Laaste vir 2009

Hierdie sal my laaste inskrywing wees vir 2009, behalwe as iets onverwags gebeur.

Anders as verlede jaar gaan ek nie ‘n opsomming van die jaar maak nie.  Ek het reeds vir julle dankie gese voor Kersfees, al wat ek kan sien as ek terug kyk en 31 Desember 2008 vergelyk met 31 Desember 2009 is dat ek baie bly is ons is in 2009.  Ek is dankbaar vir die lesse wat daar deur hierdie jaar geleer is, dus is ek ook dankbaar vir die seer dae wat daar was, deel van die skool van die lewe en ek wil nie net ‘n lewe van rustigheid he nie, dit sal my soveel armer maak.  Daar is een dankie wat ek moet se en dit is vir die persoon wat my gedra het toe daar tye was wanneer ek moeg geword het en ook vir die voorreg om haar arms te kon oplig toe sy begin moeg word het, die saam lag en ook die saam huil het ons nie net as twee aparte mense laat groei nie, maar lewenslesse en coping mechanisms is ook by mekaar geleer en meeste van alles het ons en ons gesin geweet daar is ‘n sagte plek om te val, jy hoef nie die hele tyd die sterk mannetjie te speel nie, as daai deur toegetrek word mag jy jou bang, seer en sagte kant wys en kan ons ook saam kyk hoeveel heling plaasgevind het.  Daarvoor en natuurlik vir die mooiste en wonderlikste dag van my lewe moet ek vir Hannie dankie se, sonder haar was ek leeg en het ek steeds na geluk gesoek tussen klatergoud, ‘n dolle gejaag na die volgende traan, nou het dit ‘n rustige pad na ‘n glimlag en hoop geword.

Mag 2010 vir jou gevul wees met borrels wat opgewondenheid en vreugde verskaf, al is dit ‘n enkele borreltjie per dag wat teen jou rug op kriewel en jou laat glimlag, hulle is aansteeklik en vermeerder vinniger as hase, so baie gou gaan daar ‘n hele sjampanje fontuin binne jou begin borrel, al wat nodig is, is dat jy glimlag wanneer jy daardie een voel op klouter.

Ons is amper oppad see toe en as ons weer gesels is daar hope fotos.

Baie dankie vir ‘n mooi jaar mag 2010 voorwaar nog mooier wees.

PS Ek moet net gou verduidelik hoekom ek Flintstoned se link van my blogroll afgehaal het.  Ek is jammer, maar hierdie is ‘n gesins blog soos julle weet, dit beteken uit die aard van die saak dat kinders ook hier mag, kan en sal lees en dat die links wat daar is geskik vir kinders moet wees.  Gister se posting wat hy gedoen het was oorspronklik op sy blogspot blog gewees, hy het dit later na wordpress geskuif en ek sou nie wou he dat my 10 jarige of enige ander kind die inhoud daarvan lees nie.

Advertisements

11 comments on “Laaste vir 2009

  1. Kruppelkriekkie sê:

    Mag 2010 julle stoutste verwagtinge oortref.

  2. ingridmarais sê:

    Dieselfde vir jou, mag ‘n glimlag deel van elke dag vir jou wees.

  3. bobbejantjie sê:

    Dit wat ek nou hier gaan sê is my opinie en soos ek verstaan is almal se opinies hier welkom. Ingrid pornografie kan nie jou huwelik op enige manier skend nie, want dit wat jy en jou vrou as normale seks beskou is beslis nie heilig nie. Die neem van iets wat deur God aan die mens geskenk is en die omskepping daarvan in iets so pervers soos seks tussen gays – DIT is heiligskending en ‘n bespotting van die huwelik soos dit bedoel is om te wees.

  4. Ingrid Marais sê:

    Soos jy se almal se opinie is hier welkom. Dis jou siening en goed so vir jou, maar dieselfde God agter wie jy wil wegkruip het ook vir jou gese die oordeel kom jou nie toe nie dit is Sy werk, het jy daai stukkie vergeet of pas dit jou gerieflikheidshalwe nie? Is die feit dat jy jouself bo Hom stel nie laster nie, eien jy jou die reg toe om te se dat Hy nie goed genoeg is om Sy werk te doen nie?
    Vir jou mag dit ‘n bespotting van die huwelik wees, ten minste hou ons dit wat vir ons die diepste intiemste deel van die huwelik is tussen ons en betrek nie vreemdelinge daarby nie. Watter bespotting van dieselfde heilige seks is dit nie as jy die voor kameras doen of jou liggaam wat jy volgens dieselfde God nie mag tentoonstel of skend nie gebruik as ‘n vorm van opwekking van wellus wat baie gereeld lei tot owerspel nie? Word owerspel nie as een van die onvergeeflike sondes deur daardie selfde God gesien nie?
    Ook maar net my eie opinie. Ek en my vrou lewe heilig en getrou en het in die teenwoordigheid van dieselfde God trou en getrouheid aan mekaar belowe en Sy seen is oor ons huwelik gevra en as Gewer van alle goeie gawes glo en ervaar ek dit elke dag en is ek Hom dankbaar daarvoor.

  5. bobbejantjie sê:

    Om ‘n opinie te lug is nie oordeel nie. Dis net te wonderlik vir my dat sodra iemand dit durf om kritiek uit te spreek oor die gay leefstyl dit as oordeel afgemaak word. So sê my dan veroordeel jy ook seker nie kindermolesteerders nie? Feit bly staan as die God waaragteer jy sê ek wegkruip jou lewenstyl goedkeur, sou Hy vir Eva en Eva geskep het en die twee dames sou in staat gewees het om kinders te verwek. Ek het per ongeluk op hierdie blog afgekom, maar glo my ek’s nie van plan om weer hierlangs te kom nie. Moet asb nie moeite doen om my te antwoord nie.

  6. parkes1 sê:

    Ingrid n Voorspoedige 2010 vir julle! en volgende jaar lees gesels ons weer! Geniet julle tydjie by die see!

  7. Jo-Ann sê:

    Geniet die trippie see toe en kom veilig terug. Voorspoedige 2010 vir julle!

  8. Bobbejantjie, kry ‘n lewe ou mater. Die blote feit dat jy terug gekom het beteken jy kan maar net weg bly nie. Sien jy ons as gay mense jou kritiseer? Kritiek, oordeel, noem dit wat jy wil, dit bly verkeerd.

    Vanaand as jy in jou bed klim, is jy alleen? Is dit nodig vir enige mens om alleen deur die lewe te gaan?

    So, voordat jy ongeskik raak op iemand se blog, en ek haal die stuk aan wat my laat dink jy is ongeskik:

    “Ek het per ongeluk op hierdie blog afgekom, maar glo my ek’s nie van plan om weer hierlangs te kom nie. Moet asb nie moeite doen om my te antwoord nie.”

    Bly eerder net weg, of moet nie comments los nie. So maklik soos dit 😀

    …verder wil ek sê:” Sien jy daardie kruisie regs bo aan die skerm? Dis daar vir ‘n rede. Kliek op hom, en die blog is weg, dan hoef jy nie honderde mense te kom ontstel deur jou antieke kritiek nie”

    Goeiste, mens kon sweer ons leef nog in die middel eeue…

  9. Ingrid Marais sê:

    Dankie Flint, ek was nie lus om op die comment te reageer nie, dis net interesting om te sien hoe mense ander in hulle eie “huise” kom aanval en dan onskuldig pleit en met woorde soos ek sal nie terug kom nie, juis nadat hulle kom kyk het of hulle reaksie gekry het. 😉

  10. Ingrid, dit wys jou net weereens, dieselfde kerk wat hom/haar die nonsens leer, het n paar jaar terug gese swart mense is onrein, en kan nie hemel toe gaan nie. Hulle moes hulle woorde sluk. Die stryd van swart mense in ons land is verby, maar ons as gay mense veg steeds dapper voort. Ons is een van sewe lande waar gay huwelike wettig is. Dit sê nogal baie omtrent ons as gay mense in Suid Afrika se vermoe om ons man te staan.

    Geen mens, gay/straight hoef in n posissie geplaas te word waar hulle hulle liefde moet regverdig nie, ignore die idioot net.

  11. Ingrid Marais sê:

    Dankie, ek dink jy verstaan in elk geval beter na die posduif daar geland het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s