Aangename Kennis

Goeie more vriende, gun my die geleentheid om myself aan julle voor te stel;  ek is Mev. Ingrid Marais al amper vir 48 uur!

Ek weet nie hoe om te begin om julle te vertel van die naweek nie.  Dit was net met een woord magic.  Teen Vrydag aand was ek poot-uit, maar daar was nog soveel om te doen, ek het later gese dis nou genoeg, maar Hannie was vasbeslote om nie die droom net driekwart klaar te maak nie, sy het aangehou werskaf tot na 2h00.  Haar doel was om ons droom dag waar te maak en dit was alles waarvoor ons kon vra en nog meer.

Alles was so na aan perfek as kan kom.  Dominee Trevor se troefkaart waaroor sommiges gewonder het was dood eenvoudig.  Die tyd van die troue is vervroeg na 9h30 en die genooide gaste is eers Vrydagaand per sms daarvan in kennis gestel.  Daar was nie ‘n manier dat enige persoon ons dag sou kom versuur nie.

Kom ek vertel julle ‘n prentjie storie:

Vrydag aand, en Hannie wil nie eers stop om te eet nie,  ek moes haar letterlik dwing om vir ‘n paar minute stil te sit en ten minste net iets ligs te eet.  Daarna was sy vasbeslote dat die bruid moet gaan rus, sy en John sou verder werk.  Amber het saam met hulle gewerskaf tot 24h00, toe haar ogies ook nie meer kon oop bly nie.

Kort voor 9h00 en ek het reeds lankal verdwyn, net die meisies was toegelaat om na die deel van die huis te kom waar ek besig was om aan te trek.  Amber was my runner, moes laaste dinge gaan doen en boodskappe ronddra.  My prins, lord and ladies of the round table was reeds gereed en het in groot afwagting gewag dat die tyd verby moes gaan.

Ronel was een van ons getuies, sy het ons ook aan Ds. Trevor voorgestel en moes sommer help om die lassies of the table se hare gedoen te kry.  John, ons staatmaker wat gewerk het soos ‘n klein slaaf en sommer toe net vir die pret ‘n pers rok aangetrek het, net omdat ek gese het dis nou net die regte kleur vir die troue.  Brawe jong seun wat op 17 jaar enige iets sal doen om mense gelukkig te sien.

Fashionably late kom ons nader gestap.  My prins en lord wag geduldig terwyl Izak Davel se Verlore harte deur DJ- John gespeel word.

Die fotograaf se opdrag was eenvoudig:  Die kamera bestaan nie.

Dominee Trevor se warmte en ontspanne houding het ons sommer saam met hom laat voel soos pro’s. 

Die enigste stukkie detail waarvoor daar nie tyd was nie, was die draping om die deur agter die dominee gewees.

Die boodskap was spesiaal op so ‘n vlak aangedied dat selfs die kinders kon verstaan wat gebeur het.  Hy het ‘n stuk gevlegde koord gebruik om te wys hoedat ‘n drie dubbele koord nie gebreek kan word nie.  Hoedat die gesin een sal bly solank twee punte van die koord ons verteenwoordig en die middelste deel wat alles moet bymekaar hou God is.  Ons is ook gevra om dit te probeer breek wat natuurlik onmoontlik was.

Quinton en Shandre het die pink en blou blikkies met die trou ringe kom oorhandig.

Amber lees die woorde van die roos seremonie en skielik raak die oomblik vir haar te groot,  emosies neem oor en die trane kom vinniger as wat sy dit kan wegsluk.  Ek draai om ek Debbie staan op om haar te kom help.  Die eenheid en liefde van die gesin word met die oorhandiging en ontvang van rose geseel.

Ds. Trevor spreek sy seen uit en vra die seen van sy Vader oor die huwelik en die gesin.

Die wetlike aspekte word afgehandel onder die wakende oog van die huweliksbevestiger wat seker maak dat daar geen dispuut kan wees t.o.v. die wettigheid van hierdie huwelik sal kan wees nie.

Hannie en Ingrid Marais word aan die gaste voorgestel, dit is ‘n oomblik wat ek vir niemand kan beskryf nie.

      

  

Sealed with a kiss…

Volgende keer vertel ek julle van die mees fantastiese plek om na te gaan as jy wil wegkom en vergeet van alles:  Dinkwe Lodge!

Advertisements

15 comments on “Aangename Kennis

  1. And sealed with a kiss…. Baie geluk julle twee!

    Sjoe… uiteindelik is die dag ook verby en nou kan julle lekker rus! Woooo-hoooo! :mrgreen:

  2. ingrid sê:

    Baie dankie, Girl, ja die rus sal eers na nuwe jaar begin. Eers moet daar gewerk word vir nog 8 werks daggies en Kersfees moet ingepas word, nog nie eers een geskenk vir een kind gekoop nie! Gelukkig gee ons net vir die kiddies persente. Lekker dag 😉

  3. Cupcake sê:

    May you always feel as close as you do this day.
    May your lives be graced with good health.
    May you always find happiness in your home,
    and may it be a refuge from the storms of life.
    May your love grow ever stronger as you share
    your lives together, and may your future be even
    more wonderful than you dreamed possible

    Baie, baie geluk!!

  4. ingrid sê:

    Baie, baie dankie, spesiale vriendin. O ja, ek’t vergeet om julle te vertel hoe hierdie maatjie my Vrydag in die middel van Pick and Pay in trane gehad het toe sy van haar ver, ver plek af gebel het om ons vrede en vreugde toe te wens. Die knop spring sommer weer terug in my keel is as ek dink hoeveel liefde ons hier van elkeen ervaar. Dankie CC, jy’s verby special!

  5. maxie sê:

    Baie geluk!!!

  6. Smurfi sê:

    Hi daar, ek is wraggeis laaste in die ry om geluk te kom sê, maar is so verskriklik besig, kuiermense is al hier en dit gaan maar dol, Nou eers gou kansie gekry om hier te kom inloer,… wat ‘n lekker verrassing met al die fotos!!! Gaan maar nog dol gaan tot na die nuwejaar! maar as ek laat aande wanneer almal al gaan doeks het vinnig kan kom inloer dan is dit nog OK.

    Julle almal moet ‘n Geseënde Kersfees hê!

  7. ingrid sê:

    Dankie Maxie.

    Smurfi, die feit dat jy tyd in jou besig skedule gemaak het om vinnig te kom koffie drink beteken baie. Jy weet jy’s ‘n gewaardeerde ere gas hier rond.
    Sterkte met die gehollery, hoop jy kry ook ‘n kans vir asem skep.

  8. Willa2 sê:

    Baie, baie geluk mev. Marais!
    Baie dankie vir die fotos. Julle het almal pragtig gelyk.
    Ek is so bly dat niemand dit kon reg kry om julle dag te laat misluk nie.

  9. ingrid sê:

    Baie dankie Willa2, ja nie dat hulle nie probeer het nie, gelukkig het die voorsorgmaatreels goed gewerk. 😆

  10. Baie baie geluk, ek en my lewensmaat is nou ook so twee weke getroud, en kom ek sê jou vandag, dis die dag waarop my lewe begin het, mag dit ook so wees vir julle.
    Groete en liefde…

  11. ingrid sê:

    Baie dankie flintstoned, ek kan nie meer met jou saam stem nie. Liefdfe vreugde en geluk vir julle ook.

  12. meermin sê:

    My lewensmaat is missing in action ……. hy bestaan NIE!!!

  13. ingrid sê:

    ((((((Meermin)))))) Hier in die blogwereld is ons lief vir jou, ek weet dis nie baie nie, maar ‘n groot drukkie vir jou, ek hoop jy kan ons liefde en warmte voel, veral die volgende paar dae.

  14. Beertjie1 sê:

    Baie geluk julle, is ook bietjie laat maar was weg met vakansie en eers vandag teruggekom. Alles wat mooi is vir die pad vorentoe. Mag dit net met rose besaai wees.

  15. ingrid sê:

    Baie dankie Beertjie1. Hoop julle het die ruskans geniet, ons s’n is amper hier 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s