Die naweek, IT frustrasie!!!!!!!!!!

Kyk ek is al lus om hierdie stuk masjien te gooi dat jy net stukkies sien trek.  Probleem is die fout le nie hier nie! 👿  Vanoggend is al ons server lyne af.  IT vertel ons hulle weet daarvan en ons moet net rustig wees en daar gaan dit! 😈

Ek wil julle vertel van die naweek, maar hoe doen ‘n mens dit ordentlik sonder prentjies?  Ek kan steeds net woorde hier hom plaas, probeer ‘n pic en die hele ding is in sy dinges in, weg!

Ek sien Girl soek voorstelle vir ander werk.  Ek het ‘n plan.  Een van julle slim ouens kom vertel my mooi hoe om geld uit blogging te maak, ek koop ‘n goeie laptop, sit en blog en versorg ons kinders, want sien die skootslet kan mos saamry sport en al daai plekke toe.  Ek wil nie ryk word nie, dieselfde geld as my huidige salaris of dalk so R2 000 meer sal gaaf wees en sal kan werk 😉  Kom julle marketing en IT boffins ek’s oop vir voorstelle. 😆

OK kom ons try sonder pic en net met woorde te vertel.  Saterdag was soos altyd groot skoonmaak dag.  Vincent, “een van die seuns van die gesin,” het kom hand bysit en die kinders se kamer is van voor tot agter skoon gemaak, geskuif en reggepak.  Lyk glads dubbeld groter as wat dit was 😉  Die res van die plek het ook ‘n beurt gekry en my ouma sou trots gewees het op springcleaining in die somer.  Hannie organize ‘n tafeltjie in ons kamer vir kerse en rose en sommer mooi goeters, sy weet ek het dit gemis, so sommer gou word die plek gevul met wierrook en ander olie goeters wat gebrand word.  Sy sorg tot vir twee vars rose!  Die middag gaan die kinders swem, ons moet gou iets in Rosebank gaan haal en hoe kan ons nou die kans laat verby gaan om ‘n draai in die zone en die mall te maak.  Die craftersmarket is soos altyd spesiaal, die mense is vriendelik en ons belowe ‘n man van sentraal Afrika dat ons sal terug wees, die keer met geld!  Na vinnige middagete is ons huistoe om te sorg dat die klein magies darem pasta vir aandete sal kry, volledig met twee slaaie.

Sondag besluit ons moet almal saam uit die huis uit.  Ek gaan vra toestemming en die seuns gaan saam.  Ons gaan piekniek hou!  Alles en nog wat van toebroodjies tot ‘n krieketstel en sokkerbal word saam gesleep en ons is weg Emmerentia toe.  Daar speel ons later amper meer met ander mense se honde as enige iets anders.  Die kinders gaan verken die plek, klim boom speel en speel en speel.  Ons stap en rus onder die gazebo en die piekniek kos verdwyn soos mis voor die son.  Ek moet julle vertel ons ‘n by die see geleer om die gazebo nie tot sy volle hoogte op te stel nie, gebruik net tot by pyp nr. 5.  Dis vinniger om op te stel en af te breek en as die wind skielik begin waai bied dit minder weerstand en het dus ‘n kleiner kans om weg te waai,  ook minder son wat in kom, hang nou sommer jou handdoeke om die kante en jy’t ‘n vinnige “tent”.

Dan kom die aankondiging van die kinders, ons is nou klaar gespeel ons wil gaan swem.  Ons ry huistoe en die kar word afgepak, almal trek swemklere aan en ons is weg swembad toe.  Heksie, jy en Willa2 sou trots om my gewees het, ek het sowaar in die koue water geswem, voorbereiding vir die koue Kaapse water, sou ons dalkies daar uitkom 😛  Ons is net betyds by die huis voordat dit begin reen.  Almal is doodmoeg en gaan slaap vroeg.  ‘n Wenresep as jy woelige kinders het om besig te hou.

Ek sal later weer probeer om vir julle die fodies by te sit.  Lekker dag en week vir elkeen.

Ingrid

Advertisements

6 comments on “Die naweek, IT frustrasie!!!!!!!!!!

  1. Liewe Heksie sê:

    Klink heerlik Ingrid! Kan nie wag om die foto’s te sien nie. Klink my so al asof julle dalk ‘n ou hondjie of twee vir die kinders moet kry?

  2. Ingrid Marais sê:

    Heksie jong, hulle het vir Scooby, ‘n pragtige geduldige boerboel dame, maar jy weet mos hoe is kinders kry hulle die kans om by jou huis te kom eet hulle Marmite boord asof hulle dit nog nooit gesien het nie, maak nie saak of hulle by hulle eie huis se dis sleg nie 😆 Die grootste aantrekkingskrag was die Bassets. Amber het een gehad, pragtige dier, hope geld gekos en sy is vergiftig. Dis nog my droom om weer eendag een van die langoor vriende te kry 😉

  3. Liewe Heksie sê:

    Ek stem. Hulle is te pragtig vir woorde. Lyk mos permanent of hulle vreeslik hartseer is oor iets. Daai oë is so gevoelvol. Beautiful!

  4. Willa2 sê:

    Klink of julle jul gate uit geniet het.
    Ingrid ek is baie trots op jou. Jy moet nou net aanhou oefen. Die geheim van koue water is jy moet swem en nie stil staan nie, want dan vries jy. 😆

  5. Ek voel jou IT-pyn. `n Mens sal dink `n mediamaatskappy sal sorg dat `n WEBREDAKTEUR nie met rekenaarprobleme sit nie maar ek het al ure gesit met IT op die foon. Elke nou en dan is daar iets. Maar nou ja…

  6. Ingrid Marais sê:

    corli, kan ons hoop dat dinge nou beter is, lyk of ek darem vanoggend kan in waar ek moet, hoop net dit bly so 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s