Die wonder van die liefde

Whahahahahahaha ek gaan nie oor my eie liefde of my huwelik of ons geluk skryf nie.

Ek wil julle vertel van die mooiste twee mense wat ek al ooit die voorreg gehad het om te ontmoet.  Parkes1 en Mike.  Haar warmte en vriendelike glimlag verwelkom ons, dit laat die son se strale sommer so ‘n paar grade warmer skyn.

Hulle is besig om die woonstel te ontruim waar ons gelukkig genoeg is om vir ‘n hele week van alles en almal te vergeet, ons batterye te herlaai en die nuwe jaar met mening te begin.  Vlak by die huisbak uit staan ‘n man op die stoep “kyk” uit oor die swembad waar oud en jonk baljaar.  Ek stap hom tegemoet en groet en sonder huiwering word sy hand uitgesteek en ‘n verm handdruk bevestig;  “ek is Mike en ‘n volledige mens met krag in my siel”

Ek stap saam met Parkes1 die woonstel binne en die warmte wat in haar hart is, is in die kleure, die fyn aandag aan detail, dis so mooi, mooier as enige fensie hotel.  Sy is besig om haar goed by mekaar te kry en om onder haar voete uit te kom gaan staan en gesels ek met Mike.  Beste besluit wat ek kon maak.  Hierdie man vertel my ‘n verhaal van ‘n vegter, ‘n held, meer nog ‘n nederige mens, wat dankbaar is dat die personeel in die hospitaal hom met respek behandel het en hom nooit laat voel het hy is moeite of in hulle pad nie.

Ons praat en sy moed en hoop en drome laat my baie klein voel.  Ek betrap myself dat ek moet konsentreer om hom te antwoord en nie net my kop te knik nie, want vir geen oomblik is sy blindheid opvallend nie.  Nie een enkele woord uit sy mond begin eers klink na selfbejammering nie.

Hierdie man is ‘n fighter en sou jy hom vra waarom baklei hy om staande te bly is die antwoord voor die hand liggend:  “ek moet dit doen vir my gesin, vir my vrou wat daar is vir my”

Parkes1 het klaar gepak en hulle stap weg, sy’t te vinnig gepak, ek is nog besig om te leer… , maar dan sien ek dit, die leerskool is nog nie uit nie.  Die sagtheid en caring (sorry daar’s nie’ n afrikaanse woord daarvoor nie) waarmee sy hom vergesel.  Hoe sy hom sag en liefdevol lei by die hysbak, sonder om hom in die minste minderwaardig te laat voel of te laat lyk, spreek boekdele.  Hierdie klein vroutjie, klein in statuur, maar reusagtig in gees straal soveel dinge uit dat niemand hulle pad kan kruis sonder om iets saam te vat huistoe nie.  Haar klas, styl en vrede, maar nie ‘n vrede van ek berus by dit wat agter red tape toegesluit is nie, ‘n rustige vrede wat tog se ek sal baklei en ek kan as ek moet vir my man sal ek verder as die ekstra myl loop.

Ons stap die woonstel binne en elke ding praat van hierdie mense se persoonlikheid.  Parkes1 is saam met jou elke oomblik.  Haar oop hart, haar totale vertroue in vreemdelinge.  Dis nie net nog ‘n vakansie woonstel nie, dis haar huis, haar slaapkamer, haar bed, haar kombuis, haar badkamer wat sy met jou deel en sy vra nie, betaal vooruit duisende rande nie, betaal ‘n refundable deposito vir dit wat jy dalk kan verniel nie.

Hier is vir julle fotos van die woonstel ek het toe die nodige toestemming gekry om dit te plaas.

     

Advertisements

7 comments on “Die wonder van die liefde

  1. Smurfi sê:

    Ingrid dankie dat jy die wonderlike mense wat jy ontmoet het ook hier met ons kom deel, dit maak sommer mens se hart warm om te lees dat daar nog sulke opregte mense mense is.

    Parkes1, soos Ingrid julle hier beskryf kon niemand dit sekerlik beter gedoen het nie, ek kon selfs die prentjies in my kom vorm van die twee wonderlike warm omgee mense wat julle is. Selfs de kleure in jou woonstel spreek van aardsheid, liefde en warmte.

  2. Ingrid Marais sê:

    Net soos jy se Smurfi, haai ek’t die i onthou, gister so effe vergeet. 😉

  3. parkes1 sê:

    Ingrid baie dankie soos jy van Mike praat hierbo is verseker die waarheid
    En ek is bly ek kon jul die geleentheid gee om die woonstel te huur. In my hart het ek net gevoel dis die regte ding om te doen.

  4. Phibbie sê:

    Ek stem helemal saam oor die twee mense. Ek haal my hoed af in stille ongeloof vir sulke mense

  5. parkes1 sê:

    Ingrid ek het dit vir Mike gisteraand gelees en hy vra ek moet Baie Dankie se aan jou vir die mooi woorde.

  6. Ingrid Marais sê:

    Nie nodig vir dankie nie, dit kom uit my hart en ek dink jy ken ‘n redelike deel van my hart.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s