Verrassings…

So sit ek gister en werk en reel dat kinders droog by die huis kom, want dit begin mos altyd vyf minute voor die skool uit kom te reen en dan is dit effe moeilik om so vinnig daar te kom en natuurlik is die vraag altyd daar, reen dit noodwendig by die skool ook?  My kantoor deur staan oop, daar is altyd baie verkeer in die gang en mense verdwaal gereeld as hulle by die hysbak uitkom draai hulle links in plaas van regs en eindig hier op.  So ek worry nie te veel oor die vrou wat so voor die deur rond draai nie, seker soek sy iemand.

Sy wag baie mooi beleefd totdat ek klaar twee oproepe gemaak het en vra dan effe saggies:  “Are you Ingrid Marais?”  Totale confusion wat net nog erger word, reception weet hulle stuur nie mense na my toe sonder om my eers te laat weet nie; “Yes”  “Then this is for you”  Sy sit ‘n bos blomme op my lesssenaar tussen al die chaos neer, seker gesien ek sal nie opstaan en dit vat nie, te confused.  “Who is it from?”  “There’s a card.”  Ek maak die kaartjie oop en die vrou loop, ewe flou se ek:  “Thank you” en sy’s weg.  Ek is steeds verbaas.  Dan kry ek die klein wit koevertjie in die tuin van blomme, die eerste kaartjie was die bloemiste se pink kaartjie met hulle besonderhede en my naam en adres, sien, so ek moes nog soek.  Die oulikste teddy is op die prentjie en die mooiste woorde binne-in, ek kan dit nie glo nie onverwagse blomme en ‘n ladybug, sommer by die werk sommer sonder rede, ek verjaar nie en ou vaaltyn is nog baie ver weg.  Praat van bederf!

Daar was jare gelede ‘n song:  My hart is soos ‘n blomme tuin, ‘n blomme tuin vol rose…  Vandag se ek my kantoor is soos ‘n blomme tuin nie net vol rose en blomme nie, maar vol liefde.  Terwyl ek hier tik, dwarrel kollega en vriendin Marriette hier in, “Kyk jou mooi blomme” 😆  dit sprei glimlagte selfs na ander en dit gee my nog meer rede om te glimlag.

Mag jy vandag liefde en blomme in jou lewe ervaar, selfs al loer jy net by iemand in en sien ‘n glimlag van:  ek’s bly om jou te sien.

ps: Ingrid vra so mooi in die vorige inskrywing:  Nou ja I’m here to please.  :mrgreen:

Hier volg ‘n video van Patrizio waar hy so bietjie gesels oor “Liefling” en soos Patrizio self sê hy werk met die beste!  En uhmmm wie dink julle reken hy is die beste.   Natuurlik!!  Hie haaaa!!!!  😆

Dan sien ek die eienaar van hierdie blog en haar Hannie is ook mal oor Eden. :mrgreen:  (goeie smaak)  Nou kyk hier stem ek meer as 200% saam.  Ek is mal oor hierdie jong manne.  Ek het nou ongelukkig nie julle song nie Ingrid,  ek kan dit nie opspoor nie,  maar ek gaan myne opsit!!  Beste band in Suid Afrika!!  Persoonlik is ek nou weer mal oor Paollo!!!  😉  Enjoy!   Hier gaan ons nou!!!  Spring op die tafels ….. are you ready to party??  😆


Groete

Wip

Net vir jou Wippie, guess wie’s my favorite?

   

en dan sommer so vir almal wat so bietjie wil drool, oppas net die keyboard like nie so baie van nattigheid nie 😆