Verrassings…

So sit ek gister en werk en reel dat kinders droog by die huis kom, want dit begin mos altyd vyf minute voor die skool uit kom te reen en dan is dit effe moeilik om so vinnig daar te kom en natuurlik is die vraag altyd daar, reen dit noodwendig by die skool ook?  My kantoor deur staan oop, daar is altyd baie verkeer in die gang en mense verdwaal gereeld as hulle by die hysbak uitkom draai hulle links in plaas van regs en eindig hier op.  So ek worry nie te veel oor die vrou wat so voor die deur rond draai nie, seker soek sy iemand.

Sy wag baie mooi beleefd totdat ek klaar twee oproepe gemaak het en vra dan effe saggies:  “Are you Ingrid Marais?”  Totale confusion wat net nog erger word, reception weet hulle stuur nie mense na my toe sonder om my eers te laat weet nie; “Yes”  “Then this is for you”  Sy sit ‘n bos blomme op my lesssenaar tussen al die chaos neer, seker gesien ek sal nie opstaan en dit vat nie, te confused.  “Who is it from?”  “There’s a card.”  Ek maak die kaartjie oop en die vrou loop, ewe flou se ek:  “Thank you” en sy’s weg.  Ek is steeds verbaas.  Dan kry ek die klein wit koevertjie in die tuin van blomme, die eerste kaartjie was die bloemiste se pink kaartjie met hulle besonderhede en my naam en adres, sien, so ek moes nog soek.  Die oulikste teddy is op die prentjie en die mooiste woorde binne-in, ek kan dit nie glo nie onverwagse blomme en ‘n ladybug, sommer by die werk sommer sonder rede, ek verjaar nie en ou vaaltyn is nog baie ver weg.  Praat van bederf!

Daar was jare gelede ‘n song:  My hart is soos ‘n blomme tuin, ‘n blomme tuin vol rose…  Vandag se ek my kantoor is soos ‘n blomme tuin nie net vol rose en blomme nie, maar vol liefde.  Terwyl ek hier tik, dwarrel kollega en vriendin Marriette hier in, “Kyk jou mooi blomme” 😆  dit sprei glimlagte selfs na ander en dit gee my nog meer rede om te glimlag.

Mag jy vandag liefde en blomme in jou lewe ervaar, selfs al loer jy net by iemand in en sien ‘n glimlag van:  ek’s bly om jou te sien.

ps: Ingrid vra so mooi in die vorige inskrywing:  Nou ja I’m here to please.  :mrgreen:

Hier volg ‘n video van Patrizio waar hy so bietjie gesels oor “Liefling” en soos Patrizio self sê hy werk met die beste!  En uhmmm wie dink julle reken hy is die beste.   Natuurlik!!  Hie haaaa!!!!  😆

Dan sien ek die eienaar van hierdie blog en haar Hannie is ook mal oor Eden. :mrgreen:  (goeie smaak)  Nou kyk hier stem ek meer as 200% saam.  Ek is mal oor hierdie jong manne.  Ek het nou ongelukkig nie julle song nie Ingrid,  ek kan dit nie opspoor nie,  maar ek gaan myne opsit!!  Beste band in Suid Afrika!!  Persoonlik is ek nou weer mal oor Paollo!!!  😉  Enjoy!   Hier gaan ons nou!!!  Spring op die tafels ….. are you ready to party??  😆


Groete

Wip

Net vir jou Wippie, guess wie’s my favorite?

   

en dan sommer so vir almal wat so bietjie wil drool, oppas net die keyboard like nie so baie van nattigheid nie 😆

Advertisements
This entry was posted in Huwelik.

11 comments on “Verrassings…

  1. Wip sê:

    Geniet jou blomme Ingrid is darem lekker om so bederf te word nê? 😆

  2. Ingrid Marais sê:

    whoop, whoop whoo, net so lekker om deur jou verrras te word. Dankie vir gister. 😉

  3. Wip sê:

    My werkers wil hulle doodlag toe ek jou foto’s van Paollo groter maak en’n lang sug gee en dit gaan toe iets soos die volgende:
    ” suuggggg Genadetjie tog, kyk daai bene, dis mos wreed om so geterg te word.” Mans is darem ‘n mooi spesie – nee regtig ‘n interessante verskynsel. 😯 😳 :mrgreen: 🙄 whahahahhaaaa

    En wie is jou gunsteling Ingrid? 😉

  4. Ingrid Marais sê:

    Ek’s deel van jou fan club 😆

  5. Wip sê:

    Ja??? Nee dis nie vir my ‘n verrassing nie, I mean really hoor, ons is mos nie blind nie. 🙄

    Ek het sommer net gespeel en geterg, hulle is al 3 vir my cutie pie’s. Vriendelik met die mooiste smiles, Johan het sulke nice dimpels :mrgreen: en Jay lyk vir my altyd so stout.

    Lekker dag verder Ingrid en ….. Smurfie ek verlang erg na jou 😉
    Groete

  6. Smurfi sê:

    Wipneus mooi man jy is sommer op jou stukke hier met al onse LIEFLINGE!!! Eden is mos ‘n op en wakker klompie jongmanne wie kan nie van hulle hou nie? die mannetjies laat ‘n verhoog lewe kry! 😉

    Dit was nou die lekkerste verrassing om Wippie hier raak te lees vir ‘n verandering, kom vertel bietjie vir ons wat gebeur alles deesdae in jou lewe, werk jy baie hard?

  7. Ingrid Marais sê:

    Stem saam Wip, kom doen vir ons ‘n mooi guest post :mrgreen:

  8. Wip sê:

    Hi Smurf dit gaan goed met my en ek weet dit gaan goed met jou want ek lees soms hier en daar jou naam as ek per ongeluk na die blogs toe verdwaal. 😉 Werk jy nog lekker in die tuin en is daai laaste projek van jou klaar? Jy moet bietjie foto’s stuur girl.

    Gelukkig het ons nog werk ja 😆

    Wat doen ek? Wel ek is nogsteeds baie stout en jaag aan en is baie werk vir al my geliefdes.
    Ek kyk nogsteeds sterre en die lekkerste plekke in my lewe is nogsteeds agter my teleskoop en in my teddiebeer se arms. Die lewe is ‘n lied en ek slaan die kitaar ♪♫ Al verskil is deesdae is ek kieskeurig met die kies van orkeslede in my lewens lied. Ek hire en fire gereeld as hulle uit tune is. :mrgreen:

    Ingrid naaahh!! ek het gelukkig die blogging verslawing afgeskud 😉 😆

    Lekker dag

  9. Ingrid Marais sê:

    Reg so Wip, solank jy weet jy’s altyd welkom. Sal jou nie in die versoeking stel nie. Dit voel al hoe meer of ek ook besig is om te dink, genoeg is genoeg, dreig elke nou en dan en kom dan terug, sal maar sien as dit eendag gebeur dan is dit maar so. So is die ou lewe mos alles kom en gaan, ‘n tyd vir begin en ‘n tyd vir ophou.

  10. Smurfi sê:

    Ek het nou net besluit ek gaan nou Patrizio se CD. koop, die man mag maar sing, italiaanse song doen dit maar net vir ons vroumense nê. Nog ‘n bonus as Steve saam met hom sing, hoe sê Patritzio, “the Kink” (king) of SA. music!! 😉

  11. Ingrid Marais sê:

    Smurfi, maak net seker jy koop die spesiale SA weergawe, ek’s nie seker nie, maar ek dink nie Cara is op die Europese een nie. Daar is so ‘n blou sticker onder oor die cd geplak. Geniet 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s