:

    Ai jai jai. Het dit nie van jou verwag nie Ingrid. Van Smurf(i) ja, maar nie van jou nie. Funny hoe die dinge werk… Gun jy haar nou niks? Moet sy nou by die huis sit en niksdoen? Het Steve nie ook maar die Neil Diamond vir geld gedoen nie? Of het hy sy eie oorspronklike musiek daar gebruik?
    Los die vrou, sy het jou en Steve niks aangedoen nie.
    So what as sy geld maak?
    En sy was nogal funny op Roer gewees. En nie ‘n slegte woord oor haar eks te se gehad nie. Die heks!
    Nee Ingrid, ek het wraggies gedink jy van alle mense sou die girl ‘n fair chance kon gee.

    Smurf(i), jy laat my lag. Sowat van jaloesie en katterigheid het ek lanklaas gesien. Haha- kostelik die:’ Sy begin nou regtig my gat krap’ – jy is seker nie ernstig nie?! SY krap JOU gat?!
    ‘n Steve basher is ek allermins – daar is niks om te bash nie – maar ek hang met ‘n ironiese grin die ‘Natasha-Basher-Sash’ om jou blou-groen nekkie. Geluk.

  11. Willa2 sê:

    Tensy ek die pot mis sit, het Steve vir Niel Diamond betaal om sy liedjies te kon sing. 🙄

    Maar nou ja elke ou kan seker maar skryf of sing wat hy wil. Dis vir my om te besluit wat ek gaan koop of nie. 😆

  12. Smurf sê:

    Nee Sharpshoot,
    Ek “Bash” nie vir Natasha nie en ek is beslis nie jaloers op haar nie, hoekom moet ek nou jaloers op haar wees? Ek het nog altyd van Natasha gehou , ek is bly haar boek se so groot sukses, (vir haar en die uitgewers en die media almal wat ‘n penny daaruit kon verdien)) Ek is bly sy het baie geld gemaak. Maar alles het ‘n begin en ‘n einde. Hoe nou?, waar sal ek nou sê sy moet net by die huis sit en niks doen??? Ek sê dan sy kan honderde boeke skryf, sy is baie mooi en wraggies baie intelligent, sy kan boeke skryf oor enige onderwerp!! op hierdie stadium glo ek sy kan sonder om Steve se naam aan ‘n boek te koppel net soveel sukses behaal met ‘n ander tipe boek as net haar en Steve se lewe. Ek sê ook duidelik dat dit vir “MY”(nie vir jou nie) begin lyk of sy nou maar net geld najaag, met die Steve Natasha sage. 😉 ( dit beteken dit is hoe ek dit sien , nie jy nie, as jy daarvan hou is dit mos hoe JY daaroor voel,.. is dit nie?

    Die wat ek sê dit lyk of sy nou net geld najaag en dat dit nie werklik gaan oor die Pyn en leiding nie is reeds die feit dat (sy) of haar (bemarkings span) so elke dan en wan uitkom met nuwe idees om nog ietsie by te bemark terwyl hulle nog kan, (moontlik kom daar een van die dae, ‘n gedenk beker uit met die Steve en Natasha sage, daarop geskryf en hul gesigte daarop 😉 (Wat ‘n blink idee!! 😆 net ‘n grappie hoor!! ) Nee regtig ek dink dit raak nou al hoe meer net ‘n bemarkings artikel om geld te maak. Terwyl Natasha op haar eie baie meer dinge kan aanpak en ‘n groot sukses daarvan sal maak.

    Die woorde “sy krap nou regtig my gat” figuurlik gesproke, nie lettterlik nie, 😉 …dit meen dit irriteer my elke keer as ek lees van nog ietsie wat bemark gaan word in die Natasha Steve verhaal. Met “MY” bedoel ek weereens “my” nie “jou” nie of (“Hy, Sy of Julle nie”) of enigiemand anders wat dit lees nie, “jy” of wie ookal dit lees moet dit dus maar so insien dat “ek” dink dit gaan nou net oor die gejag na geld. ( Lw. geen ander persoon of iemand word hierdeur geimpliseer nie.) Gelukkig glo ek ook dat enigiemand, anders as ek daaroor mag voel en dat hulle die reg het om te sê hoe hulle daaroor voel…… (Lw. ek sê hoe ek voel) ‘n gevoel oor iets is amper ietsie soos ‘n stemmetjie wat vir jou sê: agge nee tog, nou raak dit darem maar belaglik, of so iets jy weet!…en gevoelens oor dinge verskil dus ook van persoon tot persoon en mens praat en word kwaad en raak geirriteerd oor gevoelens) 😉 (ook maar my dom mening)

    So jy is geregtig op jou mening, en ek aanvaar dit so! Ek gun haar regtig alles in die lewe, ‘n ridder op ‘n witperd, ‘n paleis. Regtig moenie bekommer nie ek is nie vir een oomblik jaloers op haar nie, kan ook nie insien hoekom ek jaloers moet wees, omdat ek sê ek dink die storie is al afgesaag en holrug gery nie. Wat gaan volgende verkoop word ?

    Nee wat alles in die haak!
    Jy het my ook nou lekker laat lag oor die “jaloesie storie” en jy kan maar jou “necklacie?/ sash” kry ek hou nie van die kleur nie ! pas glad nie by my uitrusting nie 😆

  13. Smurf sê:

    oops my prentjie!!!!!

  14. Sharpshoot sê:

    The lady doth protest too much.

  15. Smurf sê:

    Ingrid,& Sharpshoot,

    Weet julle wat dink ek nou net (ja ek kan soms dink as ek eers gekalmeer het 😉 Is dit nie tog maar eerder die “Bemarkers” wat alles meer oemf wil gee en sensasioneel wil maak, eerder as Natasha nie?? is die bemarkers nie op die ou einde die wat (skies Sharpshoot 😉 ) “my gat krap” met die manier hoe hulle goed bemark nie, is die tegniek nie maar daaragter om alles vreeslik melodramaties te laat lyk en klink nie? Is dit nie ook maar groot deel van hul inkomste en dalk nie regtig Natasha wat wins bejag is nie. Is dit nie hulle wat in elke e-mail en advertensie oor Tasha se boek en CD. Steve se naam noem nie (want sover ek weet het Natasha nie regtig name genoem nie? En natuurlik is dit mos ook n feit dat almal weet Steve en sy was getroud en wat gebeur het . Is die bemarkers maar nie ook die groot dryf
    krag om die storie alive and kicking te hou nie?

    Sharpshoot,
    Ek wou mos nou amper hierbo my gatjie vir jou ook wip! maar toe gaan sit ek en dink, dat ek eintlik nog al die jare baie van Natasha hou. Sy is en was nog altyd vir my die saggeaarde pragtige mens. Hoekom sou Natasha skielik so handomkeer verander het?? Te danke aan jou uitkakparade hier bo, het ek gaan sit en dink maar hoekom en waarom lyk sy nou vir my na iemand wat net geld wil jag.?

    Ek besef toe dit het baie met die bemarking te doen, en ek begin wonder hoeveel goed word in bemarking gesê of geskryf wat oorspronklik heel anders deur die skrywer bedoel was of geskryf was, so met die advertering van die artikel. Elke nuwe idee wat daaruitspruit sal natuurlik ook deur hulle opgeraap word om te bemark en natuurlik sal hulle altyd Steve se naam noem in die veldtog om te verkoop.. want dit is nog ‘n mark en nog geld . Was dit regtig alles net Natasha se idee. en soos ek sê die manier hoe dinge dan so bietjie opgedollie word vir die koper . So daar is beslis baie om oor te wonder 😉

    Smurf sit nou en pluis dinge in my kop eers mooi uit, Ek sê altyd vir mense, gaan lees eers self voor jy sommer net praat, maar Smurf was toe alreeds om geêllie oor die aanhoudende storie oor Tash en Steve, Natasha beginne toe sommer vir my na Sannie jammergat klink en al daai dinge.

    So Sharpie, aan die eenkant moet ek vir jou so klein bitjie dankie sê dat ek so begin dink het hier by se selwers.

  16. Smurf sê:

    mnr. die Skerpskutter, 😉

    Ek protesteer nie, ek sê maar net ! en onthou;.. – I doth not Kruipeth gat by youeth 😉 I thinketh for myself-eth!! 😉

  17. Harry sê:

    Kan enige een van julle vir my vertel wie die jirre is met wie steve in sy vorige posting praat. Hoekom word jirre sarkasties bedank vir ‘n klonp bloopers? my email soontoe word ignoreer. Ek sal ook bly wees as julle die kode in sy nuutste stuk vir my uitle. Ek skaar my by sharpie, smurfie. Jy klink lekker katterig hierbo. Natasha kan ook mos doen wat sy wil Willa.

  18. Harry sê:

    Toema… Ek dink ons maak dit maar ‘n retoriese vraag… 🙂

  19. Smurfi sê:

    Harry,

    Het jy die stuk gelees hierbo, Des.12 6:19 waar Smurf vir Sharpshoot en Ingrid ‘n stuk geskryf het? Die stuk net so bokant jou kop, reg bokant jou kop is die klein stukkie vir Sharpie, en net bokant hom is die stuk wat Smurf geskryf het nadat Smurf nabetragting gaan hou het oor die hele storie!…. Jy moet Fokus Harry 😉 Smurf is nie katterig met Sharpie nie!

    Harry die oorlog is al verby! 😉 en jy kom nou eers hier aan, toemaar ek was ook weg en het ook eers vandag laat kom inloer was nog nerens anders gewees nie. Sal nog gaan loer daar by Kekkel.

    Ek weet glad nie hoe werk die E-mail by Steve nie, het nog nooit dit gebruik nie. Ek weet Steve is op toer.

  20. Harry sê:

    Dit beantwoord nie my retoriese vraag nie. En jy was katterig met Natasha… Vertel my nou maar jy was nie dan vertel ek jou ek glo dit nie 😉

  21. Harry sê:

    Ek seg nog steeds steve laster en niemand het my nog verkeerd bewys nie…

  22. Smurfi sê:

    Harry;

    Ek sal nou nie weet of dit katterig is of nie, Ek is nie iemand wat baklei nie ek raak soms moererig oor iets en gaan gal af, as dit katterig is dan is dit seker katterig, sal regtig nie weet nie. Meestel sal ek joke en grappe maak so dit is seker dan maar narrerig of so iets.

    In die stuk wat ek geskryf het vir Ingrid en Sharpshoot, het ek mos vertel dat ek weer gaan dink het oor hoe die dinge werk met bemarkers en bemarking van sekere dinge wat aan die publiek verkoop moet word. Lyk nie vir my jy het dit gelees nie? of het jy? aag jong maar dis ook Ok. Ek wroeg gelukkig nie lank oor iets nie. More is weer ‘n nuwe dag met nuwe dinge in my kop. gister is geskiedenis.

  23. Smurfi sê:

    Harry;

    Sodra ek my ‘Steve kodeboek’ opspoor dan ontsyfer ek vir jou die stuk daar op sy Website, belowe 😉 Ingrid is so bietjie besig met al die troue goeters, sy is by verre beter as ek in die ontsyfering en skryfwerk 😆 al die ou SSSB lesers het sulke Steve ontsyferings kode boekies gehad 😉 Soms het ons heeltemal in morse kode gekomunikeer, met sulke “bleeb – bleeb” tekens tussen in vir enige vloekwoorde, Steve s’n was gewoonlik heeltemal bebleep! 😆 Nee ek praat sommer ‘n klomp “TWERT” dis ‘n nuwe woord vir Twak en Snert 😉 Jy moet ‘n lekker aand hê! Wat is ‘n blog sonder ‘n Harry!! 😎

  24. Sharpshoot sê:

    Ja Smurf, jy baklei nie, maar daar is oral glimlaggies en 😉 ‘s met stekies. Heuning wat op die grond drup is ‘n mors.

    Welkom terug die ‘ou’ nuwe Harry.
    Smurf, dis soos my vriend Pietie altyd se: Bulshit baffles brains – more often than not, but not always.
    Oogklappe veroorsaak tonnelvisie – die lewenspad se K53 beveel dit nie aan nie.

  25. Smurfi sê:

    Nee wat Sherpshoot;

    Daar is nooit by my heuning wat op die grond drup nie, ek sien nie die nodigheid daarvan nie, as ek iets skryf is dit gewoonlik heeltemal met ‘n glimlag ek kan bv. nie die trekies en goet raaksien nie omdat ek nie so is om te probeer mense stekies toe dien nie, maar dan weer elkeen lees dit mos weer met hulle gemoeds toestand en hulle kan dan stekies sien. soos bv. nou die stuk oor die “Steve kodeboekie” daar is nie regtig so iets nie ek maak ‘n joke met Harry, (nie van Harry nie) ek terg hom net. Anyway ek geniet Harry regtig op die blogs waar hy ookal skryf en hy weet dit! Ek glo Harry verstaan dit so, hy is nogal skerp!

    Dankie tog ek het nie tonnelvisie nie anders moes ek al gecrack het , oor wat sommige mense skryf en vloek en slegsê 😆 (net ‘n smile ) wat ek sien dit so. (ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie, veral op ‘n blog dat daar geen baklei in is nie.

    Ek dink as mens soek vir stekies en kwaadsteek in enige stuk wat iemand skryf sal jy dit so sien en lees. As mens ‘n stuk lees wat iemand geskryf het en jy lees dit met die doel om foute te soek en ‘lelik’ daarin te soek dan sal jy dit so lees en so verstaan..

    Ek sien jou weer as hierdie vreeslike ernstige ou wat nie hou van smile of lag nie, ( want ek KEN jou nie in die werklike lewe nie) Jy hou net van ernstige dinge en ek skram meer weg van al die vreeslike ernstige goed, en sal weer eerder wil lag en joke.
    Vreeslik jammer oor die gesiggies en “TWERT” wat ek praat hoor! altyd maar aangeneem mense wat nie daarvan hou sal dit maar nie lees nie. Daar is vir geen oomblik haat in my hart terwyl ek TWERT skryf nie, en selfs al word ek gevloek lees ek dit ook nie met haat in my hart nie.

    Maar dis hoe dit is, mense ken mekaar glad nie, en sal seker maar hul eie prentjies vorm oor wie is wie.

  26. Smurfi sê:

    Ek weet ek hoef niks te verduidelik nie, want dit is nie regtig belangrik nie. so wat ookal dit maak seker nie saak nie. Dis vir my lekker om op die blogs te lees en ek geniet natuurlik Ingrid, Wipneus, Tweeling, Dellie, Bierpens, Harry, ag die hele klomp geweldig. Julle ouens moet almal maar ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie voorspoedige Nuwejaar hê!

  27. Cupcake sê:

    Dit is net FAIR om ELKEEN wat seer gekry het in hierdie gemors, sy of haar eie tyd, spasie en manier te gun om te probeer aangebeweeg.

    Jou seer is nie iemand anders se seer nie, en jou manier van cope is nie iemand anders se manier van cope nie.

    Moenie oordeel nie! Jy het NIE die myl geloop in al hierdie mense se skoene nie.

    Los dit as dit nie jou persoonlike saak is nie, maklik.

  28. Sharpshoot sê:

    Wyse woorde Cupcake.

  29. Smurfi sê:

    Cupcake jy is reg, Ek het nie die myl geloop in die mense se skoene nie. hoe de hel kan ons nou praat oor iets wat ons niks van weet nie, dis net haar manier van cope, en om dinge te verwerk. So kan almal nou mooi leer wat in die lewe aangaan, veral oor die dinge wat ons nie eers ‘n clue van het nie.

    (Ek dink anyway my skoene was goedkoper en ouer, (net ‘n grappie) party plekke het ek sommer kaalvoet geloop 😉

    Dink nou net, as dit nou een van ons was wie sou belang gestel het in enige ou gewone mens se myl? ons is nie almal bekend genoeg om met die breë publiek te praat nie, nee wat ons ouens sou maar moes cope op ons eie niemand sou tog belang gestel nie. Wat nog te sê van ‘n boek skryf! So is die lewe “ogies vol traantjies en neusies vol snot!” maar cope sou ons moes cope en survive op watter manier ookal.

  30. Harry sê:

    Ja cupcake. Dis waar. Ons almal het nou ‘n jirre gekry om te hoon en met tee te gooi as ons betrap word met ons hand in die koekiepot. Hierdie jirre is die veilige opsie, want jirre dagvaar jou nie. Al wat jy nodig het is ma se toestemming… My moedertjie gaan weier. Ek weet sommer.

  31. ingrid sê:

    Harry, ek weet nie hoekom jy voel daar word met tee gegooi na Iemand nie en waarom jy voel Hy word gehoon nie, ek wil en kan nie namens Steve praat nie, maar sorry, hy laster nie. Soos altyd is dit goed om jou kant van die saak te sien en ek aanvaar dat hy anders sal voel as ek oor dinge.

  32. Sharpshoot sê:

    Ja-nee – ek skaar my by die ‘ou’ nuwe Harry…. welkom terug!

  33. Smurfi sê:

    Harry; Sharpshoot ek dink daar was maar altyd net die een Harry gewees nie ‘n “ou” en “nuwe” Harry nie, Harry het net so bietjie lus vir fight (onttrekking simptome) 😉 Grappie hoor!

  34. Smurfi sê:

    Ek sal my dan maar by die “nuwe” Harry skaar! dan kan ons en die twee Harrys, en helse lekker geselsskap voer, Sharpie gesels met die “ou” Harry en ek met die “nuwe” Harry, ek baklei met die “ou” Harry, en Sharpie met die “nuwe” Harry… siedaar almal is hêppie want Harry kan ons dan almal besig hou! en ons skep ons eie fight so tussen ons vier! Hoes daai!! 😉 (gesiggie spesiaal vir Sharpie)

    Ek dink mos nou weer, Harry gee vir Sharpie hel, hy sê jy het ‘n gesplete persoonlikheid!! 😆 (net ‘n joke Sharpie)

  35. Harry sê:

    Ek is nog dieselfde Harry wat reguit praat. Steve laster glad nie. Hy se maar net baie dankie op a sarkastiese dankie vir jirre omdat hy in sy eie stoelgang getrap het. 🙂 easy peachy!

  36. Smurfi sê:

    Hallo Harry, Jy nog hier?

    Ek het net gou kom skoonmaak hier onder die kersboom, alles weer mooi reggepak en gepolish, kan nie Ingrid se Kombuis laat sleg lyk vir die gaste nie, daarshy nou is alles weer mooi netjies en skoon.

  37. ingrid sê:

    Dankie Smurfi, so tussen jou en Wipneus het ek min housekeeping om te doen. 😆

  38. Smurfi sê:

    Ingrid ek het maar net gedink na die party, wat ek en my alterego Smurf hier gegooi het, is dit niks minder as reg om te kom skoonmaak nie. 😉

    Cupcake het nie gemors nie, sy het net so vinnig hier ingeloer en vir ons gesê ons moet die plek weer mooi aan die kant maak as ons klaar is. Ek het al die Jaggermeister (hoop ek spel dit reg) bottels ook uitgegooi, Het net een helse hangover vanoggend 😉 Ek moet eending sê ek was nog nooit goed met naaldwerk nie, maar na al die stekies en dinge wat Sharpie my geleer het, kan ek nou brei en hekel ook 😉 (net ‘n grappie Sharpie) een van jou kruisstekies gebruik!

    Daar is vreeslik baie soorte stekies, ek staan verstom: skuinsstekies, soomstekies, rygstekies, oorhandstekies, smokstekies, maar die kruisstekies werk die lekkerste en lyk baie mooi. Die omkapstekies, word glo baie selde gebruik, slegs as jy nie lekkervoel oor iets nie, dan kap-jy-om of van te veel Jaggermeister of bier ens. Die brei stekies is maklik regse-stekies (vir die ver regses) en aweregse-stekies (vir die soos Malema hulle, of ook as jy sommer op ‘n trip is en net teen die stroom wil op voeter)

    NOOIT KON DROOM DAT EK NAALDWERK SO SOU GENIET NIE!!!! en wie moet ek bedank!! dankie ek het regtig baie geleer.

    Ag en dan het ek nog nie eers by die tolletjjiebrei stekies uitgekom nie, ja tollietjies en stekies loop glo hand aan hand!

  39. ingrid sê:

    Smurfi, jy raak stout so tussen die tolletjies oppas netnou herhaal ons die general electric ding hier 😆 😛

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s