Cara

Vandag wou ek nie skryf nie, ek’s nie regtig in die mood daarvoor nie, maar nou ja, blogging raak ‘n gewoonte, amper ‘n verslawing en ek dink aan die cd wat my vanoggend werk toe gebring het.

Ja, dit was nie vanogged die motor wat my tot hier gebring het nie, dit was die musiek.  Daai smeulende Italiaanse klanke van Patrizio.  Dit het my laat wonder.  Ons is so vinnig om te se ons is Afrikane, maar hoeveel van die Europese gene is daar nog oor.  Is dit dae soos vandag wanneer Europa meer as Afrika in my bloed is?

Julle weet ek is gek oor hierdie land, ek geniet sy klanke, reuke en kleure, maar is dit nie reeds hoekom nie, omdat hierdie ‘n smeltkroes van die wereld is en net die mooiste metaal aan die ander kant uitgekom het.  Sou ons nog so mooi geklink en gelyk het as hier nooit Europese ondertone was nie?

Ons sal nooit weet hoe dit sou gewees het as daar ‘n land was wat net suiwer Afrika was nie, want oral het die vingers van Europa geraak.

Dit is veral Patrizio se Cara (Ge en Steve se Liefling) wat my laat dink het.  100% eerlik, ek het nog nooit ‘n beter verwerking van hierdie lied gehoor nie.  Dit is asof die lied huistoe gegaan het, full circle gekom het.  Onthou dat hierdie lied oorspronklik uit Europa kom, Ge het hom daar gaan haal en Hein Toerien het Afrikaanse lirieke geskryf vir die oorspronklike Peter Maffay en Michael Kunze lied.  Onse Ge het dit die lieflingslied van liefdesliedere gemaak, Steve het sy eie stempel daarop gaan sit en dit ‘n sportslied gemaak en toe kom hierdie Italianer/Oostenryker en maak dit, ja saam met Steve, ‘n ligte klasieke Afro-italiaanse lied in ‘n klas waar dit nog altyd moes wees – fenomenaal!

So vandag is ek bly oor die druppel Europese bloed in my Afrikaner are en wil ek net een ding se:

Tu sei l’amore – Grazie

Advertisements
This entry was posted in Steve.

2 comments on “Cara

  1. Smurfi sê:

    Ingrid, Jy praat mos nou waar, dit is omtrent ‘n mooi verwerking van Liefling met Steve en Patrizio so saam, saam, en ek het ook al die video van hulle gesien op Tv. “Cara” gaan sekerlik ook op Steve se nuutste CD verskyn!

    Ja ek sal jou eending sê die italiaanse musiek lê my baie na aan die hart, want by my loop die Italiaanse bloed nog dik deur my are, my ma en pa is in Italië getroud en sy het saam hom teruggekom na SA. sommer nog rou Italianer, wat nie ‘n woord Afrikaans kon praat of verstaan nie, ek het nog baie familielede daar oorkant die waters in Italië, niggies nefies ooms en tantes, so my wortels lê diep daar oorkant. Italiaanse musiek is vir my baie mooi.

    Aan my Pa se kant is dit natuurlik oorspronklik van Nederland se afkoms, hy is hier in SA. gebore en groot geword as Suid Afrikaner in murg en bloed. So ek is goed vermeng tussen die Hollander, Afrikaner en Italianer bloed 😆

  2. Ingrid Marais sê:

    Mooi so vir jou Smurfi, sien dis waar die veggees vandaan kom! Jy’s gelukkig om so ‘n goeie vermenging te he. Kan jy ook Italiaans praat?
    Dit het in ‘n stadium so al geword asof ons begin voel het ons moet skaam wees of ons hoort nie in Afrika nie omdat ons Europese wortels het, so asof ons ons self gedwing het om te vergeet van al die mooi wat daar van ver af gekom het. Min goed kan tog mooier wees as Wenen op ‘n koue wintersaand onder ‘n wit kombers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s