Ek wil hier uit!

Dink net hoeveel plekke is daar en dinge is daar wat ek eerder sou wou doen as om hierdie kantoor te sit…

Advertisements

11 comments on “Ek wil hier uit!

  1. Smurfi sê:

    Dis waar Ingrid! ek dink jy voel soos daardie kat in die venster, jy het soveel om nog te doen en kannie daar uit nie.

  2. ingrid sê:

    My maat jy wil nie weet nie, teen more sal dit seker nog erger wees, gelukkis is ek darem daarna af. Mooi dag vir jou.

  3. Smurfi sê:

    My man het vir die eerste keer in jare besluit hy gaan verlof vat, vandag sal nou sy eerste verlof dag wees (buiten die naweek want hy is altyd af oor naweke) 8 uur vanoggend lui sy selfoon, ‘n ou het seergekry, blykbaar ernstig, ek wil reeds kyk of ek hom nie in die hande kan kry om te hoor wat het gebeur nie, maar nou is dit weer verslae op verslae, en ondersoeke, Lyk my verlof is maar amper onmoontlik. Hy sal nou seker heel eerste maar moet Hospitaal toe om daar te gaan hoor hoe ernstig die besering is en dan weer fabriek toe terug om te gaan ondersoek instel oor hoe dit gebeur het. Vreemd dat beserings hierdie tyd van die jaar meer toeneem, en tog word elke persoon by die hekke getoets, vir drank en drugs, want dit was gewoonlik maar ook ‘n groot faktor wat bygedra het tot beserings aan diens.

  4. ingrid sê:

    Smurfi ek verstaan nie, dis asof almal se logies denke net verdwyn. Jou arme man, se vir hom sterkte ek het baie simpatie met hom. Die weirdste goed kan by ‘n so besering aan diens gebeur. Ek moes een keer so ‘n storie ondersoek waar ‘n nutsman op ‘n naweek uitgeroep is om lugreeling te gaan herstel, lang storie kort, hy’t van die braai af ingegaan, op ‘n leer geklim, op die grond geland en sy arm lelik gebreek, moes later ongeskik vir werk verklaar word, totaal onnodig as hy alle reels nagekom het. Strongs mater, hoop jy’t toe daai kaartjies in die hande gekry. 😉

  5. Willa2 sê:

    Ek was heeldag uit op die pad en ek is weer te dankbaar om by die huis te wees. 😆
    Ingrid hoe laat trou julle saterdag? Ek wil darem spisiaal aan julle dink op daardie tyd.

  6. ingrid sê:

    Willa2 my mater ek stuur jou ‘n posduif, ongelukkig was daar mense wat gedreig het om die troue te kom disrupt, dis so effe laat om weereens die venue te verander so ons moes toe ekstra uitgawes maak en ‘n sekuriteits maatskappy kontak vir hulp.

  7. Willa2 sê:

    Smurf/Smurfi WAARS jy? Bring die army van jou op gereedheid jong. Julle is mos baie beter as ‘n sekuriteits maatskappy. Span sommer vir Sharpshoot ook in. Hy klink asof hy ‘n skerpskutter kan wees. Ons moet nou almal saamstaan.

    Dankie Ingrid posduif gekry. Moenie dat ander mense julle geluk en dag bederf nie.

  8. Sharpshoot sê:

    Army vir wat?

  9. Smurfi sê:

    Army om Ingrid hulle te gaan beskerm op hul troudag Sharpie, daar is mense wat wil gaan moeilikheid maak by die troue, Ingrid jy moet net praat ons stuur sommer die hele weermag uit 😉

    Maar alle grappies op ‘n end, kan mens glo dat daar mense is wat so its wil doen, regtig ongelooflik!

    Sharpie sal kom skiet met sy skieter, met ‘n oog wat nie wyk wat ‘n bars kan kyk! nê Sharpie ? Los net die Jaggermeister, ons sal moet fokus! 😉

  10. Smurfi sê:

    Baie geluk aan Platkuif en sy vrou met hul dogterjie se geboorte, sy is pragtig. iemand het my laat weet daar is fotos van die spinternuwe mensie toe gaan loer ek gou, daar is darem niks mooier nie. Ja nee, het al klaar vir pa om daardie klein ou vingertjie gedraai! Sien al hoe spring pappa as sy daardie klein vingertjies eers kan klap. Julle moet haar geniet.

  11. ingrid sê:

    Smurfi, ja daar sal maar seker altyd mense wees wat lewe om ander se lewens sleg te maak. Gelukkig is die dominee amazing, ek’t gister weer met hom gesels en hy’t ‘n baie slim plan gehad, sal julle Maandag kom vertel hoe ons dit hanteer het.
    Die fotos van die klein prinsessie is te kosbaar en veral omdat die ouers se liefde vir hulle kleinding daaruit straal. So mooi om ‘n pappa te sien wat sy kind koester en wil beskerm.
    PK, ek’t ‘n boerboel wat ek jou kan leen, as ons haar nou al begin leer sal sy baie goed geoefen wees teen die regte tyd, o gonna, nee daar’s reeds drie meisiekinders in my huis wat sy moet oppas en ek gaan haar vroeer as jy nodig he, onthou Amber is reeds 10 👿 sal sommer nog so ‘n paar gaan koop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s