My geskenk aan jou

 

Eintlik is dit net mooi generiese woorde en ek’s nie heeltemal iemand daarvoor nie.  Daar is soveel van ons blog maats wat seer het hierdie feestyd, so more aand gaan ek vir elkeen van julle ‘n kers in die sand sit en dit aansteek sodat die lig en warmte daarvan tot diep in jou hart sal skyn.

Julle het ons gedra deur hierdie jaar met julle liefde.  Daar is vriendskappe gesmee en ouer vriendskappe is behou.  Baie dankie daarvoor.  Wipneus, ek het nie woorde vir jou  nie, net ‘n sms en die blog het ‘n babysitter, dankie, jou wyse woorde en welkome posduiwe het baie keer gehelp.  Cupcake, vriendin jy het so diep in ons harte kom kruip, tot die bekkies kan nie wag dat jy in die land moet aankom nie.  Smurf en Smurfi, getroue vegters, lojaliteit soos min, julle tweeling.  (PS toe ons eergisteraand shopping doen sien Hannie sowaar smurf poppies by Checkers! nie geweet die blou mannetjies is nog in die rondte nie)  Willa2 getrou het ons koffie en eetgoed gekry en ek ‘n posduif met ‘n wysheid in sy bekkie.  Bierpens, die beste PI om moeilikheid soekkers op hulle plek te sit, dankie vir jou hulp en ondersteuning.  Die hele Platkuif gesin, julle het die teerheid van ‘n nuwe lewe deel van ons gemaak, dankie vir jou vertroue in ons om haar met ons te deel, hierdie gaan voorwaar vir julle ‘n besonderse Kersfees wees.  Girl, jou like ek sommer net oorlat jy Girl is, niks fensie wrapping nie, what you see is what you get!  Meermin, verseker sal een helder kers vir jou wees, jy het sommer diep in my hart kom klouter, sonder jou sou my gesin nie soveel lekker disse gesmaak het nie en ek sien jy’t groot planne voorentoe.  Ogies, ai jai, jai, jai saam was ons kwaad en hartseer, maar saam was ons ook bly, hoop jou nuwe nessie sal warm en snoesig ‘n toevlug vir jou en jou gesin wees.  Parkes1 ek dink ek het al soveel vir jou gese hoe spesiaal jy is en hoeveel ons jou daad waardeer, maar dankie sal nooit genoeg wees nie…  Sharpshoot, jy’t ons wakker gehou, dankie daarvoor 😉  Kriekie, Amanda, Maxie, Beertjie1, Flintstoned, Lettiekonfetti, Buffy 21, Harry, Dellie, Adele, Kokkewiet, Herriemerrie, Skoor,  Vlam, Sammi, Sonkind, Hans Matthysen (sorry die ds het toe as volwaardige ds opgetree met ‘n bybel, teksvers en boodskap), Weglekind, Bernice, Haasdas, Toast, Dirk en sommer almal wat hier kom koffie drink het, dit was great om julle hier te he en elkeen se inset het iets beteken, natuurlik het ons nie altyd met mekaar saamgestem nie, maar ons kon dinge rustig en in ordentlikheid uitsort, meeste van die tyd.  Daar was dae dat ek my speelgoed gegooi het en julle het dit getolerate, dankie ook daarvoor.

Mag die wat gaan rus dit geniet, ry asseblief versigtig, ek is Maandag terug vir die laaste vier dagies voordat ons die pad vat!  Liefde en vrede vir elkeen.

Advertisements

3 comments on “My geskenk aan jou

  1. Cupcake sê:

    Ai Ingrid, baie dankie vir jou mooi woorde, en dankie vir jou lekker kuier Kombuis!

    Aan jou Hannie en die kinders en al die dierbare maters hierso, my hartswens vir julle is ‘n baie, baie Geseende Kersfees, en mag 2010 vir elkeen van julle propvol liefde en mooi wees!

    Geniet die rus, geniet die see! En Happy Birthday vir Liewe Jesus!

    Mooi loop!

  2. ingrid sê:

    Dankie CC, sien jou Maandag 😉

  3. Smurfi sê:

    Ja!.. Julle moet wyd kyk die Smurfies is oral , ons hou julle dop, al is dit van die winkelrakke af 😉 Goeie goed die Smurfies, amper so beroemd soos Elvis. (en Steve) 😉 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s