Ek wonder?

Ek lees vanoggend Flintstoned skryf nou in Engels ook en ek loop kyk daar, sy posting laat die gewone begin, ek begin dink…

Flintie voor ek verder skryf, ek veroordeel jou of niemand anders nie, jy ken my nog nie, so jy weet dit dalk nie, maar dinge begin hier bo rondhol later vinniger as ‘n hamster op Bioplus en dan vat my vingers oor en alles wat hier bo so deurmekaar gehol is beland hier.

Nou wonder ek oor die hele ding van porn.  Hoekom wil gelukkige pasgetroudes porn kyk?  Is dit ‘n man ding of is die antie nou net weereens in die verkeerde generasie?  Hoe voel jou man of vrou daaroor as jy iemand anders bo hom/haar begeer en dit nog openlik se ook?  Wie is in jou kop wanneer jy jou maat in jou arms hou of wanneer julle in die bed klim nadat jy of julle albei daarna gekyk het?  (Ek verkies om niks te se oor die popster waarvan jy droom nie, Flint, ek het my eggenoot belowe om nie daarop te reageer nie en hierdie keer gaan ek my belofte aan haar hou.)

Ek sal julle se wat my antwoord op hierdie vrae sou wees:

  1. Ek het geen begeert om na enige vorm van porn te kyk nie, maak nie saak hoe sag dit is nie.
  2. Ek is seker maar ancient met redelike eng idees as dit by so iets kom.
  3. Ek is nogal baie sensitief, dit sal vir my heiliskending van ons huwelik wees.  My selfbeeld is nie die sterkste in die wereld nie en daar is net een ding wat ek sal doen, my kop in my dop in trek en my kussing gaan nat huil, omdat ek nie goed genoeg sal voel nie.
  4. Sorry ek kan nie daai een beantwoord nie, my boeke kennis se vir my dis die ander persoon se oe wat jy sal sien, dalk die rede waarom ek voel vir my en in ons verhouding ons dit nie sal doen nie.

Mooi dag verder vir elkeen en onthou ek het nie klippe uit my glashuis uit gegooi nie, as dit vir jou en jou maat reg en goed is, doen dit, dis maar net ek wat dit nie sal doen of sal kan hanteer as my maat dit doen nie. 

Advertisements

3 comments on “Ek wonder?

  1. Ingrid, vriendin, ek verstaan nie waaroor jy aangaan nie, regtig. Die stuk is geskryf om hits te bevorder. Dis NIE my persoonlike uitkyk nie. Ek probeer nuwe dinge. Gaan lees die ding, ek kyk nie na pornografie nie, dis EEN pragraaf wat sê dis ‘n waste! Dit bring jou niks en eet net jou cap.

    Oor Steve sê dit ek het nie eers een van sy CD’s nie.

    Dis regtig jammer dat jy so voel, maar gaan jou goed. Ek het werklik nie gedink dat die blog gemeenskap so kleinlik is nie. Dit was regtig net geskryf om te kyk of dit stats gaan opstoot, en dit het. Aarde, ek weet nie wat om te sê nie, dis so vreemd ek wil amper vra of jy grap of ernstig is.

    My blog is nie n dagboek nie Ingrid. Dis soms net kreatiewe skrywe, en het niks met my persoonlike oortuigings uit te maak nie.

  2. …dis dalk beter jy het van my jou blogroll afgehaal 😉

  3. […] aan Ingrid Jong,  soos julle weet het die skrywe nogal ‘n reaksie veroorsaak. Selfs hier moes ek lees daaroor. Party van ons mede bloggers bly net weg en ek vind dit lagwekkend. Werklik ek […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s